Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 56—Die Tweede Engel Se Boodskap

    Toe die kerke geweier het om die eerste engel se boodskap aan te neem( het hulle die lig van die hemel verwerp en in onguns geraak by God. Hulle het op hulle eie krag vertrou, en deur die eerste engel se boodskap te weerstaan, het hulle hulleself geplaas waar hulle nie die lig van die tweede engel se boodskap kon sien nie. Maar die geliefdes van God, wat verdruk was, het die boodskap, “Geval, geval het Babilon,” aangeneem, en die kerke verlaat.EG 237.1

    Naby die einde van die tweede engel se boodskap, het ek gesien dat daar ‘n groot lig uit die hemel skyn op die voik van God. Die strale van hierdie lig het net so helder as die sonstrale gelyk. En ek het engelstemme hoor roep:“Daar kom die bruidegom, gaan uit hom tegemoet!”EG 237.2

    Dit was die middernagtelike geroep wat krag sou gee aan die tweede engel se boodskap. Engele is uit die hemel gestuur om die ontmoedigde heiliges op te wek en hulle te berei vir die groot werk voor hulle. Dit was nie die mees talentvolle manne wat eerste hierdie boodskap ontvang het nie. Engele is gestuur na die nederiges, en toegewydes, en hulle moes die boodskap gee: “Daar kom die bruidegom, gaan uit hom tegemoet!” Diegene aan wie hierdie boodskap toevertrou is, het haastig en in die krag van die Heilige Gees die boodskap verkondig en hulle ontmoedigde broeders opgewek. Hierdie werk was nie afhanklik van die wysheid en geleerdheid van mense nie, maar van die krag van God; en Sy heiliges wat die roepstem gehoor het, kon dit nie weerstaan nie. Die vromes het eerste die boodskap aangeneem, en diegene wat voorheen leiers was in die werk was die laaste om dit aan te neem en te help met die wekroep:“Daar kom die bruidegom, gaan uit hom tegemoet!”EG 237.3

    In elke deel van die land is daar lig gegee op die tweede engel se boodskap, en die roepstem het die harte van duisende week gemaak. Die boodskap het gegaan van stad tot stad, en van dorp tot dorp, totdat die wagtende volk van God heeltemal wakker geskud was. Baie kerke wou nie toelaat dat die boodskap in hulle midde verkondig word nie, en menigtes wat die lewende getuienis gehad het, het hulle aan die gevalle kerke onttrek. Daar is ‘n groot werk gedoen deur die middernagtelike geroep. Dit was ‘n hartdeursoekende boodskap wat die gelowiges laat verlang het na ‘n dieper geestelike lewe. Hulle het geweet dat hulle nie op mekaar kon leun nie.EG 237.4

    Deur te vas, te waak, en gedurig te bid, het die heiliges verlangend gewag op hulle Here. Daar was selfs sondaars wat met siddering gedink het aan die koms, maar die massas het die gees van die Satan geopenbaar in hulle teenstand teen die boodskap. Orals het hulle spottend gesê.”Niemand weet die dag of die uur nie.” Bose engele het hulle aangepor om hulle harte te verhard en elke ligstraal uit die hemel te verwerp, sodat hulle vasgevang kon word in die strikke van die Satan. Baie van die wat voorgegee het dat hulle die koms van Christus verwag het, het geen aandeel geneem in die verkondiging van die boodskap nie. Die heerlikheid van God wat hulle gesien het, die nederigheid en toewyding van die wagtendes, en die oorweldigende getuienis, het hulle laat bely dat hulle die waarheid aangeneem het, maar hulle was nie bekeer nie, hulle was nie gereed vir die koms van hulle Here nie.EG 238.1

    Orals het die heiliges in ‘n ernstige gebedsgees verkeer. Hulle is gekenmerk deur ‘n heilige erns. Met die grootste belangstelling het die engele die uitwerking van die boodskap gadegeslaan, en hulle het diegene verhef wat dit aangeneem het, en hulle afgetrek van aardse dinge om groter voorrade te verkry uit die heilfontein. Gods volk is toe aangeneem deur Hom. Jesus het hulle met welbehae bejeën, want Sy beeld is in hulle geopenbaar. Hulle het alles opgeoffer, hulle ten volle toegewy, en het verwag om met die onsterflikheid beklee te word. Maar ‘n droewige teleurstelling het op hulle gewag. Die tyd waarna hulle uitgesien het om verlos te word, het verbygegaan, hulle was nog op die aarde, en die vloek van die sonde was maar te sigbaar. Hulle het al hulle hoop in die hemel gestel, en by voorbaat het hulle al die onsterflikheid gesmaak, maar hulle hoop is nie verwesenlik nie.EG 238.2

    Die vrees in die harte van baie van die mense, het nie dadelik verdwyn nie, hulle het nie dadelik oor die teleurgesteldes getriomfeer nie. Maar toe geen sigbare tekens van Gods wraak gesien is nie, het die vrees hulle verlaat, en hulle het begin hoon en smaad. Die volk van God is weer beproef en getoets. Die wêreld het vir hulle gelag, en het hulle bespot en verwyt en diegene wat vas geglo het dat Jesus lank voor daardie tyd sou gekom het om die dode op te wek, die lewende heiliges te verander, en die koninkryk vir ewig te besit, het gevoel soos die dissipels by die graf van Christus. “Hulle [het] my Here weggeneem, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.” EG 238.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents