Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 18—Die Versameltyd

    Op 23 September het die Here aan my getoon dat Hy vir die tweede maal Sy hand uitgestrek het om die oorblyfsel van Sy volk1 te versamel, en dat die pogings verdubbel moet word in hierdie versamel tyd. In die verstrooiing is Israel geslaan en geskeur, maar nou, in hierdie versamel tyd, sal God die wonde van Sy volk verbind en genees. In die verstrooiing het pogings om die waarheid te versprei maar min uitgerig-feitelik niks nie-maar in die versameling, wanneer God Sy hand uitstrek om Sy volk te versamel, sal die pogings om die waarheid te versprei, suksesvol wees. Almal behoort saam te staan en ywerig te wees in die werk. Ek het gesien dat dit verkeerd is vir enigeen om voorbeelde uit die verstrooiing van ouds te neem en toe te pas op hierdie versameling, want as God vir ons nou niks meer gaan doen as wat Hy destyds gedoen het nie, sal Israel nooit versamel word nie. Ek het gesien dat die 1843kaart gemaak is onder die leiding van die hand van God, en dat dit nie verander moet word nie; dat die syfers geplaas is waar Hy hulle wou hê; dat Hy Sy hand geplaas het oor ‘n fout in sommige van die syfers en hulle bedek het, sodat niemand dit kon sien voordat Hy Sy hand weggeneem het nie. 1Dit het betrekking op die kaart wat gedurende 1843 gebruik is, en dit verwys veral na die bekering van die profetiese tydperke soos op die kaart aangedui. Die volgende sin verduidelik dat daar ‘n íout ingesluip het wat in die voorsienigheid van God toegelaat is. Maar dit sou nie belet dat daar later, ná 1843 en wanneer die foutiewe berekening sy doel gedien het, ‘n kaart gemaak sou word waarin die fout reggemaak sou word nie.EG 71.1

    Toe het ek in verband met die “voortdurende offer” (Dan. 8:12) gesien dat die woord “offer”deur die mens daarby gevoeg is, en dat dit nie in die grondteks staan nie, en dat die Here die korrekte gesig daarvan gegee het aan diegene watEG 71.2

    verkondig het dat die oordeel uur gekom het.Toe daar eenstemmigheid was, vóór 1844, was byna almal eenstemmig oor die korrekte begrip van die “voortdurende;” maar in die verwarring sedert 1844, het daar ander sienswyses gekom, en duisternis en verwarring het gevolg. Sedert 1844 is tyd nie meer ‘n toets nie, en dit sal nooit weer ‘n toets wees nie.EG 71.3

    Die Here het aan my getoon dat die boodskap van die derde engel verkondig moet word aan die verstrooide kinders van God, maar dit moet nie aan tyd geheg wees nie. Ek het gesien dat sommige ‘n valse opwinding ondergaan het ten gevolge van die verkondiging van tyd, maar die derde engel se boodskap is sterker as wat tyd kan wees. Ek het gesien dat hierdie boodskap op sy eie fondament kan staan en nie tyd nodig het om dit te versterk nie, en dat dit met groot krag sal gaan en sy werk sal doen, en dat dit in geregtigheid verkort sal word.EG 72.1

    Toe is daar aan my gewys dat sommige in groot dwaling verkeer omdat hulle glo dat dit hulle plig is om na ou Jerusalem te gaan, en meen dat hulle daar ‘n werk moet doen voordat die Here kom. So ‘n sienswyse sal die aandag en belangstelling van die mense aftrek van die teenwoordige werk van die Here onder die boodskap van die derde engel, omdat diegene wat dink dat hulle eers na Jerusalem moet gaan, hulle aandag aan daardie saak sal skenk, en hulle sal hulle middele terughou van die bevordering van die teenwoordige waarheid, en die geld gebruik om hulle en ander na Jerusalem te neem. Ek het gesien dat so ‘n sending nie veel goeds sal uitrig nie, en dat dit ‘n lang tyd sou neem om selfs ‘n paar Jode te oortuig om te glo in die eerste koms van Christus, om nie eens te praat van Sy tweede koms nie. Ek het gesien dat die Satan sommige baie be-drieg het in hierdie saak, en dat daar orals rondom hulle in hierdie land siele is wat deur hulle gehelp en gelei kan word om die gebooie van God te hou, maar hulle laat daardie mense aan hulle lot oor om te vergaan. Ook het ek gesien dat ou Jerusalem nooit opgebou sal word nie; en dat die Satan sy uiterste doen om die kinders van die Here besig te hou met hierdie dinge, nou in hierdie tyd van versameling,EG 72.2

    om te belet dat hulle al hulle aandag sal skenk aan die werk van die Here, en om hulle te beweeg om daardie voorbereiding na te laat wat so nodig is vir die dag van die Here.EG 72.3

    _______________

    GEAGTE LESER: Uit ‘n pligsgevoel teenoor my broeders en susters, en uit ‘n begeerte dat die bloed van siele nie aan my kleed mag kleef nie, is ek beweeg om hierdie stukkie te skryf. Ek is bewus van die ongeloof wat vele koester ten opsigte van visioene, en weet ook dat vele wat voorgee om uit te sien na die koms van Christus, en leer dat ons in die “laaste dae” lewe, sê dat die gesigte deur die Satan ingegee is. Ek verwag groot teenstand van sulke mense, en as ek nie gevoel het dat die Here dit van my verwag nie, sou ek nie my gesigte openbaar gemaak het nie, want dit sal gewis die haat en bespotting van sommige uitlok. Maar ek vrees God meer as die mens.EG 72.4

    Toe die Here die eerste keer aan my boodskappe gegee het om aan Sy kinders af te lewer, was dit swaar vir my om hulle openbaar te maak, en dikwels het ek hulle versag om hulle so lig moontlik voor te stel sodat ek niemand mag seermaak nie. Dit was vir my ‘n baie groot beproewing om die boodskappe, soos die Here hulle aan my gegee het, openbaar te maak. Ek het nie besef dat ek deur dit te doen, ontrou was nie, en ek het ook nie die sonde en gevaar besef van so ‘n handelwyse totdat ek in ‘n gesig in die teenwoordigheid van Jesus gebring is nie. Hy het na my gekyk met ‘n frons en het Sy gesig van my af weggedraai. Dit is onmoontlik vir my om die vrees en angs te beskryf wat ek gevoel het. Ek het op my aangesig voor Hom geval, maar ek het geen krag gehad om een enkele woord te uiter nie. O, hoe het ek gewens dat ek bedek kon word vir daardie vreeslike frons! Toe kon ek in ‘n mate besef hoe die doemwaardige voel wanneer hulle uitroep,“Berge en rotse val op ons, en bedek ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam.”EG 73.1

    Eerlank het ‘n engel my beveel om op te staan, en die gesig wat ek gesien het, kan byna nie beskryf word nie. Aan my is ‘n groep getoon wie se hare uitgetrek, en klere geskeur was; op hulle aangesigte was wanhoop en vrees. Hulle het naby my gekom en hulle klere teen myne geskuur. Ek het na my klere gekyk, en het gesien dat dit met bloed bevlek was, en dat die bloed gate daarin gevreet het. Weer het ek soos ‘n dooie neergeval aan die voete van die engel wat my vergesel het. Ek kon geen ekskuus pleit nie. My tong wou nie praat nie, en ek wou net vlug van daardie heilige plek. Weer het die engel my opgerig en gesê, “Dit is nie jy wat hierin betrokke is nie, maar hierdie toneel is aan jou getoon om jou te laat weet wat met jou sal gebeur as jy nalaat om aan ander te vertel wat die Here aan jou geopenbaar het. Maar as jy getrou bly tot die einde, sal jy eet van die boom van die lewe en drink van die rivier van die water van die lewe. Jy sal nog baie ly, maar die genade van God is vir jou genoeg.” Toe het ek gewillig gevoel om te doen alles wat die Here van my wou hê, sodat ek Sy goedkeuring kon wegdra, en nie die vreeslike frons hoef te verduur nie.EG 73.2

    Ek is dikwels vals beskuldig dat ek dinge geleer het wat eie is aan Spiritisme. Maar voordat die redakteur van die Day-Star in daardie dwaling beland het, het die Here aan my ‘n gesig getoon van die treurige en verwoestende uitwerking wat sy en ander se leer van Spiritisme op die kudde sou hê. Ek het die lieflike Jesus gesien; Hy is ‘n persoon. Ek het Hom gevra of Sy Vader ook ‘n persoon is en ‘n voorkoms soos Hy het. Jesus het geantwoord,“Ek is die ewebeeld van My Vader se persoon.”EG 74.1

    Ek het dikwels gesien dat die spiritistiese beskouing al die heerlikheid van die hemel wegneem, en dat die troon van Dawid en die lieflike persoon van Jesus vir vele verteer is in die vuur van Spiritisme. Ek het gesien dat sommige wat deur hierdie dwaling verlei is, gebring sal word tot die lig van die waarheid, maar dit sal vir hulle byna onmoontlik wees om heeltemal ontslae te raak van die bedrieglike krag van Spiritisme. Sulke mense sal deeglike werk doen om hulle dwalings te bely en dit vir ewig te versaak.EG 74.2

    Ek wil by u aanbeveel, geagte leser, die Woord van God as die maatstaf van u geloof en lewe. Volgens daardieWoord sal ons geoordeel word. God het, in daardie Woord, belowe om gesigte te gee in die “laaste dae;” nie as ‘n nuwe maatstaf vir die geloof nie, maar vir die vertroosting van Sy kinders, en om diegene wat van die Bybelse waarheid afgedwaal het weer op die regte pad te bring. So het God met Petrus gehandel toe Hy op die punt gestaan het om hom na die heidene te stuur om te gaan preek. (Handelinge 10.)EG 74.3

    Aan diegene wat hierdie boekie mag versprei, wil ek sê dat dit bedoel is alleen vir die opregtes, en nie vir diegene wat die spot sal dryf met die dinge van die Gees van God nie.EG 74.4

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents