Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “n Merkbare Verandering Sedert die Dae van die Jode

    Van al ons inkomste behoort Gods deel eerste uitbetaal te word. In die stelsel van vrygewigheid wat die Jode moes volg, is daar van hulle verwag om die eerstelinge van al Gods gawes na Hom te bring, of dit nou van die aanwas van hul skape of beeste was, of van die opbrengs van die land, die boord of wingerd; of andersins kon hulle dit loskoop met ‘n gawe van gelyke waarde. Hoe anders staan sake in ons dae! Gods vereistes en aansprake moet, indien hulle nog enigsins aandag ontvang, tot heel laaste wag. Nogtans het ons werk nou tien maal meer geld nodig as in die Jode se tyd.GF 68.1

    Die groot opdrag aan die apostels was om die hele wêreld in te gaan en die evangelie te verkondig. Dit toon die omvang van die werk en die groter verantwoordelikhede wat in ons tyd op die volgelinge van Christus rus. As die wet duisende jare gelede tiendes en offergawes vereis het, hoe onontbeerlik is dit nie nou nie! As die rykes en die armes in die Joodse stelsel proporsioneel moes bydra, is dit nou dubbel nodig. -4T 474.GF 68.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents