Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “n Toets Van Getrouheid

    “VEREER die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.”GF 65.4

    Hierdie teksverse leer ons dat God, as Gewer van alle dinge wat ons ontvang, ‘n reg op elkeen daarvan het; dat Sy aansprake ons eerste oorweging behoort te wees; ook dat ‘n spesiale seën uitgestort sal word op diegene wat hierdie eis nakom.GF 65.5

    Hier word ‘n beginsel uiteengesit wat uit al Gods handelinge met die mens blyk. Die Here het ons oerouers in die tuin van Eden geplaas. Hy het hulle omring van alles wat tot hul geluk kon bydra, en hulle beveel om Hom as die Eienaar van alle dinge te erken. In die tuin het Hy allerhande bome laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; maar Hy het een uitsondering gemaak. Van alles kon Adam en Eva vrylik eet, maar van daardie een boom het God gesê:“Daarvan mag jy nie eet nie.” Hier was die toets van hulle dankbaarheid en lojaliteit teenoor God.GF 65.6

    So het God aan ons die hemel se kosbaarste skat gegee toe Hy Jesus aan ons geskenk het. Saam met Hom is alle dinge aan ons gegee om ryklik te geniet. Die opbrengste van die aarde, die oorvloedige oeste, die skatte van goud en silwer is Sy gawes. Huise en grond, kos en klere het Hy in die besit van die mens geplaas. Hy vra ons om Hom as die Gewer van alle dinge te erken; daarom sê Hy: Van al julle besittings het ek ‘n tiende vir Myself uitgehou, behalwe skenkings en offergawes, wat na My skathuis gebring moet word. God het hierdie voorsiening gemaak vir die vooruitgang van die evangeliewerk.GF 65.7

    Dit is die Here Jesus Christus Self wat Sy lewe vir die lewe van die wêreld gegee het, wat hierdie plan van stelselmatige offergawes ingestel het. Hy wat die koninklike hof verlaat het, wat Sy eer as Bevelvoerder van die hemelse leërskare tersyde gestel het, wat Sy godheid met menslikheid beklee het om die gevalle ras te verhef; Hy wat om ons ontwil arm geword het dat ons deur Sy armoede ryk kan word, het tot die mens gespreek, en in Sy wysheid hulle Sy eie plan meegedeel vir die onderhoud van diegene wat Sy boodskap na die wêreld moet neem.-R. & H., 4 Feb. 1902.GF 66.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents