Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Paulus Het die Stelsel Erken

    In sy eerste brief aan die kerk te Korinthe het Paulus die gelowiges onderrig oor die algemene beginsels wat die onderhoud van Gods werk op aarde ten grondslag lê. Hy skryf oor sy apostoliese arbeid onder hulle en vra: “Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant ‘n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas ‘n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie? Sê ek dit miskien menslikerwys, of sê die wet dit nie ook nie? Want in die wet van Moses is geskrywe: ‘n Os wat graan dors, mag jy nie muilband nie. Is dit miskien oor die osse dat God bekommer? Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil? Ja, want om ons ontwil is dit geskrywe, omdat hy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om wat hy hoop, deelagtig te word.GF 68.7

    “As ons vir julle die geestelike gesaai het,“vra die apostel verder,” is dit ‘n groot saak as ons julle stoflike goed maai? As ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie? Ons het ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra alles om geen hindemis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie. Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie? So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.” 1 Kor. 9:7-14.GF 69.1

    Die apostel het hier verwys na die Here se plan vir die onderhoud van die priesters wat in die tempel diens gedoen het. Diegene wat vir hierdie heilige werk afgesonder is, is onderhou deur hul broeders aan wie hulle geestelike seëninge besorg het.” Nou het hulle wat uit dje seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel ‘n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem.” Heb. 7:5. Die stam van Levi is deur God gekies om die heilige pligte van die tempel en die priesterskap te vervul. Oor die priester is daar gesé:“Want die Here jou God het hom uit al jou stamme uitverkies. ...om te dien in die Naam van die Here.” Deut. 18:5. God het een tiende van alle vermeerdering as Sy eie geëis...GF 69.2

    Dit was na hierdie plan vir die onderhoud van die evangeliedienaars wat Paulus verwys het toe hy gesê het: “So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.” Later, toe hy aan Timotheus geskryf het, het hy gesê: “Die arbeider is sy loon werd.” 1 Tim. 5:18. -AA 335,336.GF 69.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents