Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Gereelo En Stelselmatig

    Die opdragte wat die Heilige Gees deur die apostel Paulus in verband . met gawes gegee het, stel ‘n beginsel voor wat ook op tiendebetaling betrekking het: “Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is.” Ouers en kinders word hier ingesluit. Nie net die rykes nie, maar ook die armes, word aangespreek. “Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voomeem, [deur Gods voorgeskrewe plan eerlik te oorweeg] nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.” Die gawes moet gegee word ter wille van die groot goedheid van God jeens ons.GF 74.1

    Watter tyd sou geskikter wees vir die opsysit van tiendes en die aanbieding van offergawes aan God? Op die Sabbat het ons aan Sy goedheid gedink. Ons het Sy handewerk in die skepping aanskou as ‘n bewys van Sy krag tot saligheid. Ons harte is gevul met dankbaarheid vir Sy groot liefde. En nou, voor die werksaamhede van die week begin, gee ons aan Hom Sy eie asook ‘n offergawe om ons dank te betuig. Hierdie gewoonte sal ‘n weeklikse preek wees, wat verklaar dat God die besitter van al ons eiendom is en dat Hy ons rentmeesters gemaak het om dit tot Sy heerlikheid te gebruik. Elke erkenning van ons verpligting teenoor God sal ons gevoel van verpligting versterk. Dankbaarheid vermeerder namate ons daaraan uitdrukking gee, en die vreugde wat dit meebring, bevorder lewe vir siel en liggaam. -R. & H., 4 Feb. 1902.GF 74.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents