Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Byvoegsel

    Hoofstuk 21—‘n Verduideliking

    Geagte Christen-Vriende: Daar ek ‘n kort beskrywing gegee het van my ondervindingsen gesigte, gepubliseer in 1851, voel ek nou datdit my plig is om die aandag te vestig op sommige dinge in daardie klein werkie, en ook om van my meer onlangse gesigte mee te deel.EG 81.1

    1. Op bladsy 31 staan die volgende:“Ek het gesien dat die heilige Sabbat die skeidsmuur is, en sal wees, tussen die ware Israel van God en ongelowiges; en dat die Sabbat die groot strydvraag is wat die harte van Gods dierbare, wagtende heiliges verenig. Ek het gesien dat God kinders het wat die Sabbat nie sien en nie hou nie. Hulle het nie die lig daarop verwerp nie. En aan die begin van die tyd van benoudheid is ons almal vervul met die Heilige Gees waar ons uitgegaan en die Sabbat meer volledig verkondig het.”EG 81.2

    Hierdie gesig is in die jaar 1847 gegee toe daar maar baie min van die Advent broeders was wat die Sabbat gehou het, en onder hulle was daar maar min wat gemeen het dat die onderhouding daarvan belangrik genoeg was om die skeidslyn te trek tussen die kinders van God en ongelowiges. Nou begin ons die vervulling van daardie gesig sien.”Die begin van die tyd van benoudheid” waarvan hier melding gemaak word, het nie betrekking op die tyd wanneer die plae uitgestort sal word nie, maar verwys na ‘n kort periode net vóór hulle uitgestort word, terwyl Christus nog in die heiligdom is. In daardie tyd, onderwyl die verlossingswerk afgesluit word, sal daar moeilikhede op die aarde kom, en die volke sal toornig wees, maar hulle sal in bedwang gehou word sodat die werk van die derde engel nie belet word nie. In daardie tyd sal die “laat reën,” of die tyd van verkwikking van die aangesig van die Here, kom om krag te gee aan die luide stem van die derde engel, en om die heiliges te berei om te kan staan in die periode wanneer die sewe laaste plae uitgestort sal word.EG 81.3

    2. Die gesig van “Die Geopende en die Geslote Deur” op bladsye 38-40 is gegee in die jaar 1849. Die toepassing van Openbaring 3:7, 8, op die hemelse heiligdom en Christus se bediening was vir my heeltemal nuut. Ek het nooit gehoor dat ander van die idee praat nie. Noudat die onderwerp van die heiligdom duidelik verstaan word, word die toepassing in al sy krag en heerlikheid gesien.EG 81.4

    3. Die gesig dat die Here “Vir die tweede maal Sy hand uitgestrek het om die oorblyfsel van Sy volk te vergader,” op bladsy 65 het betrekking alleen op die eensgesindheid en krag wat daar eenmaal bestaan het onder diegene wat Christus verwag het, en op die feit dat Hy begin het om Sy kinders te verenig en weer op te hef.EG 82.1

    4. Spiritistiese Verskynsels. Lees as volg op bladsy 39: “Ek het gesien dat die geheimsinnige geklop te New York en ander plekke, die krag van die Satan was, dat sulke verskynsels sou toeneem onder die dekmantel van die godsdiens, om diegene wat bedrieg word aan die slaap te sus en om die aandag van Gods kinders, indien moontlik, te vestig op daardie dinge en hulle te laat twyfel aan die leer en krag van die Heilige Gees” Hierdie gesig is gegee in 1849, byna vyf jaar ná daardie tyd.Toe was die spiritistiese verskynsels grotendeels beperk tot die stad Rochester, en was bekend as die “Rochester Kloppery.” Sedert daardie tyd het die dwaling bo verwagting versprei.EG 82.2

    Die grootste gedeelte van die gesig op bladsy 53, getitel “Geheimsinnige Geklop,” gegee in Augustus 1850, is sedert daardie tyd vervul, of tree nou in vervulling. Hier is ‘n gedeelte daarvan:“Ek het gesien dat dit eerlank as godslastering beskou sal word om teen die geklop te praat, en dat dit meeren meer sal versprei, dat die mag van die Satan sal toeneem en dat sommige van sy toegewyde volgelinge die mag sal hê om wonderwerke te verrig, en voor die mense selfs vuur uit die hemel sal laat neerdaal. Ek het gesien dat hierdie moderne towenaars deur die geklop en deur mesmerisme nog al die wonderwerke sal verklaar wat deur onse Here Jesus Christus gedoen is, en dat vele sal glo dat al die magtige werke van die Seun van God, toe Hy hier op aarde was deur dieselfde mag gedoen is” Ek het die geklop-dwaling gesien, en die vordering wat dit gemaak het, en dat dit as dit moontlik was, ook die uitverkorenes sou mislei. Die Satan sal die mag hê om voor ons te laat verskyn gestaltes wat voorgee om ons afgestorwe bloedverwante en vriende te wees. Hy sal dit laat voorkom asof hierdie vriende teenwoordig is; die woorde wat hulle gespreek het terwyl hulle nog in die lewe was, en wat ons goed ken, sal hulle namaak, en ons sal hulle stemme herken. Dit alles sal gedoen word om die heiliges te bedrieg om hierdie dwaling te glo.EG 82.3

    Ek het gesien dat die heiliges ‘n deeglike begrip moet hê van die teenwoordige waarheid, en wat hulle verplig sal wees om uit die Skrifte te bewys. Hulle moet die staat van die dode verstaan; want die geeste van duiwels sal nog aan hulle verskyn en voorgee om hulle dierbare vriende en bloedverwante te wees, en verklaar dat die Sabbat verander is; en hulle sal nog ander onbybelse leerstellings voorhou. Hulle sal alles in hulle vermoë doen om simpatie te verwek, en hulle sal wonderwerke voor die mense doen om te staaf wat hulle leer. Die kinders van die Here moet voorberei wees om hierdie geeste te bestry met die Bybelse waarheid dat die dode niks weet nie, en dat diegene wat aan hulle verskyn die geeste van duiwels is. Ons gedagtes moet nie in beslag geneem word deur die dinge rondom ons nie, maar moet besig gehou word deur die teenwoordige waarheid, en ‘n voorbereiding om in vrees en nederigheid ‘n rede te kan gee vir ons hoop. Ons moet wysheid van omhoog soek sodat ons staande kan bly in hierdie dae van dwaling en misleiding.EG 83.1

    Ons moet die grondslag van ons hoop goed ondersoek, want ons sal uit die Skrifte ‘n rede daarvoor moet gee. Die bedrog sal toeneem, en ons sal dit van aangesig tot aangesig moet bestry; en as ons nie toegerus is nie, sal ons daardeur verstrik en oorwin word. Maar as ons doen wat ons kan om onsself voor te berei vir die stryd wat ons voorlê, sal God Sy deel doen, en Sy almagtige arm sal ons beskerm. Desnoods sal Hy die laaste engel uit die hemel stuur om die getroue siele te bewaar, om ‘n heining om hulle op te stel, sodat hulle nie bedrieg en weggevoer word deur die Satan se wonders van die leuen nie.EG 83.2

    Ek het gesien hoe vinnig hierdie bedrog besig was om te versprei. Ek het ‘n lang trein gesien wat so vinnig soos weerlig gery het. Die engel het my beveel om goed te kyk, en ek het stip na die trein gekyk. Dit het vir my gelyk of die hele wêreld op die trein was en dat daar nie een mens oor was nie.Toe hetdieengelgesê, “Hulleword in bondelsgebind, gereed om verbrand te word. “Toe het hy die kondukteur aan my gewys-‘n baie aanvallige man na wie die passasiers opgesien het. Dit was vir my vreemd, en ek het die engel gevra wie die man is. Hy het geantwoord, “Dit is die Satan. Hy is die kondukteur in die gedaante van ‘n engel van die lig. Hy het die wêreld gevang. Hulle is oorgegee aan die krag van die dwaling; oorgegee om die leuen te glo sodat hulle veroordeel kan word. Hierdie handlanger, wat net onderkant die Satan staan, is die masjinis, en ander van sy handlangers beklee ander betrekkings soos hy hulle nodig het, en hulle gaan almal met die spoed van weerlig na die verdoemenis.”EG 83.3

    Ek het die engel gevra of daar dan niemand oor was nie. Hy het my beveel om in die teenoorgestelde rigting te kyk, en toe het ek ‘n klein groepie gesien reis langs ‘n baie nou paadjie. Dit het geskyn of hulle almal verenig was, saamgebind deur die waarheid, in gerwe, of groepe. Die engel het gesê, “Dit is die derde engel wat hulle bind, of verseël, in bondels vir die hemelse skuur.” Hierdie groepie het afgemat gelyk, asof hulle deur ‘n groot beproewing of stryd gekom het. En dit het gelyk of die son net uitgekom het agter ‘n wolk en op hulle aangesigte geskyn het en hulle oorwinnend laat kyk het, asof hulle stryd byna op ‘n end was.EG 84.1

    Ek het gesien dat die Here aan die wêreld die geleentheid gegee het om die strik te ontdek. Hierdie een ding behoort vir die Christen voldoende bewys te wees, al is daar niks anders nie, naamlik, dat daar geen verskil gemaak word tussen die godvresende en die godloënaar nie.Thomas Paine, wie se liggaam nou tot stof vergaan het, en wat opgewek sal word aan die einde van die duisend jaar, tydens die tweede opstanding, om sy loon te ontvang en om die tweede dood te ondergaan, word deur die Satan in die hemel geplaas in ‘n baie verhewe posisie. Die Satan het hom hier op die aarde gebruik solank as hy kon, en nou sit hy nog dieselfde werk voort deur voor te gee dat Thomas Paine baie verhewe en geëer is in die hemel; die Satan gee voor dat hy in die hemel besig is om ander te leer net soos hy hier op aarde geleer het. Daar is sommige wat met afsku sy lewe en dood gesien het, en ook sy verdorwe leerstellings toe hy nog gelewe het, maar wat hulle nou oorgee om deur Paine, een van die besoedelste en mees verdorwe onder die mense, geleer te word-iemand wat God en Sy wet verag het. 1Om die krag van hierdie opmerkings te verstaan, moet die leser weet dat daar ‘n boek gepubliseer is deurdie mediumskap van ene”Eerwaarde C. Hammond,“getitel Pilgrimage of Thomas Paine m the Spirit World, waarin Paine voorgestel word as ‘n verhewe gees in die sewende sfeer. En in die Investigating Class in New York, is daar gesê dat Christus self met ‘n medium in gesprek was en geopenbaar het dat Hy self maar in die sesde sfeer was, Hierdie verskil sal verstaan word wanneer daar onthou word dat die sfere die vordering voorstel van die gees in die geestes-wêreld, en dat Christus met meer as 1800 jaar se vordering maar die sesde sfeer bereik het, terwyl Paine, in omtrent ‘n 100 jaar, die sewende bereik het! ‘n Verdere verduideliking in hierdie verband word gevind in die verklaring van Doktor Hare, dat sy geestes-suster gesê het dat haar Vordering vertraag is deur haar geloof in die soendood van Christus. So verhef Spiritisme ongelowiges en ongeloof.EG 84.2

    Hy, die vader van die leuen, verblind en bedrieg die wêreld deur sy engele uit te stuur om namens die apostels te praat, en dit voor te stel asof hulle weerspreek wat hulle onder ingewing van die Heilige Gees geskryf het toe hulle hier op aarde was. Hierdie leuenagtige engele laat die apostels hulle eie lering bederf en sê dat dit vals is. Deur so te handel, verlustig die Satan hom daarin om belydende Christene, en die hele wêreld, in onsekerheid te bring aangaande die Woord van God. Daardie heilige Boek openbaar sy leuens en dwarsboom sy planne; daarom wil hy mense lei om die goddelike oorsprong van die Boek te betwyfel. En dan hou hy die godloënaarïhomas Paine voor as iemand wat na die hemel is by sy dood, en nou met die apostels, wat hy gehaat het hier op aarde, saamwerk om die wêreldte leer.EG 85.1

    Die Satan gee aan elkeen van sy engele die rol wat hulle moet speel. Hy beveel hulle almal om skelm en listig en slinks te wees. Hy beveel sommige van hulle om in die rol van die apostels op te tree en namens hulle te spreek, terwyl ander in die rol van godloënaars moet optree wat God vervloek het toe hulle gesterf het, maar wat hulle nou voordoen as baie godsdienstig.Tussen die heilige apostels en die grofste godloënaar word daar geen verskil gemaak nie. Hy laat hulle almal dieselfde dinge leer. Dit maak nie saak wie die Satan gebruik om te spreek nie as hy maar net sy doel kan bereik. Hy was so intiem verbonde met Paine en het hom in sy werk hier op aarde so gehelp, dat dit nie vir hom moeilik is om die woorde te ken en die handskrif na te maak van ‘n dissipel wat hom so getrou en doeltreffend gedien het nie. Die Satan het baie van die woorde wat Paine geskryf het, gedikteer, en dit is nou vir hom baie maklik om sinne deur sy engele tedikteerom dit te laat voorkom asof dit deur Thomas Paine, sy getroue dienaar, gespreek word. Dit is ‘n meester set van Satan. Al hierdie leer wat dan van die apostels en heiliges en goddelose afgestorwenes sou kom, kom regstreeks van die Satan.EG 85.2

    Die feit dat die Satan sê dat iemand wat hy so liefgehad het, en deur wie God so volkome gehaat is, nou saam is met die heilige apostels en engele in heerlikheid, behoort genoeg te wees om die sluier weg te trek voor die oë van almal, en die duistere en verborge werk bloot te stel. Hy sê feitelik aan die wêreld en aan godloënaars, Dit maak nie saak hoe goddeloos julle is nie, en of julle in God en die Bybel glo of nie, lewe soos julle wil, die hemel is julle tuiste; want almal weet dat as Thomas Paine in die hemel is, en so verhewe is, dan sal hulle ook hemel toe gaan. Hierdie dwaling is so in die oog lopend dat almal dit kan sien as hulle wil. Die Satan doen nou deur Thomas Paine wat hy geprobeer het vandat hy geval het. Deur sy krag en wonders van die leuen is hy besig om die fondament van die Christen se hoop weg te skeur, en doof hy die son uit wat hulle noue pad na die hemel moet verlig. Hy wil die wêreld laat glo dat die Bybel nie geínspireer is nie, dat dit niks meer as ‘n storieboek is nie, terwyl hy iets anders in die plek daarvan aanbied, naamlik, spiritistiese openbarings!EG 86.1

    Hier het hy ‘n kanaal volkome aan hom toegewy en onder sy beheer, en hy kan die wêreld wysmaak wat hy wil. Die Boek wat hom en sy navolgers sal oordeel, stel hy in die skaduwee, net waar hy dit wil hê. Die Verlosser van die wêreld stel hy voor as ‘n doodgewone man; en net soos die Romeinse wag by die graf van Jesus die valse gerug versprei het wat die owerpriesters hulle in die mond gelê het, so sal die arme, misleide navolgers van hierdie geestesverskynsels die on waarheid verkondig dat daar niks bonatuurlik is in verband met die Heiland se geboorte, dood, en opstanding nie. Nadat Jesus in die agtergrond gestel is, vestig hulle die aandag van die wêreld op hulleself en op hulle wonderwerke en wonders van die leuen, wat, soos hulle sê, die werke van Christus ver oortref. So word die wêreld verstrik en gerusgestel om nie die vreeslike bedrog agter te kom voordat die sewe laaste plae uitgestort word nie. Die Satan lag wanneer hy sien hoe goed sy plan slaag en hoe die hele wêreld verstrik word.EG 86.2

    5. Op bladsy 49 het ek gesê dat ‘n wolk van heerlike lig die Vader bedek het, en dat Sy persoon nie gesien kon word nie. Ook het ek gesê dat ek die Vader van die troon sien opstaan het. Die Vader was bedek met lig en heerlikheid, sodat Sy gestalte nie gesien kon word nie; nogtans het ek geweet dat dit die Vader was en dat die lig en heerlikheid uit Sy persoon gestraal het. Toe ek hierdie lig en heerlikheid sien opstyg het van die troon, het ek geweet dat dit was omdat die Vader beweeg het, en daarom het ek gesê dat ek die Vader sien opstaan het. Die heerlikheid, of uitnemendheid, van Sy gestalte het ek nooit gesien nie; niemand kan dit sien en leef nie; maar die lig en heerlikheid wat Sy persoon omhul het, kon gesien word.EG 87.1

    Ek het ook gesê, “Dit het geskyn of die Satan by die troon was en probeer het om die werk van God voort te sit.” Ek sal nog ‘n sin aanhaal van dieselfde bladsy: “Ek het omgedraai om te kyk na die groep wat nog daar voor die troon neergekniel het.” Hierdie biddende groep was nog in die tewe hier op aarde, maar hulle is aan my voorgestel as knielende voor die troon. Ek het nooit die idee gehad dat hierdie mense werklik in die Nuwe Jerusalem was nie. Nooit het ek gedink dat enige sterfling kon veronderstel dat ek geglo het dat die Satan werklik in die Nuwe Jerusalem was nie. Maar het Johannes nie die rooi draak in die hemel gesien nie? Gewis het hy. “En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings.” Openb. 12:3. Wat ‘n onding om in die hemel te wees! Hier is nou ‘n goeie geleentheid om die spot te dryf, soos sommige gedoen het in hulle vertolking van my beskrywings.EG 87.2

    Op bladsye 43-46 is ‘n beskrywing van ‘n gesig wat ek in Januarie 1850 gesien het. Die gedeelte van die gesig ten opsigte van middele wat terruggehou is van die boodskappers, was in die besonder van toepassing in daardie tyd. Sedert daardie tyd het die saak van die teenwoordige waarheid vriende bygekry wat op ‘n geleentheid gewag het om goed te doen met hulle middele. Sommige van hulle was te vrygewig, tot skade van die ontvangers. Vir omtrent twee jaar is daar meer aan my getoon in verband met die onverskillige en kwistige gebruik van die Here se geld, as die gebruikdaarvan.EG 87.3

    Die volgende word aangehaal uit ‘n gesig aan my gegee te Jackson, Michigan, op 2 Junie 1853. Dit was veral van toepassing op die broeders daar:“Ek het gesien dat die broeders hulle goed begin opoffer het en dit uitgedeel het sonder dat die ware doel aan hulle voorgehou is-naamlik die behoeftige saak-hulle het te vryelik uitgedeel, en te veel en te dikwels. Ek het gesien dat die leraars moes onderneem het om te wys op hierdie fout, en hulle moes ‘n goeie invloed in die kerk laat geld het. Daar is gehandel asof geld sommer niks was nie, en dat hoe gouer dit uitgegee is, hoe beter. Sommige het ‘n slegte voorbeeld gestel deur groot skenkings aan te neem sonder om hoegenaamd diegene te waarsku wat die geld gehad het om dit nie so kwistig en onverskillig te gebruik nie. Deur ‘n groot som geld aan te neem, sonder om te verneem of God dit as verpligting gelê het op die broeders om dit so vryelik te gee, is ‘n te kwistige uitdeling goedgekeur.EG 87.4

    “Diegene wat gegee het, het ook verkeerd gehandel, want hulle het nie navraag gedoen of daar werklik ‘n behoefte was of nie. Diegene wat middele gehad het, het nie geweet wat om te doen nie. Een broeder het skade gely omdat te veel in sy hande geplaas is. Hy het geen aandag geskenk aan spaarsaamheid nie, maar het spandabel gelewe, en op sy reise het hy geld links en regs uitgegee sonder enige voordeel. Hy het ‘n verkeerde invloed laat geld deur die Here se geld te vry te gebruik, en in sy eie hart, en aan ander het hy gesê, Daar is geld genoeg in J , meer as wat gebruik kan word voor die Here kom.’ Sommige is baie benadeel deur so ‘n handelwyse, en hulle het in die waarheid gekom met verkeerde sienswyses; hulle het nie besef dat dit die Here se geld is wat hulle so gebruik het nie, en hulle het geen besef gehad van die waarde daarvan nie. Daardie arme siele wat so pas die derde engel se boodskap aangeneem het, en aan wie so ‘n voorbeeld gestel is, sal baie moet leer om hulleself te verloën en te ly vir die ontwil van Christus. Hulle sal moet leer om gemak op te gee, om nie aan eie-gerief en eie-gemak te dink nie, en aandag te skenk aan die waarde van siele. Diegene wat onder die indruk van die ,wee my!’ is, sal nie groot voorbereidings tref om in gerief en gemak te kan reis nie. Sommige wat geen roeping daartoe gevoel het nie, is aangemoedig om in die veld uit te gaan. Hierdie dinge het ‘n uitwerking gehad op ander, en hulle het nie die nodigheid gesien vir spaarsaamheid nie, of om hulleself te verloën en geld in die Here se skatkis te stort nie. Dit sal hulle laat voel en sê, ,Daar is ander wat baie geld het; hulle sal vir die blad gee. Ek hoef niks te doen nie. Die blad sal ondersteun word sonder my hulp.’”EG 88.1

    Dit was ‘n groot beproewing vir my om te sien dat sommige daardie dele van my gesigte wat betrekking het op die opoffering van goed om die saak te ondersteun, geneem en die verkeerde gebruik daarvan gemaak het. Hulle gebruik geld op ‘n spandabele wyse, terwyl hulle nalaat om die beginsels van die ander dele na te kom. Lees die volgende op bladsy 45: “Ek het gesien dat die saak van God vertraag en onteer is deur sommige wat reis sonder dat hulle ‘n boodskap van God het. Hulle sal rekenskap aan God moet gee vir elke dollar wat hulle uitgegee het om te reis na plekke waarheen dit nie hulle plig was om te gaan nie, want die geld kon die saak van God vooruitgehelp het.”Lees ook op bladsy 45: “Ek het gesien dat diegene wat krag het om met hulle hande te werk, en kan help om die saak te ondersteun, net so verantwoordelik gehou sal word vir hulle krag as die ander vir hulle goed.”EG 89.1

    Vervolgens wil ek spesiaal die aandag vestig op die gesig, gegee op bladsy 51. Hier volg ‘n kort uittreksel: “Ek het gesien dat... die doel van die Heiland se woorde (in Lukas 12:33) nie duidelik voorgestel is nie.” Ek het gesien “die doel met die verkoop van die goed is nie om hulp te gee aan mense wat in staat is om te werk en hulleself te onderhou nie, maar om die waarheid te versprei. Dit is ‘n sonde om mense wat in staat is om te werk, in hulle luiheid te sterk. Sommige was baie ywerig om al die dienste by te woon, nie om God te verheerlik nie, maar die ,brode en die visse’Sulke mense moes tuisgebly het om met hulle hande ,te werk wat goed is,’om te voorsien in die behoeftes van hulle gesinne en om iets te hê om te gee om die kosbare waarheid te bevorder.” In die verlede was dit die doel van die Satan om haastige mense te dryf om geld te vryelik te gebruik, en om die broeders te beïnvloed om op onverstandige wyse hulle besittings van die hand te sit, sodat siele, deur die kwistige en haastige gebruik van middele, benadeel kan word en verlore kan gaan, en dat die behoefte daaraan nou, wanneer die waarheid versprei moet word, gevoel kan word. In ‘n sekere mate het sy plan geslaag.EG 89.2

    Die Here het geopenbaar dat dit verkeerd is van baie om te kyk na diegene wat goed het om die publikasie van die blad en van traktate te ondersteun. Elkeen behoort sy deel te doen. Diegene wat krag het om met hulle hande te werk en geld te verdien om die saak te help, is net so verantwoordelik daarvoor as die ander is vir hulle besittings. Elke kind van God wat voorgee om die teenwoordige waarheid te glo, moet ywerig wees om sy rol te speel in hierdie saak.EG 89.3

    In Juliemaand 1853, het ek gesien dat die blad, geëien en goedgekeur deur God, nie so selde moet verskyn nie. Die saak, in die tyd waarin ons nou lewe, vereis ‘n weekblad, 1Die Review and Herald het voor hierdie tyd baie ongereeld verskyn. Later het dit halfmaandeliks verskyn. en baie meer traktate moet gedruk word om die toenemende dwalings van hierdie tyd aan die kaak te stel; maar die werk word vertraag deur gebrek aan fondse. Ek het esien dat die waarheid verkondig moet word, en dat ons nie te vreesagtig moet wees nie; dat traktate en blaaie liewer gestuur moet word na drie wat hulle nie wil he nie, as dat een ontrief 0sal word wat hulle wel sal waardeer en gebaat sal word. Ek het gesien dat die tekens van die laaste dae duidelik gestel moet word, want die openbarings van die Satan neem toe. Die lektuur van die Satan en sy werktuie neem toe; hulle krag groei, en wat ons wil doen om die waarheid voor ander te bring, moet gou gedoen word.EG 90.1

    Daar is aan my gewys dat die waarheid, as dit eenmaal gedruk is, sal staan, want dit is die waarheid vir die laaste dae; dit sal lewe, en in die toekoms sal daar nie soveel daaroor hoef gesê te word nie. Daar hoef nie ontelbare woorde op papier gedruk te word om iets te regverdig wat vir homself kan praat, en wat duidelik is nie. Die waarheid is reguit, duidelik, helder, en dit staan duidelik uit in sy selfverdediging; maar met dwaalleer is dit nie die geval nie. Dit is so krom en verdraaid dat daar baie woorde nodig is om dit te verduidelik in sy verdraaide vorm. Ek het gesien dat al die lig wat op sommige plekke ontvang is, uit die blad verkry is; dat siele die waarheid op daardie wyse gekry en dan met ander daaroor gepraat het, en dat daar op plekke groepe gelowiges ontstaan het deur hierdie stille boodskapper. Die blad was hulle prediker. Die saak van die waarheid moet nie vertraag word deur gebrek aan middele nie.EG 90.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents