Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Belê Nouin Die Bank Van Die Hemel

    Het die tyd nie aangebreek om ons besittings te begin verminder nie? Mag God u help, terwyl u nog kan om ‘n belegging in die hemelse bank te maak. Ons vra nie om ‘n lening nie, maar ‘n vrywillige offergawe - ‘n terugbesorging aan die Meester van Sy eie besittings wat Hy aan u geleen het. Indien u God bo alles, en u naaste soos uself, lief het, glo ons dat u tasbare bewys daarvan sal lewer deur u offergawes vir ons sendingwerk. Daar is siele wat gered moet word, en mag u medewerkers van Jesus Christus wees tot redding van diegene vir wie Christus Sy lewe gegee het. Die Here sal u seën in die goeie vrugte wat u tot Sy eer kan voortbring. Mag dieselfde Heilige Gees wat die skrywe van die Bybel geïnspireer het, van u harte besit neem, en u leer om Sy woord lief te hê, want dit is gees en lewe. Mag dit u oë open om die dinge van die Gees van God te ontdek. Die rede waarom daar vandag soveel verpotte godsdiens is, is omdat mense nie praktiese selfverloëning en selfopoffering in hulle lewens openbaar nie. -R&H.,8Jan. 1889.GF 63.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents