Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Steun Buitelandse Sendingwerk

    Die meegevoel van Gods volk behoort in elke gemeente dwarsdeur ons land gewek te word, en daar moet onbaatsugtige optrede wees om in die behoeftes van die verskeie sendingvelde te voorsien. Mense moet van hulle belangstelling in die saak van God getuig deur van hulle middele by te dra. As so ‘n belangstelling geopenbaar sou word, sou daar ‘n band van Christelike broederskap wees en steeds sterker word onder al die lede van Christus se huisgesin.GF 54.1

    Hierdie taak om al die tiendes getrou in te bring sodat daar spys in die huis van God kan wees, sou werkers vir velde tuis sowel as in die buiteland voorsien. Hoewel boeke en ander publikasies oor die teenswoordige waarheid hulle kleinode van kennis na alle dele van die wêreld versprei, moet daar nogtans sendingstasies op verskillende plekke aangebring word, Die lewende prediker moet die woorde van lewe en die saligheid verkondig. Daar is velde wat ooplê en werkers nooi om binne te kom. Die oes is ryp en die ernstige Macedoniese geroep om arbeiders klink uit alle dele van die wêreld op,R. &H., 19 Feb. 1889.GF 54.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents