Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Tekste Wat Op Die Kaartverskyn Het

    En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie. Lukas 1:20.EG 13.2

    Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wataan My behoort, en aan julle verkondig. Joh. 16:15.EG 13.3

    En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. Hand. 2:4.EG 13.4

    En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid U woord te spreek, deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van U heilige Kind Jesus plaasvind. En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek. Hand. 4:29-31.EG 13.5

    Moenie wat heilig is, vir die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie. Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en die wat soek, vind; en vir die wat klop, sal oopgemaak word. Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, vir hom ‘n klip sal gee? En as hy ‘n vis vra, vir hom ‘n slang sal gee’ As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes vir julle kinders te gee? hoeveel te meer sal julleVaderwat in die hemele is, goeie dinge gee vir die wat Hom bid! Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen-net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die Wet en die Profete.... Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Matt. 7:6-12,15.EG 14.1

    Want daar sal valse Christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkoreneste mislei. Matt. 24:24.EG 14.2

    Aangesien julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel in Hom, gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging. Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie. Kol. 2:6-8.EG 14.3

    Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n groot beloning het, nie weg nie. Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry. Want nog ‘n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie. Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie. Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoudenis van die siel. Heb. 10:35-39.EG 14.4

    Want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. Laat ons dan ons beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie. Want die woord van God is lewendig en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. Heb. 4:10-12.EG 14.5

    Omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;... alleenlik, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien, en of ek afwesig is, ekvan julle omstandighede kan hoordatjulle ineen gees vasstaan en, een van siel, saamstry vir die geloof van die evangelie, en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie. Dit is vir hulle wel ‘n bewys van verderf, maar vir julle van verlossing, en dit van God; omdat dit aan julle terwille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly. Filip. 1:26,27-29.EG 15.1

    Want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae. Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek onder ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld. Filip 2:13-15.EG 15.2

    Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lende met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem op die skild van die geloof waarmee julle al die vurige pylevan die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees-dit is die woord van God-terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking viral die heiliges. Efe. 6:10-18.EG 15.3

    Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het. Efe. 4:32. EG 15.4

    As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart. 1 Pet. 1:22.EG 16.1

    ‘n Nuwe gebod gee Ek vir julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het. Joh. 13:34,35.EG 16.2

    Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie-as julle tenminste nie verwerplik is nie! 2 Kor. 13:5.EG 16.3

    Volgens die genade van God wat my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie: dit is Jesus Christus. En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels-elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en elkeen se werk, hoedanig dit is, sal die vuur op die proef stel. 1 Kor. 3:10-13.EG 16.4

    Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. Hand. 20:28-30.EG 16.5

    Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander een is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai. Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees! Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees! Gal. 1: 6-9.EG 16.6

    Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word. En Ek sé vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie; maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: Vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom! Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie. Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Moet dan nie bang wees nie: julle is meer werd as baie mossies. Lukas 12:3-7.EG 16.7

    Want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie. Lukas 4:10,11.EG 17.1

    Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn-dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus. Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag mag wees van God en nie uit ons nie. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie; vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie. 2 Kor. 4:6-9.EG 17.2

    Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, werk vir ons uit ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. 2 Kor. 4:17,18.EG 17.3

    Wat in diekrag van God bewaar word deur die geloof tot die verlossing wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd. Daarin verheug julle jul, al word julle nou-as dit nodig is-vir ‘n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus. 1 Pet. 1:5-7.EG 17.4

    Want nou leef ons, as julle vas staan in die Here. 1 Thess. 3:8.EG 17.5

    En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. Markus 16:17,18.EG 17.6

    Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is; maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat. Dit het sy ouers gesê, omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het al ooreengekom dat as iemand Hom as die Christus bely, hy uit die sinagoge sou geban word. Daarom het sy ouers gesê: Hy is oud genoeg, vra hom. Hulle roep toe vir die tweede maal die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer-ons weet dat hierdie man ‘n sondaar is. En hy antwoord en sê:EG 17.7

    Of Hy ‘n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien. En hulle sê weer vir hom: Wat het Hy vir jou gedoen? Hoe het Hy jou oë geopen? Hy antwoord hulle: Ek het dit al vir julle gesê, en julle het nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie? Joh. 9:20-27.EG 18.1

    En watjulle ookal in My Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in My Naam vra, sal Ek dit doen. Asjulle My liefhet, bewaar My gebooie. Joh. 14:13-15.EG 18.2

    As julle in My bly en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê( en julle sal dit kry. Hierin is My Vader verheerlik, datjulle veel vrug dra;en julle sal My dissipels wees. Joh. 15:7,8.EG 18.3

    En daar was in hulle sinagoge ‘n man met ‘n onreine gees; en hy het uitgeskreeu en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus Nasarener? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U wie U is: die Heilige van God! En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! Markus 1: 23-25.EG 18.4

    Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie. Rom. 8:38,39.EG 18.5

    En skryf aan die leraar van die gemeente in Filadelfia: Dit sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie. Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie. Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg-Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het. Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar vir die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie. Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempe! van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees vir die gemeentes sê. Openb. 3:7-13.EG 18.6

    Dit is hulle wat hulself met vrouens nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam votg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam. En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God. Openb. 14:4,5.EG 19.1

    Want ons burgerskap is in die hemele vanwaar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus. Filip. 3:20.EG 19.2

    Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, omdat die wederkoms van die Here naby is. Jak. 5:7,8.EG 19.3

    Wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan Sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp. Filip. 3:21.EG 19.4

    Toe sien ek, en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof en in sy hand ‘n skerp sekel. En ‘n ander engel kom uit die tempel en roep met ‘n groot stem na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het. En hy wat op die wolk sit, het sy sekel op die aarde gegooi, en die aarde is afgemaai. En ‘n ander engel het uit die tempel gekom wat in die hemel is, en hy het ook ‘n skerp sekel gehad.Openb. 14:14-17.EG 19.5

    Daar bly dus ‘n Sabbatsrus oor vir die volk van God. Heb. 4:9.EG 19.6

    En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. Openb. 21:2.EG 19.7

    En ek het gesien, en kyk, daar staan die Lam op die berg Sion, en saam met hom honderd-vier-en-veertigduisend met sy Naam en die Naam van sy Vaderop hulle voorhoofde geskrywe. Openb. 14:1.EG 20.1

    En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies. En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en Sy diensknegte sal Hom dien. En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees. En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid. Openb. 22:1-5. EG 20.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents