Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 64—Die Skudding

    Ek het sommige sien pleit met God met sterk geloof en ernstige smeekbedes. Hulle gesigte was bleek en kommervol-tekens van ‘n inwendige stryd. Hulle het ernstig en vasberade gelyk; groot sweetdruppels het op hulle voorhoofde gestaan. So nou en dan is hulle aangesigte verlig deur tekens van Gods goedkeuring, en dan het hulle weer daardie ernstige, kommervolle houding aangeneem.EG 273.1

    Bose engele het om hulle vergader, en duisternis geskep om Jesus vir hulle oë te verberg, sodat hulle net die duisternis rondom hulle sou sien, en gelei kon word om God te wantrou en teen Hom te murmureer. Hulle enigste veiligheid was om na omhoog te kyk. Engele van God hou wag oor Sy volk, en toe die bose engele die giftige atmosfeer rondom hierdie beangste mense geskep het, het die hemelse engele gedurig met hulle vlerke oor hulle gewaai om die duisternis te verdryf.EG 273.2

    Waar hierdie bidders voortgegaan het met hulle smeekbedes, het daar by tye ‘n ligstraal van Jesus na hulle gekom, om hulle harte te bemoedig en hulle aangesigte te verlig. Sommige, het ek gesien, het nie deelgeneem aan die smeekbedes nie. Dit het gelyk of hulle onverskillig was en nie omgegee het nie. Hulle het nie geveg teen die duisternis rondom hulle nie, en dit het hulle in ‘n digte wolk omsluit. Die engele van God het hierdie mense verlaat, en diegene gaan help wat besig was om te bid. Ek het engele van God sien haas na almal wat met alle mag gestry het teen die bose engele, en wat geprobeer het om hulleself te help deur volhardend tot God te roep. Maar Sy engele het diegene verlaat wat geen poging gemaak het om hulleself te help nie, en ek het hulle nie meer gesien nie.EG 273.3

    Ek het die betekenis gevra van die skudding wat ek gesien het, en daar is aan my getoon dat dit veroorsaak is deur die onomwonde getuienis van die Waaragtige Getuie aan die Laodicense. Dit sal ‘n uitwerking hê op die hart van die ontvanger, en hom lei om die banier te verhoog en die onomwonde waarheid te verkondig. Sommige sal nie hierdie reguit getuienis aanneem nie; hulle sal daarteen in opstand kom, en dit is dit wat die skudding sal veroorsaak onder Gods volk.EG 273.4

    Ek het gesien dat die getuienis van die Waaragtige Getuie grotendeels veronagsaam is. Die ernstige getuienis wat so baie te doen het met die lotsbestemming van die kerk, is lig opgeneem indien nie heeltemal ver- onagsaam nie. Hierdie getuienis moet grondige bekering bewerkstellig; almal wat dit waarlik aanneem, sal dit gehoorsaam, en hulle sal gereinig word.EG 273.5

    Die engel het gesê, “Luister bietjie daar”Toe het ek ‘n stem gehoor soos van baie musiekinstrumente wat almal in harmonie bespeel is. Dit het die mooiste musiek wat ek nog ooit gehoor het, oortref-dit was so vol genade, barmhartigheid, en verheffende, heilige vreugde. Dit het deur my hele wese getril.Toe het die engel gesê,“Kyk daar!”EG 274.1

    My aandag is gevestig op die groep wat so geweldig geskud is. Ek het diegene gesien wat so smekende en in angs gebid het. Die afdeling engele wat hulle bewaak het, is verdubbel, en hulle het ‘n wapenrusting aangehad wat hulle van hulle hoof tot by hulle voete bedek het. Hulle het ordelik voortbeweeg, soos ‘n afdeling soldate. Hulle gelaat het die tekens getoon van die vreeslike stryd wat hulle deurgemaak het; nogtans het hulle gesigte, wat tekens getoon het van die kwaai, inwendige stryd, nou gestraal van die lig en heerlikheid van die hemel. Hulle het die oorwinning behaal, en dit het die grootste en heiligste vreugde aan hulle ontlok.EG 274.2

    Die aantal in die groep het verminder. Sommige van hulle is uitgeskud en langs die weg agtergelaat. Die onverskilliges, wat nie volhardend en smekend saam gebid het met diegene wat die oorwinning en die verlossing op prys gestel het nie, het dit nie verkry nie, en hulle is in duisternis agtergelaat; hulle plekke is dadelik ingeneem deur ander wat die waarheid aangeneem het. Bose engele het nog om hulle saamgepak, maar hulle het geen mag oor hulle gehad nie.EG 274.3

    Ek het diegene wat die wapenrusting aangehad het, die waarheid met groot krag hoor verkondig. Dit was doeltreffend. Baie was eers gebonde; sommige vroue deur hulle mans, en sommige kinders deur hulle ouers. Die opregtes wat eers belet was om die waarheid te hoor, het dit nou gretig aangeneem. Alle vrees vir hulle huisgenote was weg; alleen die waarheid was vir hulle van belang. Hulle het verlang en gedors na die waarheid; dit was vir hulle dierbaarder as die lewe self. Ek het gevra wat hierdie groot verandering teweeggebring het. Die engel het geantwoord:“Dit is die laat reën, die verkwikking van die aangesig van die Here, die luide geroep van die derde engel.”EG 274.4

    Daar het groot krag gerus op hierdie uitverkorenes. Die engel het gesê, “Kyk!”Toe is my aandag gevestig op die goddelose, of ongelowiges. Hulle was in rep en roer. Die ywer en krag wat die volk van God besiel het, het hulle woedend gemaak. Aan alle kante was daar verwarring. Ek het gesien dat daar maatreëls getref word teen die groep wat die lig en krag van God gehad het. Die duisternis rondom hulle het digter geword; maar hulle het pal gestaan, goedgekeur deur God, en vertrouende op Hom. Ek het gesien dat hulle bang word; toe het ek hulle baie ernstig tot God hoor roep. Hulle het dag en nag aangehou roep: “Laat U wil, O God, geskied! As dit U Naam kan verheerlik, voorsien tog ‘n uitweg vir U volk! Verlos ons van die heidene rondom ons. Hulle het besluit dat ons moet sterf; maar U arm kan ons red.” Dit is al woorde wat ek kan onthou. Dit het geskyn of almal hulle onwaardigheid gevoel het, en hulle het hulle volkome oorgegee aan die wil van God; maar, soos Jakob, het elkeen, sonder uitsondering, ernstig gesmeek en geworstel om uitredding.EG 275.1

    Kort ná hulle met hulle smeking begin het, wou die engele, in medelyde met hulle, gaan om hulle te verlos. Maar ‘n statige, bevelvoerende engel het hulle belet. Hy het gesê:“Die wil van God is nog nie volbring nie. Hulle moet die beker drink. Hulle moet gedoop word met daardie doop.”EG 275.2

    Eerlank het ek die stem van God gehoor wat die hemele en die aarde geskud het. Daar was ‘n groot aardbewing. Orals het geboue ineengestort. Toe het ek ‘n oorwinnings kreet gehoor; dit was kragtig en musikaal en helder. Ek het na die groep gekyk wat ‘n rukkie tevore in bande en in sulke ellende was. Hulle was verlos uit hulle gevangeskap. ‘n Heerlike lig het hulle beskyn. Hoe mooi het hulle toe gelyk! Al die tekens van kwelling en afmatting was weg, en gesondheid en skoonheid is gesien op elke gelaat. Hulle vyande, die heidene rondom hulle, het soos dooie mense neergeval; hulle kon die lig wat op die verloste heiliges geskyn het nie verduur nie. Hierdie lig en heerlikheid het op hulle gebly totdat Jesus in die wolke van die hemel gesien is, en die getroue, beproefde groep verander is in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, van heerlikheid tot heerlikheid. En die grafte is geopen, en die heiliges het voortgekom, beklee met die onsterflikheid, en roepende, “Die dood en die graf is oorwin;” en tesame met die lewende heiliges is hulle opgeneem, die Here tegemoet in die lug, en almal het met musikale stemme oorwinnend gejuig.EG 275.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents