Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 47—Die Jode Besluit Om Paulus Dood Te Maak

    Namate die owerpriesters en owerstes die uitwerking van die verkondiging van Paulus se ervaring gesien het, is hulle met haat vervul teen hom. Hulle het gesien dat hy Jesus met vrymoedigheid preek, en wonderwerke in Sy Naam verrig, en dat die skare na hom luister, hulle tradisies versaak, en die Joodse leiers beskou as die moordenaars van die Seun van God. Hulle het toornig geword, en hulle het raad gehou wat om te doen om die opwinding onder die mense te demp. Hulle het tot die besluit gekom dat die enigste veilige weg was om Paulus om die lewe te bring. Maar God het geweet van hulle planne, en engele het opdrag gekry om hom te bewaak, sodat hy kon lewe om sy sending te vervul.EG 199.1

    Gelei deur die Satan, het die ongelowige Jode die poorte van Damaskus dag en nag bewaak, met die doel om Paulus dood te maak wanneer hy die stad sou verlaat. Maar Paulus is gewaarsku dat die Jode hom om die lewe wou bring, en die dissipels het hom in die nag in ‘n mandjie oor die muur laat afsak.Ten gevolge van die mislukking van hulle planne was die Jode skaam en kwaad, en die doel van die Satan is verydel.EG 199.2

    Paulus is toe na Jerusalem om aan te sluit by die dissipels; maar hulle was almal bang vir hom. Hulle kon nie glo dat hy nou ‘n dissipel was nie. Die Jode in Damaskus was daarop uit om hom dood te maak, en nou wou sy eie broeders hom nie ontvang nie; maar Barnabas het hom geneem en na die apostels gebring, en aan hulle vertel hoe Paulus die Here op die pad gesien het, en hoe hy sonder vrees in Damaskus in die Naam van Jesus gespreek het.EG 199.3

    Maar die Satan was besig om die Jode op te wek om Paulus te vernie-tig, en Jesus het hom beveel om Jerusalem te verlaat. Vergesel van Barnabas het hy na ander stede gegaan, Jesus verkondig en wonders gedoen, en baie het tot bekering gekom. Toe hy een man genees het wat altyd kreupel was, wou die mense-hutle was afgodedienaars-offers bring aan die dissipels. Dit het Paulus ontstel, en hy het aan hulle gesê dat hy en sy medewerkers maar net mense was, en dat alleen die God wat die hemel en die aarde gemaak het aanbid moes word. So het Paulus God verhef voor die mense; maar hy kon hulle skaars bedwing. Hulle het toe eers ‘n besef begin kry van geloof in die ware God, en hoe Hy aanbid en vereer behoort te word; en waar hulle na Paulus geluister het, het die Satan steeds die ongelowige Jode van ander stede aangehits om Paulus te agtervolg en die goeie werk te vernietig wat deur hom gedoen is. Hierdie Jode het die afgodedienaars deur middel van valse rapporte opgewek teen Paulus. Die bewondering en agting van die mense het nou verander in haat, en diegene wat ‘n kort rukkie tevore gereed was om die dissipels te aanbid, het Paulus gestenig, hom uit die stad gesleep, menende dat hy dood was. Maar terwyl die dissipels by Paulus gestaan en oor hom getreur het, het hy opgestaan en saam met hulle in die stad gegaan.EG 199.4

    Toe Paulus en Silas weer besig was om Jesus te verkondig, het ‘n sekere vrou wat ‘n waarsêende gees gehad het, hulle gevolg en uitgeroep,“Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, wat aan ons die weg van verlossing verkondig.”Vir ‘n paar dae lank het sy dit gedoen. Dit het Paulus gegrief; want hierdie geroep agter hulle het die aandag van die mense van die waarheid afgetrek. Die doel van die Satan om haar dit te laat doen, was om weersin by die mense te wek en die invloed van die dissipels te vernietig. Dit het Paulus onthits, en hy het omgedraai en aan die gees gesê, “Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan!” Die gees het die bestraffing aangeneem en uit haar uitgegaan.EG 200.1

    Haar meesters was bly dat sy so agter die dissipels geroep het; maar toe die bose gees haar verlaat en hulle sien dat sy nou ‘n sagmoedige dissipelin van Christus geword het, was hulle baie kwaad. Hulle het baie geld gemaak met haar waarsêery; en nou was al die hoop op hulle wins weg. Die doel van die Satan is verydel, maar sy dienaars het Paulus en Silas gevang, hulle op die markplaas gebring voor die owerstes en magistrate, en gesê, “Hierdie manne bring ons stad in opskudding, omdat hulle Jode is.” En die skare het soos een man teen hulle opgestaan, hulle klere van hulle afgeskeur, en opdrag gegee dat hulle geslaan moes word. En toe hulle hul baie slae gegee het, is hulle in die gevangenis gewerp, en die sipier is beveel om hulle sorgvuldig te bewaak; en hy, nadat hy die bevel gekry het, het hulle in die binneste gevangenis gewerp en hulle voete in die blok vasgemaak. Maar die engele van die Here het hulle na die gevangenis vergesel, en hulle gevangenskap tot die heerlikheid van God laat strek, en aan die mense getoon dat God in die werk en met Sy uitverkore dienaars was.EG 200.2

    Te middernag, het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot God gesing; skielikwasdaar‘ngrootaardbewing(sodatdiefondamente vandiegevangenis geskud het; toe het ek gesien hoe die engel van God dadelik elkeen se boeie losmaak. Toe die sipier van die tronk wakker skrik en sien dat die tronkdeure oop was, was hy baie bang. Hy het gedink dat die gevangenes ontsnap het, en dat hy die doodstraf sou kry.Toe hy op die punt was om sy eie lewe te neem, het Paulus met ‘n groot stem geroep en gesê, “Moenie jouself kwaad aandoen nie, want ons is almal hier.”EG 201.1

    Die krag van God het die sipier daar tot oortuiging gebring. Hy het om ‘n lamp gevra, die gevangenis bewend binnegegaan en voor Paulus en Silas neergeval en hulle uitgelei en gevra,“Menere, wat moet ek doen om gered te word?” En hulle het geantwoord, “Glo in die Here Jesus Christus, en jy sal gered word, jy en jou huis.” Die sipier het toe sy hele huisgesin vergader, en Paulus het Jesus aan hulle verkondig. So is die sipier se hart verenig met die van sy broeders, en hy het hulle wonde gewas, en hy en sy gesin is daardie nag gedoop. Toe het hy aan hulle voedsel voorgesit, en hy was bly en het met sy hele huis in God geglo.EG 201.2

    Die wonderbaarlike nuus van die openbaring van die krag van God in die opening van die tronkdeure, en in die bekering van die sipier en sy gesin, het gou orals versprei. Die owerstes het van hierdie dinge gehoor, en hulle was bang, en het aan die sipier opdrag gegee om Paulus en Silas los te laat. Maar Paulus wou nie die tronk so stilletjies verlaat nie; hy was nie gewillig om die openbaring van Gods krag te laat verberg nie. Hy het aan hulle gesê,“Hullehetons in dieopenbaaronveroordeeld geslaan,ons wat Romeinse burgers is, en ons in die gevangenis gewerp, en wil hulle ons nou in die geheim uitwerp? Volstrek nie! Laat hulle self kom en ons uitlei.”Toe hierdie woorde aan die magistrate oorgebring is, en dit bekend geword het dat die apostels Romeinse burgers was, was die owerstes bang dat hulle miskien by die keiser sou gaan kla oor die onwettige wyse waarop hulle behandel is. Hulle het toe gekom en hulle gesmeek en hulle uitgelei met die versoek om uit die stad te vertrek.EG 201.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents