Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “n Planpragtig In Sy Eenvoud

    Gods plan van tiendebetaling is pragtig in sy eenvoud en regverdigheid. Almal kan dit in geloofsvertroue en met moed aanneem, want sy oorsprong is Goddelik. Eenvoud en bruikbaarheid is hierin saamgevat en dit vereis geen hoë geleerdheid om te verstaan of uit te voer nie. Almal kan voel dat hulle ‘n deel bydra tot die vooruitgang van die kosbare werk van sieleredding. Elke man, vrou of jongmens mag ‘n tesourier van God word en help om voorsiening te maak vir die eise wat aan Sy skatkis gestel word....GF 71.1

    Groot dinge word deur hierdie stelsel vermag.GF 71.2

    As almal dit sou aanneem, sou elkeen ‘n waaksame en getroue rentmeester vir God wees; daar sou geen gebrek aan middele wees vir die groot werk om die laaste waarskuwingsboodskap oor die aarde te laat weerklink nie. As almal hierdie stelsel aanneem, sal die skatkis vol en die bydraers niks armer wees nie. Deur elke belegging sal hulle meer volkome aan die saak van die teenswoordige waarheid geheg raak. Hulle sal dan “‘n goeie fondament vir die toekoms” lê “sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.”-31388,389.GF 71.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents