Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “n Oproep Tot Groter Erns

    Die wêreld en die kerke oortree die wet van God, en hierdie waarskuwing moet aan hulle gerig word: “As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toom.” Moet ons, met so ‘n vloek wat die verbrekers van Gods heilige Sabbat bedreig, nie groter erns en ywer aan die dag lê nie? Hoekom is ons so onverskillig, so selfsugtig, so verdiep in tydelike sake? Is ons belange geskei van die van Jesus? Het die waarheid te reguit, te ongemaklik, vir ons siele geword; en het ons, net soos die gekrenkte dissipels van Jesus, weggedraai na die goedkoop dinge van die wêreld? Ons spandeer geld vir selfsugtige doeleindes, en bevredig ons eie begeertes, terwyl siele sonder ‘n kennis van Jesus of die waarheid sterf. Hoe lank sal dit nog voortgaan?GF 62.2

    Almal behoort ‘n lewende geloof te hê - ‘n geloof wat deur liefde werk en die siel reinig. Manne en vroue is bereid om enigiets te doen wat die eie ek tevrede stel, maar hoe min is hulle gewillig om te doen vir Jesus en hul medemens, wat weens gebrek aan die waarheid verlore gaan!GF 62.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents