Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 52—Die Reformasie

    Nieteenstaande al die vervolgings wat die heiliges moes verduur, is daar lewende getuies vir Gods waarheid verwek aan alle kante. Die engele van die Here het die werk gedoen wat aan hulle opgedra is. Hulle het in die donkerste plekke gesoek en uit die duisternis manne getrek wat eerlik en opreg was. Al hierdie mense was feitelik onder die dwaalleer bedolwe, maar nogtans het God hulle geroep, soos Hy Saul geroep het, as Sy uitverkore werktuie om Sy waarheid te dra; en hulle stemme te verhef teen die sondes van Sy sogenaamde volk. Die engele van God het gewerk in die harte van Luther, Melanchthon, en ander op verskillende plekke, en ‘n dors by hulle geskep vir die lewende getuienis van die Woord van God. Die vyand het ingestroom soos ‘n vloed, en die banier moes teen hom verhef word. Luther was die een wat gekies is om in die bres te tree, te staan teen die woede van ‘n gevalle kerk, en die klein klompie te versterk wat getrou gebly het aan hulle heilige roeping. Hy het altyd gevrees dat hy God sou mishaag. Hy het geprobeer om deur sy werke in die guns van God te kom, maar hy was nie tevrede aleer ‘n ligstraal uit die hemel die duisternis uit sy hart verdryf, en hom gelei het om, nie op werke nie, maar op die verdienstes van die bloed van Christus te vertrou.Toe was hy in staat om self tot God te gaan, nie deur pouse en biegvaders nie, maar deur Jesus Christus alleen.EG 219.1

    0, hoe dierbaar vir Luther was hierdie nuwe en heerlike lig, wat in sy donker hart geskyn en sy bygeloof verdryf het! Hy het dit meer gewaardeer as die kosbaarste aardse skat. Die Woord van God was nuut. Alles het ver-ander. Die boek wat hy eers gevrees het omdat hy geen skoonheid daarin kon sien nie, was nou die lewe-die ewige lewe-vir hom. Dit was sy vreugde, sy vertroosting en sy geliefde onderwyser. Niks kon hom beweeg om die studie daarvan op te gee nie. Eers het hy die dood gevrees, maar namate hy die Woord van God gelees het, het al sy vrees verdwyn, en hy het die karakter van God bewonder en Hom liefgekry. Hy het die Bybel vir homself ondersoek, en die skatte geniet wat hy daarin ontdek het; daarna het hy dit ondersoek vir die kerk. Die sondes van diegene op wie hy vertrou het vir die saligheid, het hom gewalg, en waar hy baie ander in dieselfde duisternis sien verkeer het waarin hy gewees het, het hy met erns gesoek na ‘n geleentheid om hulle te wys op die Lam van God as di enigste een wat die sonde van die wêreld kan wegneem.EG 219.2

    Hy het sy stem verhef teen die dwalings en sondes van die Roomse kerk, en hy het ernstig geprobeer om die ketting van duisternis te verbreek wat duisende gebind het, en hulle op werke laat vertrou het vir die saligheid. Hy het verlang om hulle te vertel van die rykdom van Gods genade en die uitnemendheid van die verlossing deur Jesus Christus. In die krag van die Heilige Gees het hy sy stem verhef teen die sondes van die leiers van die kerk; en waar hy die opposisie van die priesters die hoof moes bied, het sy moed hom nie begeef nie; want hy het onwrikbaar vertrou op die sterke arm van God vir die oorwinning. Namate die stryd heftiger geword het, het die woede van die priesters teen hom toegeneem. Hulle het geweier om hervorm te word. Hulle het verkies om voort te lewe in gemak, in losbandige plesier, en in boosheid; en hulle wou die kerk in duisternis hou.EG 220.1

    Ek het gesien dat Luther vurig en ywerig en onverskrokke was in die bestraffing van die sonde en die verkondiging van die waarheid. Hy het nóg bose mense nóg duiwels gevrees; hy het geweet dat hy lemand aan sy kant gehad het wat magtiger was as hulle almal. Luther was ywerig, moedig, en onverskrokke, en met tye was daar gevaar dat hy te ver sou gaan. Maar God het Melanchthon verwek wat in karakter net die teenoorgestelde van Luther was, en hy sou Luther help om die werk van hervorming voort te sit. Melanchthon was vreesagtig en versigtig, en baie geduldig. Die Here het hom baie liefgehad. Hy het groot kennis van die Skrifte gehad, en hy was wys en oordeelkundig. Sy liefde vir die saak van God was gelyk aan die van Luther. Die harte van hierdie twee manne was saamgesnoer; hulle was onskeibare vriende. Luther was ‘n groot hulp vir Melanchthon wanneer laasgenoemde gevaar geloop het om te vreesagtig en te stadig te wees; en op sy beurt was Melanchthon ‘n groot hulp vir Luther wanneer hy te vinnig wou vooruitgaan. Melanchthon se versiendheid en versigtigheid het dikwels die saak teen moeilikhede bewaar wat sou ontstaan het as die werk aan Luther alleen oorgelaat sou gewees het; maar dikwels ook sou die werk vertraag gewees het as dit aan Melanchthon alleen oorgelaat sou gewees het. Ek het die wysheid van God gesien in die keuse van hierdie twee manne om die werk van die Reformasie voort te sit.EG 220.2

    Toe is ek teruggevoer na die dae van die apostels, en ek het gesien dat God as metgeselle gekies het die vurige, ywerige Petrus, en die sagmoedige, geduldige Johannes. Soms was Petrus voortvarend, en in sulke gevalle het die geliefde dissipel hom in bedwang gehou. Maar dit het hom nie hervorm nie; nadat hy egter sy Here verloën het, en hy tot bekering gekom het, was daar net ‘n sagte waarskuwing van Johannes nodig om hom in toom te hou. Die saak van Christus sou dikwels skade gely het as dit aan Johannes alleen oorgelaat sou gewees het. Die ywer van Petrus was nodig. Sy onverskrokkenheid en energie het hulle dikwels uit ‘n moeilikheid gehelp, en hulle vyande die swye opgelê. Johannes het ‘n innemende geaardheid gehad. Hy het baie vir die saak van Christus gewin deur sy verdraagsaamheid en opregte toewyding.EG 220.3

    God het manne opgewek om hulle stem te verhef teen die sondes van die pouslike kerk, en om die Reformasie voort te sit. Die Satan het geprobeer om hierdie lewende getuies om die lewe te bring, maar die Here het ‘n beskutting rondom hulle opgerig. Hy het toegelaat dat sommige, tot Sy verheerliking, hulle getuienis met hulle bloed verseël; maar daar was ander magtige manne soos Luther en Melanchthon wat God op die beste manier kon verheerlik deur te lewe, en die sondes van priesters, pouse, en konings aan die kaak te stel. Hulle het gebewe vir die stem van Luther en sy medewerkers. Deur daardie uitverkore manne het ligstrale die duisternis begin verdrywe, en baie het die lig met blydskap aangeneem en daarin gewandel. Wanneer een getuie gedood is, is daar twee en meer verwek omsy plek te vul.EG 221.1

    Maar die Satan was nie tevrede nie. Hy kon maar net oor die liggaam alleen mag hê; hy kon die gelowiges nie dwing om hulle geloof en hoop te versaak nie. Daarom het hulle selfs in die dood geseëvier in die heerlike hoop op onsterflikheid by die opstanding van die regverdiges. Hulle het feitlik bonatuurlike energie gehad. Hulle het dit nie gewaag om selfs vir een oomblik te slaap nie; maar hulle het gestaan met die Christelike wapenrusting aangegord en gereed vir die stryd, nie slegs teen geestelike vyande nie, maar teen die Satan in die gedaante van manne wat gedurig uitgeroep het, “Versaak jou geloof, of sterf.” Daardie paar Christene was sterk in God, en kosbaarder in Sy oë as die menigtes wat die Naam van Christus bely, maar nogtans lafharte is in Sy saak. Solank die kerk vervolg is, was die lede verenig en vol liefde; hulle was sterk in God. Sondaars is nie toegelaat om by die kerk aan te sluit nie. Diegene wat gewillig was om alles vir Christus te verlaat, kon Sy dissipels word. Hulle het die armes, die nederiges, en die Christene liefgehad.EG 221.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents