Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Doopgelofte

    Elkeen wat hom by die Kerk aansluit, lê deur middel van daardie daad ‘n plegtige eed af om in belang van die Kerk op te tree en om dit by hom bo enige wêreldse aangeleentheid te laat oorweeg. Dit is sy plig om ‘n lewende verbintenis met God in stand te hou, om hart en siel by die groot verlossingsplan te betrek en om deur sy eie lewe en karakter die uitnemendheid van Gods gebooie te openbaar, in teenstelling met die gewoontes en voorskrifte van die wêreld. Elke siel wat Christus bely het, het hom daartoe verbind om alles te wees wat hy as geestelike werker kan wees, om aktief, ywerig en doeltreffend in sy Meester se diens te arbei. Christus verwag dat elke mens sy plig sal nakom. Laat dit orals in die geledere van Sy navolgers die wagwoord wees.GF 57.1

    As blyke van hulle getrouheid aan God behoort almal verstandige gebruik te maak van die kapitaal wat deur Hom aan hulle toevertrou is, nie net wat middele betref nie, maar met enige begaafdheid wat Sy koninkryk kan bevorder, Satan sal elke moontlike middel aanwend om te verhoed dat die waarheid diegene bereik wat in dwaling begrawe is; maar die stem wat waarsku en pleit moet tot hulle deurdring. Alhoewel daar ‘n paar met hierdie werk besig is, behoort daar duisende te wees wat net so veel soos hulle sal belangstel.-5í 460-462.GF 57.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents