Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Blymoedige Vrygewigheidin Hierdie Sluitingstryd

    In die nood van die heel laaste dae, wanneer hierdie werk afsluit, sal duisende blymoedig op die altaar geplaas word. Manne en vroue sal dit as ‘n geseënde voorreg beskou om ‘n deel te hê aan die taak om siele voor te berei om in die groot dag van God staande te bly, en hulle sal honderde rand skenk so bereidwillig as wat hulle tans enkele rande gee.GF 55.2

    Indien die liefde van God in die harte van Sy belydende volk sou brand, sou ons sien hoe dieselfde gees vandag geopenbaar word. As hulle maar net besef het hoe naby die einde is van alle werk om siele te red, sou hulle met dieselfde offervaardigheid as die lidmate van die vroeë kerk hulle besittings beskikbaar stel. Hulle sou met dieselfde ywer werk om die saak van God te bevorder as wat wêreldse mense in die verkryging van rykdom aan die dag lê.Takt en vaardigheid sou beoefen word, en daar sou ernstig en onbaatsugtig gewerk word om middele te bekom, nie om op te gaar nie, maar om in die skatkis van die Here te stort.GF 55.3

    Wat maak dit saak of sommige arm word omdat hulle hul middele in die werk van die Here belê het? Om u ontwil het Christus arm geword; maar u is besig om vir uself ewige rykdom te verwerf, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is. U middele is dáár baie veiliger as wanneer dit by ‘n bank gedeponeer word of in huise of grond belê is. Dit is weggebêre in sakke wat nie sal oud word nie. Geen dief kan dit bykom nie; geen vuur kan dit verteer nie....GF 55.4

    Wanneer ons die opdrag van die Heiland uitvoer, sal ons voorbeeld harder as ons woorde spreek. Die mees verhewe openbaring van die krag van die waarheid word gesien wanneer diegene wat dit bely, hulle geloof in werke openbaar. Diegene wat hierdie plegtige waarheid glo, moet so ‘n gees van selfopoffering hê dat dit die wêreldse ambisie van geldaanbidders sal beskaam.Historical Sketches ofthe Foreign Missions of the Seventh-day Adventists, bl. 291-293.GF 56.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents