Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 26—Getrouheid In Die Getuienisdiens

    Die Here het aan my getoon dat Sabbat houers groot belang moet stel in hulle dienste wat interessant moet wees. Daar is groot behoefte aan meer belangstelling en opgewektheid in hierdie verband. Almal behoort iets te hê om vir die Here te sê, want as hulle dit doen sal hulle geseën word. Daar word ‘n gedenkboek geskryf van diegene wat nie hulle byeenkomste versaak nie, en wat dikwels met mekaar oor die Here praat. Die oorblyfsel sal oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis. Sommige verwag dat hulle alleen deur die bloed van die Lam sal oorwin, sonder enige spesiale poging van hulle eie. Ek het gesien dat God genadig was deur aan ons die gawe van spraak te gee. Hy het aan ons ‘n tong gegee, en ons sal rekenskap aan Hom moet gee van hoe ons dit gebruik het. Ons moet God verheerlik met ons mond deur tot eer van die waarheid te praat en van Sy grenslose genade, en ons moet oorwin deur die woord van ons getuienis, deur die bloed van die Lam.EG 111.1

    Ons moenie saamkom om stil te bly nie; alleen diegene word deur die Here onthou wat saamkom om tot Sy eer en heerlikheid te spreek en te vertel van Sy krag. Op hulle sal die seen van God rus, en hulle sal verkwik word. As almal sou handel soos hulle behoort, sou geen kosbare tyd verkwis word nie, en daar sou geen vermanings nodig wees oor lang gebede en toesprake nie; al die tyd sal bestee word aan kort pittige getuienisse en gebede. Vra, glo, en ontvang. Die Here word te veel bespot; daar is te veel biddery wat geen gebed is nie en wat die engele moeg maak en God mishaag, en daar is te veel holle en betekenislose herhalings. Ten eerste behoort ons ons behoefte te voel, en dan moet ons God vir die juiste dinge vra wat ons nodig het, en ons moet glo dat Hy dit aan ons gee terwyl ons nog besig is om te bid; dan Sal ons geloof groei; almal sal gestig word; die swakkes sal krag ontvang; en diegene wat moedeloos en neerslagtig is, sal na bo kyk en glo dat God ‘n beloner is van almal wat Hom ernstig soek.EG 111.2

    Sommige bly stil in die vergadering omdat hulle niks nuuts het om te sê nie, en as hulle wel spreek, sou hulle dieselfde storie moet herhaal. Ek het gesien dat hoogmoed daaragter skuil, dat God en Sy engele luister na die getuienis van die heiliges, en dat Hy behaag en verheerlik word deur die weeklikse herhalings. Die Here hou van eenvoud en nederigheid, maar Hy word mishaag, en die engele gegrief, wanneer die sogenaamde erfgename van God en mede-erfgename van Jesus toelaat dat kosbare tyd verkwis word in hulle vergaderings.EG 111.3

    As die broeders en susters in die toestand is waarin hulle behoort te wees, sou hulle wel weet wat om te sê ter ere van Jesus wat aan die kruis van Golgota gehang het vir hulle sondes. As hulle ‘n beter besef gehad het van die neerbuigende liefde van God in die gawe van Sy eniggebore Seun as soenoffer vir hulle sondes en oortredings, en van die lyde en angs van Jesus om die uitweg te maak vir die doemwaardige mens sodat hy vergewe kon word en lewe, sou hulle meer gewillig gewees het om Jesus te loof en groot te maak. Hulle sou nie kan stilbly nie, maar met dankbaarheid sou hulle getuig van Sy heerlikheid, en vertel van Sy krag. En waar hulle dit doen, sal seëninge van God op hulle uitgestort word. Al sou hulle dieselfde storie herhaal, sou dit God verheerlik. Die engel het aan my diegenegewys watdag en nag roep,“Heilig, Heilig, Heilig is die HereGod, die Almagtige.” “Gedurige herhaling,” het hy gesê, “maar nogtans word God daardeur verheerlik.” Al sou ons dieselfde storie altyd weer oorvertel, word God daardeur vereer, en dit is bewys dat ons nie Sy goedheid en seëninge vergeet nie.EG 112.1

    Ek het gesien dat die kerke geval het; dat kilheid en die dood in hulle midde regeer. As hulle die Woord van God sou gehoorsaam, sou dit hulle nederig maak. Maar hulle verhef hulle bokant die werk van God. Dit is te vernederend vir hulle om dieselfde eenvoudige storie van Gods goedheid te herhaal wanneer hulle saamkom, en hulle lê hulle daarop toe om iets nuuts, iets groots te kry om te sê, wat die oor sal streel en die mens sal behaag, en daarom verlaat Gods Gees hulle. Wanneer ons die nederige manier van die Bybel volg, sal die Gees van God in ons werk. Almal sal in soete eensgesindheid verkeer wanneer ons die eenvoudige kanaal van die waarheid volg, vertrouende op die Woord van God; en daar sal geen gevaar wees dat ons deur bose engele beïnvloed sal word nie. Dit is wanneer siele hulle bokant die Gees van God stel en in hulle eie krag voortbeweeg, dat die engele ophou om oor hulle te waak, en hulle word oorgelaat aan die aanvegtings van die Satan.EG 112.2

    Pligte word neergelê in die Woord van God wat, as hulle gedoen word, die volk van God nederig en afgesonder van die wêreld sal hou, en hulle sal bewaar van die afvalligheid waarin die ander kerke verval het. Die was van voete”en die viering van die Avondmaal, moet meer dikwels geskied. Jesus het ons die voorbeeld gestel, en ons beveel om te doen soos Hy gedoen het. Ek het gesien dat ons Sy voorbeeld so stiptelik moontlik moet navolg; maar die broeders en susters het nie altyd so verstandig gehandel soos hulle wel moes gedoen het by die voete-was nie, en daar het verwarring ontstaan. Voete-was moet baie versigtig by nuwe plekke ingestel word, veral waar die mense nie ingelig is oor die voorbeeld en leer van onse Here op hierdie punt nie, en waar daar vooroordeel in hierdie opsig is. Baie eerlike siele, deur die invloed van vorige leraars in wie hulle vertroue gehad het, koester vooroordeel teen hierdie duidelike plig, en die onderwerp moet aan hulle op die regte manier en op die regte tyd voorgestel word.EG 112.3

    Daar is geen voorbeeld in die Bybel waar die broeders die susters se voete gewas het nie; maar daar is ‘n voorbeeld waar susters die voete van broeders gewas het. Maria het die voete van Jesus gewas met haar trane, en dit afgedroog met haar hare. (Sien ook 1 Tim. 5:10.) Ek het gesien dat die Here die susters beweeg het om die voete van die broeders te was, en dit was volgens die reglement van die evangelie. Almal behoort met verstand te handel en nie die voete-was ‘n lastige seremonie te maak nie.EG 113.1

    Die heilige groet wat in die evangelie van Jesus Christus vermeld word deur die apostel Paulus, moet altyd in sy ware karakter beskou word. Ditis ‘n heilige kus. Dit moet beskou word as ‘n teken van gemeenskap wanneer Christenvriende van mekaar skei, of wanneer hulle weer ontmoet na ‘n afwesigheid van weke of maande, In 1 Thessalonicense 5:26, sê die apostel Paulus:“Groet die broeders almal met ‘n heilige kus.” In dieselfde hoofstuk sê hy:“Onthou julle van elke vorm van kwaad.”Daar kan geen kwaad wees wanneer die heilige kus gegee word op die regte tyd en plek nie.EG 113.2

    Ek het gesien dat die sterk hand van die vyand teen die werk van God is, en die hulp en krag van elkeen wat die waarheid liefhet is nodig; hulle moet almal help om die hande te sterk van diegene wat die waarheid verkondig, sodat hulle deur gedurige waaksaamheid die vyand kan uitsluit. Almal moet saamstaan, verenig in die werk. Al die kragte van die siel moet ingespan word, want wat gedoen moet word, moet gou gedoen word.EG 113.3

    Toe het ek die derde engel gesien. Die enge! by my het gesê,“Vreeslik is sy werk. Hy is die engel wat die koring moet versamel tussen die onkruid, en dit moet verseël of in gerwe bind vir die hemelse skuur. Hierdie dinge behoort die hele hart beet te pak, en al die aandag te geniet.”EG 114.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents