Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 70—Die Loon Van Die Heiliges

    Toe het ek ‘n baie groot getal engele gesien wat heerlike krone van die stad gebring het-‘n kroon vir elke heilige, met sy naam daarop geskryf. Namate Jesus om die krone geroep het, het engele hulle aan Hom gebring, en met Sy eie regterhand het die lieflike Jesus die krone op die hoofde van die heiliges geplaas. Net so ook het die engele harpe gebring, en Jesus het hulle aan die heiliges gegee. Die bevelvoerende engele het begin speel, en toe het alle stemme ‘n danken loflied aangehef, en alle hande het kunstig die harpe bespeel, en daar was die heerlikste musiek. Toe het ek Jesus die verloste skare sien lei na die poort van die stad. Hy het die hek geneem en dit wyd oopgeswaai op sy skarniere, en die volke wat die waarheid bewaar het, het Hy beveel om in te gaan. Binne die stad was daar die heerlikste dinge vir die oog om te sien. Orals het hulle heerlikheid en prag gesien. Toe het Jesus na Sy verloste heiliges gekyk; hulle aangesigte het gestraal van heerlikheid; en terwyl Hy na hulle gekyk her, het Hy met Sy pragtige, musikale stem gesê, “Nou sien Ek die moeitevolle arbeid van My siel, en Ek is versadig. Hierdie uitnemende heerlikheid is julle s‘n om vir ewig te geniet. Julle lyding is op ‘n end. Daar sal geen dood of droefheid of geween meer wees nie, ook sal daar geen pyn meer wees nie.” Ek het gesien dat die verloste skare neerbuig en hulle blink krone aan die voete van Jesus neerwerp, en toe, nadat Sy lieflike hand hulle weer opgerig het, het hulle hul harpe begin bespeel en die ganse hemel vervul met die heerlikste musiek en lofliedere aan die Lam.EG 293.1

    Toe het ek Jesus Sy volk na die boom van die lewe sien lei, en weer het ons Sy lieflike stem, liefliker as die skoonste musiek wat die menslike oor nog ooit gehoor het, hoor sê, “Die blare van die boom is tot genesing van die nasies. Eet julle almal daarvan.”Die boom van die lewe het die mooiste vrugte gedra, en daarvan het die heiliges vry geëet. In die stad was die pragtigste troon, en daaruit het ‘n reine rivier van die water van die lewe gevloei, helder soos kristal. Aan elke oewer van die rivier was die boom van die lewe, en daar was ook ander pragtige bome wat baie lekker vrugte gedra het.EG 293.2

    Daar kan nie woorde gevind word om die heerlikheid van die hemel te beskryf nie. Waar ek die toneel voor my sien, staan ek eenvoudig stom. In verrukking gebring deur die allesoortreffende skoonheid van daardie heerlikheid, lê ek my pen neer, en roep ek uit.”O; watter liefde! Watter wonderbare liefde!”Die skoonste taal kan nie die heerlikheid van die hemel, en die grenslose liefde van die Heiland beskryf nie.EG 293.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents