Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 65—Die Sondes Van Babilon

    Ek het gesien dat die kerke, sedert die tweede engel hulle val aangekondig het, steeds meer verdorwe geword het. Hulle dra die naam dat hulle Christus se volgelinge is, maar hulle kan nie van die wêreld onderskei word nie. Predikante neem hulle tekste uit die Woord van God, maar hulle preek strelende dinge. Daarteen maak die natuurlike hart geen beswaar nie. Dit is alleen die gees en krag van die waarheid, en die verlossing van Christus wat haatlik is vir die vleeslike hart. Daar is niks in die populêre bediening wat die woede van die Satan opwek, wat sondaars laat bewe, of aan die hart en gewete die vreeslike werklikheid van die aanstaande oordeel tuisbring nie. Goddelose mense is gewoonlik tevrede met ‘n vorm van vroomheid sonder ware godsaligheid, en so ‘n soort godsdiens sal hulle hulp en ondersteuning geniet. Die engel het gesê:“Niks minder as die hele wapenrusting van geregtigheid sal die mens in staat stel om die mag van die duisternis te oorwin, en die oorwinning te behou nie. Die Satan het volkome besit geneem van die kerke as ‘n liggaam. Daar word gepraat oor die doen en late van mense, pleks van die duidelike, snydende waarhede van Gods Woord te verkondig. Die gees van vriendskap met die wêreld is in stryd met God. Wanneer die waarheid in sy eenvoud en krag, soos dit in Jesus is, teen die gees van die wêreld te staan kom, verwek dit dadelik die gees van vervolging. Baie wat voorgee dat hulle Christene is, het God nie geken nie. Die natuurlike hart is nie verander nie, en die vleeslike verstand verkeer in vyandskap met God. Hulle is die Satan se getroue dienaars, ondanks die feit dat hulle ‘n ander naam aangeneem het.”EG 277.1

    Ek het gesien dat die kerke, sedert die tyd dat Jesus die heilige plek van die hemelse heiligdom verlaat het, en deur die tweede voorhangsel gegaan het, volgemaak is deur alle onreine en haatlike voëls. Ek het groot booshede en vuilheid in die kerke gesien; maar nogtans beweer hulle lede dat hulle Christene is. Hulle belydenis, hulle gebede, en hulle vermanings is afskuwelik in die oë van God. Die engel het gesê: “God sal nie in hulle vergaderings wees nie. Selfsug, valsheid, en bedrog word deur hulle beoefen sonder enige gewetenswroeging. En bo-oor al hierdie bose dinge dra hulle die mantel van godsdiens.” Ek is gewys op die hoogmoed van die kerke. God is nie in hulle gedagtes nie; hulle vleeslike gedagtes dink net oor hulleself; hulle versier hulle arme, sterflike liggame, en dan aanskou hulle hulleself met tevredenheid en welbehae. Jesus en Sy engele betrag hulle met misnoeë. Die engel het gesê:“Hulle sondes en hoogmoed reik tot aan die hemel. Hulle deel wag vir hulle. Reg en geregtigheid het lank geslaap, maar eerlank sal dit ontwaak. Die wraak kom My toe, Ek sal vergeld, sê die Here.” Die vreeslike dreigement van die derde engel, sal vervul word( en al die goddelose sal drink uit die beker van Gods wraak. ‘n Ontelbare menigte bose engele versprei oor die hele land, en dring die kerke binne. Hierdie werktuie van die Satan aanskou die godsdienstige liggame met vreugde, want hulle godsdienstige mantel bedek die grootste misdade en ongeregtigheid.EG 277.2

    Die ganse hemel aanskou met verontwaardiging hoedat mense, die maaksel van God, deur hulle medemens verlaag word tot in die dieptes van verlaging, en met diere gelykgestel word. Sogenaamde navolgers van daardie dierbare Heiland wat Hom altyd ontferm wanneer Hy menslike ellende sien, pleeg die groot en vreeslike sonde deur in slawe en mensesiele handel te dryf. Ongelukkige mense word van plek tot plek geneem en gekoop en verkoop. Die engele het hierdie dinge alles opgeskryf; dit is geskryf in ‘n boek. Die trane van die vrome slawe-manne en vroue, vaders en moeders, broers en susters is alles in bottels vergader in die hemel. God sal Sy wraak nog net ‘n klein rukkie langer in bedwang hou. Sy gramskap ontbrand teen hierdie nasie, en veral teen die godsdienstige liggame wat hierdie vreeslike handel goedgekeur en self daaraan deelgeneem het. Sulke onreg, sulke verdrukking, sulke lyding, word aanskou met gevoellose onverskilligheid deur vele van die sogenaamde navolgers van die sagmoedige en nederige Jesus. Baie van hulle kan self hierdie onbeskryflike ellende met haatlike voldoening veroorsaak, en dan durf hulle dit nog waag om God te aanbid. Dit is ‘n klug; die Satan juig daaroor, en hy verwyt Jesus en Sy engele met sulke teenstrydighede, en sê met helse oorwinning,“So handel Christus se navolgers!” Hierdie sogenaamde Christene lees van die lyding van die martelaars, en dan loop die trane teen hulle wange af. Hulle kan nie verstaan hoe mense ooit so verhard kon geword het as om sulke wreedheid teenoor hulle medemens te pleeg nie. Maar diegene wat so dink en praat, hou self slawe aan. En dit is nie al nie; hulle verbreek die natuurlike bande, en onderdruk hulle medemens op ‘n wrede manier. Hulle kan die wreedste foltering veroorsaak met dieselfde onverbiddelikheid as die pousgesindes en die heidene teenoor die volgelinge van Christus. Die engel het gesê: “Dit sal vir die heidene en pousgesindes verdraagliker wees in die dag van Gods oordeel as vir suike mense.” Die roepstem van die verdruktes het ten hemel gestyg, en engele staan verbaas oor die onbeskryflike lyding wat die mens, geskape in die beeld van sy Skepper, sy medemens veroorsaak. Die engel het gesê: “Die name van die verdrukkers is in bloed geskrywe, en in gêseling, en benat met pynlike en brandende trane van lyding. Gods toorn sal nie afneem totdat Hy hierdie land van lig die beker van Sy wraak tot die droesem toe laat drink het, en totdat Hy Babilon dubbel vergeld het nie.Vergeld haar soos syjulle vergeld het; skink vir haardubbel in volgens haar werke; skink vir haar dubbel in die beker wat sy volgemaak het.”EG 278.1

    Ek het gesien dat die slawemeester aanspreeklik gehou sal word vir die siel van sy slaaf wat hy onkundig gehou het; en die sondes van die slaaf sal besoek word aan die meester. God kan die slaaf nooit in die hemel neem wat in onkunde gehou is en niks van God of die Bybel weet, niks vrees as net die sweep van sy meester nie, en ‘n laer posisie beklee as ‘n stomme dier. Hy doen die beste vir hom wat ‘n genadige God kan doen. Hy sal hom tot niet maak soos iemand wat nooit bestaan het nie, terwyl die meester die sewe laaste plae sal ondergaan, en dan sal hy opgewek word in die tweede opstanding om die tweede dood te sterf-dit is die vreeslikste dood. Dan sal die regverdigheid van God tevrede wees.EG 279.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents