Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Gods Aanspraak op Ons

    God maak aanspraak op ons en alles wat ons het. Sy aanspraak geniet die voorrang bo alles. In erkenning van hierdie aanspraak beveel Hy ons om ‘n bepaalde gedeelte van alles wat Hy ons gee, aan Hom terug te besorg. Die tiende is hierdie vasgestelde deel. In opdrag van God is dit sedert die vroegste tyd geheilig....GF 69.4

    Toe God Israel uit Egipte verlos het om Sy besondere eiendomsvolk te wees, het Hy hulle geleer om ‘n tiende van hul besittings vir die tabemakeIdiens af te staan. Dit was ‘n spesiale offergawe, vir ‘n spesiale werk. Die res van hul eiendom het ook aan God behoort en is tot Sy verheerliking gebruik. Die tiende is egter opsy gesit vir die onderhoud van diegene wat in die heiligdom diens gedoen het. Dit is gegee uit die eerstelinge van al hulle winste, en saam met geskenke en offergawes het dit mildelik voorsiening gemaak vir die onderhoud van die evangeliedienaars van daardie tyd.GF 70.1

    God verwag niks minder van ons as van Sy destydse volk nie. Sy gawes aan ons is nie minder nie, maar meer, as wat Israel van ouds ontvang het. Sy diens het middele nodig, en dit sal altyd so wees. Die groot sendingwerk vir die redding van siele moet vooruitgaan. In die tiende, saam met geskenke en offergawes, het God vir dié werk oorvloedig voorsiening gemaak. Sy plan is dat die evangeliewerk ten volle onderhou sal word. Hy eis die tiende as Sy eie, en dit moet altyd as ‘n heilige reserwe beskou word en in die skatkis gestort word tot voordeel van Sy saak, die vooruitgang van die werk, om sendelinge na verre streke tot aan die uiterste van die aarde, testuur.GF 70.2

    God het Sy hand op alle dinge gelê, op die mens sowel as sy besittings, want alles behoort aan Hom. Hy sê: Ek is die Eienaar van die wêreld; die heelal is Myne, en ek vereis dit van jou om aan My die eerstelinge te heilig van alles wat Ek, deur My seëninge, in jou hand gegee het. Gods Woord verklaar:“Die offer uitjou volle opbrengs... mag jy nié terughou nie.” “Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste.” Hierdie huldeblyk vereis Hy as bewys van ons lojaliteit teenoor Hom.GF 70.3

    Ons behoort aan God; ons is Sy seuns en dogters; Syne deur skepping en ook deur die gawe van Sy eniggebore Seun vir ons saligheid.” ... weet julle nie dat... julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” Die verstand, die hart, die wil, die liefde behoort aan God; die geld wat ons hanteer, is die Here s’n. Elke goeie ding wat ons ontvang en geniet, is die gevolg van Goddelike milddadigheid. God is die oorvloedige gewer van alles wat goed is, en Hy verlang dat die ontvanger erkentlik sal wees vir die gawes wat in elke behoefte van liggaam en gees voorsien is. God vereis net Sy eie. Die primêre deel behoort aan die Here, en moet as Sy toevertroude kleinood gebruik word. Die hart wat van selfsug ontledig is, sal wakker en bewus wees van Gods goedheid en liefde en daartoe beweeg word om heelhartig sy Goddelike vereistes na te kom. -R. & H” 8 Des. 1896.GF 70.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents