Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 60—Die Derde Engel Se Boodskap

    ToeJesusse bediening indie heilige plekklaarwas,en hydieallerheiligste plek binnegegaan en voor die ark gestaan het waarin die wet van God was, het Hy ‘n ander magtige engel gestuur met ‘n derde boodskap aan die wêreld. ‘n Perkamentrol is in die engel se hand gegee, en terwyl hy op die aarde neergedaal het in krag en majesteit, het hy ‘n vreeslike waarskuwing gegee wat die skrikwekkendste dreigement bevat het wat die mensdom nog ooit gehoor het. Die doel van die boodskap was om die kinders van God op hulle hoede te stel deur hulle te wys op die uur van versoeking en angs waarin hulle sou kom. Die engel het gesê: “Hulle sal in stryd kom met die dier en sy beeld. Hulle enigste hoop op die ewige lewe is om standvastig te bly. Al sou hulle lewens in gevaar kom, moet hulle vasklem aan die waarheid.” Die derde engel het sy boodskap as volg afgesluit: “Hier kom die geduld van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.”Onderwyl hy hierdie woorde gesê het, het hy na die hemelse heiligdom gewys. Die aandag van almal wat hierdie boodskap aanneem, word gevestig op die allerheiligste plek waar Jesus voor die ark staan om finaal in te tree vir almal vir wie daar nog genade is, en vir diegene wat die wet van God onwetend gebreek het. Hierdie versoening word gedoen vir die regverdige dode sowel as vir die regverdige lewendes. Dit sluit in almal wat gesterf het in geloof in Christus, maar wat, omdat hulle nie die lig gehad het op Gods gebooie nie, onwetend gesondig het deur hulle te oortree.EG 257.1

    Nadat Jesus die deur na die allerheiligste plek oopgemaak het, is die lig op die Sabbat gesien, en die volk van God is getoets, net soos die kinders van Israel in die ou tyd getoets is, om te sien of hulle Gods wet sou hou. Ek het gesien dat die derde engel na bo wys en vir die teleurgesteldes die weg aanwys na die allerheiligste plek van die hemelse heiligdom. Waar hulle in geloof die allerheiligste plek binnegaan, vind hulle Jesus, en daar ontstaan weer nuwe hoop en vreugde. Ek het hulle sien terugkyk en die verlede in oënskou neem, van die tyd van die verkondiging van die tweede koms van Jesus, en alles wat hulle deurgemaak het totdat die tyd in 1844 verbygegaan het. Hulle sien nou ‘n verklaring van hulle teleurstel- ling, en hulle word besiel met vreugde en sekerheid. Die derde engel het die verlede en die hede en die toekoms verlig, en hulle weet dat God hulle inderwaarheid gelei het deur die verborgenheid van Sy voorsienigheid.EG 257.2

    Dit is aan my voorgestel dat die oorblyfsel Jesus gevolg het in die allerheiligste plek, en die ark en die versoendeksel gesien het, en die heerlikheid daarvan het hulle in verrukking gebring. Jesus het toe die deksel van die ark opgelig, en kyk, daar was die kliptafels met die tien gebooie daarop geskryf! Hulle lees daardie lewende woorde, maar hulle skrik en bewe toe hulle die vierde gebod onder die tien heilige gebooie sien, want dit was beskyn met ‘n helderder lig as die wat die ander nege bestraal het, dit was omring van ‘n heilige stralekrans. Hulle vind daar niks wat sê dat die Sabbat afgeskaf is, of verander is tot die eerste dag van die week nie. Die gebod lees nog net soos toe die stem van God dit gespreek het in daardie vreeslike heerlikheid op die berg, terwyl dit gedonder en geblits het; dit staan nog net soos dit was toe God dit met Sy eie vinger op die kliptafels geskryf het: “Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God.” Hulle is verbaas waar hulle sien hoe die tien gebooie bewaar is. Hulle sien hoe die gebooie naby Jehova geplaas is, oorskadu en beskerm deur Sy heiligheid. Hulle sien dat hulle al die tyd die vierde gebod van die dekaloog vertrap het, en ‘n dag gehou het wat deur die heidene en die pousgesindes tot hulle gekom het, pleks van die dag wat deur Jehova geheilig is: Hulle verootmoedig hulle voor God, en het berou oor hulle oortredings van die verlede.EG 258.1

    Toe Jesus hulle belydenisse en gebede aan Sy Vader voorgestel het, het ek die wierook uit die pan sien opstyg. En terwyl dit opgestyg het, het ‘n helder lig op Jesus en op die versoendeksel geskyn; en die ernstige boetvaardiges, wat ontstel was omdat hulle ontdek het dat hulle oortreders was van Gods wet, is geseën, en hulle aangesigte is verlig met hoop en vreugde. Hulle het aangesluit by die werk van die derde engel se boodskap, en hulle het hulle stemme verhef om die ernstige waarskuwing te gee. Maar, min het dit in die begin aangeneem; die getroues het egter aangehou om die boodskap met krag te verkondig.Toe het ek gesien dat baie die boodskap van die derde engel aanneem en aansluit by diegene wat die waarskuwing eerste gegee het, en hulle het God geëer deur Sy heilige rusdag te hou.EG 258.2

    Baie van die wat die derde engel se boodskap aangeneem het; het nie ervaring gehad in die eerste twee boodskappe nie. Die Satan het dit verstaan, en sy bose oë was op hulle gerig om hulle omver te werp; maar die derde engel was besig om hulle aandag te vestig op die allerheiligste plek, en diegene wat wel ondervinding gehad het in die vorige twee boodskappe, het vir hulle die pad na die hemelse heiligdom aangewys. Baie het die ongebroke ketting van waarheid gesien in die boodskappe van die engele, en hulle het dit in volgorde aangeneem, en Jesus in die geloof gevolg tot in die hemelse heiligdom. Hierdie boodskappe is aan my voorgestel as ‘n anker vir die volk van God. Diegene wat hulle aanneem en verstaan, sal bewaar word sodat hulle nie weggevoer word deur die baie verleidings van die Satan nie.EG 259.1

    Ná die groot teleurstelling in 1844, was die Satan en sy engele baie besig met planne om die geloof van die groep in die war te stuur. Hy het gewerk in die harte van persone wat ondervinding gehad het in die boodskappe, en wat gelyk het of hulle nederig is. Sommige van hulle het gewys op die toekoms vir die vervulling van die eerste en tweede boodskappe, terwyl ander weer gemeen het dat die boodskappe lank gelede in die verlede vervul is. Hierdie mense het diegene wat onervare was, beïnvloed en hulle geloof verwar. Sommige het die Bybel ondersoek om ‘n eie geloof op te bou, onafhanklik van die liggaam. Die Satan het hom in al hierdie dinge verbly, want hy het geweet dat hy diegene wat losraak van die anker,EG 259.2

    kon verlei met allerhande dwalings en verskillende en uiteenlopende leerstellings. Baie wat aan die voorpunt van die eerste en tweede boodskappe was, het hulle nou verloën, en daar was onenigheid en verwarring onder die groep.EG 259.3

    Toe is my aandag gevestig op William Miller. Hy het verbyster gelyk, en hy was baie besorg oor sy mense. Die groep wat in 1844 vol liefde en verenig was, het hulle liefde verloor; hulle het mekaar teengestaan en hulle het koud en afvallig geword. Die aanskouing daarvan het hom baie hartseer gemaak, en sy kragte het afgeneem. Vooraanstaande manne het hom dopgehou, en hulle het gevrees dat hy miskien die derde engel se boodskap en die gebooie van God mag aanneem. En wanneer hy ‘n bietjie geneig was om die lig van die hemel aan te neem, het hierdie manne planne uitgedink om sy aandag daarvan af te trek. Daar is ‘n menslike invloed uitgeoefen om hom in die duisternis te hou, en sy invloed te behou aan die kant van diegene wat die waarheid beveg het. Eindelik het William Miller sy stem verhef teen die lig van die hemel. Hy het versuim om die boodskap aan te neem wat ten volle sy teleurstelling sou verklaar het, en wat ‘n lig en heerlikheid sou gewerp het op die verlede, wat sy kragte sou herstel, sy hoop laat herlewe, en hom sou gelei het om God te verheerlik. Hy het op menslike wysheid vertrou pleks van op die goddelike, maar omdat hy gebroke was deur sy veeleisende werk in die saak van sy Meester, en ook omdat hy al oud was, sal hy nie so verantwoordelik gehou word as diegene wat hom van die waarheid af weggehou het nie. Hulle is aanspreeklik; daardie sonde staan op hulle kerfstok.EG 259.4

    As William Miller die lig van die derde engel se boodskap sou kon gesien het, sou baie dinge wat vir hom duister en verborge was, opgeklaar gewees het. Maar sy broeders het voorgegee dat hulle hom so liefhet en soveel belang in hom stel, dat hy gedink het dat hy homself nie van hulle kon losskeur nie. Sy hart voel aangetrokke tot die waarheid, hy kyk na sy broeders, maar nee, hulle weerstaan dit. Hoe sou hy dan wegbreek van diegene wat saam met hom en aan sy sy gestaan het in die verkondiging van die koms van Jesus? Hy het gevoel dat hulle hom tog seker nie verkeerd sou lei nie.EG 260.1

    God het toegelaat dat hy onder die mag van die Satan kom, naamlik die heerskappy van die dood, en Hy het hom in die graf weggelê-weg van diegene wat hom gedurig weggevoer het van die waarheid. Moses het gestruikel toe hy op die punt gestaan het om die Beloofde Land binne te gaan. So het William Miller ook afgedwaal, het ek gesien, deur sy invloed teen die waarheid te laat geld. Ander het hom daartoe gelei; daarom moet ander daarvoor verantwoording doen. Maar engele hou wag oor die stof van hierdie dierbare dienaar van God, en hy sal opstaan wanneer die laaste basuin weerklink.EG 260.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents