Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 63—Hebsug

    Ek het gesien dat die Satan sy engele opdrag gegee het om hulle strikke veral te stel vir diegene wat die tweede koms van Christus verwag het, en wat al die gebooie van God hou. Die Satan het aan sy engele gesê dat die kerke aan die slaap is. Hy het gesê dat hy sy krag en leuenagtige wonders kon vermeerder, en hulle kon vashou. “Maar,” het hy gesê, “ons haat die sekte van Sabbathouers; hulle werk gedurig teen ons, en neem ons onderdane van ons af weg om die gehate wet van God te hou. Gaan, en maak die besitters van grond en geld dronk met sorge. As julle hulle kan beweeg om hulle harte op hierdie dinge te sit, sal ons hulle nog in ons mag kry. Laat hulle maar bely wat hulle wil, solank hulle net meer besorg gemaak kan word oor geld as oor die sukses van die koninkryk van Christus, of die verspreiding van die waarhede wat ons haat. Stel die wêreld aan hulle voor in die aantreklikste lig, sodat hulle dit kan liefkry en aanbid. Ons moet in ons geledere al die geld bewaar waaroor ons kontrole kan kry. Hoe meer middele die volgelinge van Christus in Sy diens bestee, hoe meer sal hulle ons koninkryk skade berokken deur ons onderdane te neem. Waar hulle op verskillende plekke dienste reël, bring dit ons in gevaar. Wees derhalwe baie waaksaam. Veroorsaak moeilikheid en verwarring. waar moontlik. Vernietig hulle liefde vir mekaar. Ontmoedig hulle predikante, want ons haat hulle. Lê allerhande aanneemlike ekskuse in die harte van diegene wat geld het, sodat hulle dit nie uitgee nie. Kry beheer oor die geldsake as julle kan, en laat die predikante gebrek en ontbering ly. Dit sal hulle moed en ywer laat verflou. Veg vir elke duim grond. Laat hebsug en liefde vir aardse skatte die oorhand kry in hulle harte. Solank as hierdie dinge die botoon vier, sal die verlossing en die genade op die agtergrond gestel word. Omring hulle van allerhande aanloklikhede, en ons sal hulle sekerlik in ons mag kry. Nie alleen kan ons seker van hulle wees nie, maar hulle sal hulle haatlike invloed nie kan laat geld om ander na die hemel te lei nie. As enige van hulle probeer om te gee, vervul hulle dan met ‘n hebsugtige gees, sodat hulle spaarsaam gee.”EG 269.1

    Ek het gesien dat die Satan sy planne goed uitvoer. Waar die dienaars van God dienste reel, daar verskyn die Satan ook om die werk te verhinder. Hy is gedurig besig om sy planne in te fluister by die volk van God. Hy lei sommige in een rigting, en sommige in ‘n ander; hy buit gedurig die bose neigings uit van broeders en susters, en werk op hulle swakhede. As hulle geneig is tot selfsug en hebsug, gaan die Satan langs hulle staan, en hy probeer met al sy mag om hulle te beweeg om toe te gee aan daardie sondes. Die genade van God, en die lig van die waarheid mag hulle hebsugtige en selfsugtige neigings vir ‘n tydjie in bedwang hou, maar as hulle nie die volle oorwinning behaal nie, kom die Satan in wanneer hulle nie onder ‘n reddende invloed is nie, en hy demp hulle vrygewige gees sodat hulle dink dat daar te veel van hulle gevra word. Hulle word moeg om goed te doen, en vergeet die groot opoffering wat Jesus gemaak het om hulle vry te koop uit diemag van die Satan en uit hulle hopelose ellende.EG 269.2

    Die Satan het die hebsugtige, selfsugtige gesindheid van Judas uitgebuit, en hom gelei om te kla toe Maria die kosbare salf op Jesus uitgegiet het. Judas het dit beskou as groot verkwisting, en hy het gesê dat die salf verkoop kon gewees het ten bate van die armes. Hy het glad nie omgegee vir die armes nie, maar hy het die milddadige offer aan Jesus as verkwisting bestempel. Judas het sy Here net genoeg gewaardeer om Hom vir dertig silwerstukke te verkoop. Ek het gesien dat daar sommige soos Judas is onder diegene wat voorgee dat hulle wag op die koms van hulle Here. Die Satan beheers hulle, maar hulle weet dit nie. God kan nie hebsug en selfsug in die geringste mate goedkeur nie, en Hy verfoei die gebede en vermanings van diegene wat aan hierdie sondes toegee. Waar die Satan sien dat sy tyd kort is, lei hy die mense om al hoe selfsugtiger en inhaliger te word, en dan juig hy as hy sien hoe suinig en selfsugtig hulle is. As die oë van sulke mense kon oopgaan, sou hulle die Satan in sy helse triomf sien, en hoedat hy juig en lag oor die dwaasheid van diegene wat luister na sy influisterings en in sy strikke val.EG 270.1

    Die Satan en sy engele let op al die gemene en hebsugtige dade van hierdie mense, en hulle bring dit voor Jesus en Sy heilige engele, en sê verwytend:“Hulle is Christus se volgelinge! Hulle maak klaar om na die hemel op te vaar!”Die Satan toets hulle handelwyse aan die skrifgedeeltes waar dit bestraf word, en dan terg hy die hemelse engele deur te sê:EG 270.2

    “Hulle is die navolgers van Christus en Sy Woord. Hulle is die vrug van Christus se soenoffer en Sy verlossing!” Die engele keer in afsku hulle rug op die toneel. God verwag gedurige optrede van die kant van Sy mense; en wanneer hulle moeg word om goed te doen, word Hy moeg vir hulle. Ek het gesien dat Hy baie ontevrede is met die geringste openbaring van selfsug van die kant van Sy belydende volk vir wie Jesus Sy kosbare lewe gegee het. Elke selfsugtige, hebsugtige persoon sal langs die weg uitsak. Soos Judas, wat sy Here verkoop het, sal hulle hul goeie beginsels en vrygewige gesindheid verkoop vir ‘n bietjie aardse gewin. Al sulke mense sal onder Gods volk uitgesif word. Diegene wat hemel toe wil gaan, sal met al hulle krag die beginsels van die hemel moet aankweek. Pleks van verteer te word deur selfsug, behoort hulle hul siele te vergroot deur weldadigheid. Hulle moet van elke geleentheid gebruik maak om aan mekaar goed te doen, en so die beginsels van die hemel te koester. Jesus is aan my voorgehou as ‘n volmaakte voorbeeld. Sy lewe was sonder eiebelang, en altyd gekenmerk deur onselfsugtige weldadigheid.EG 270.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents