Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 43—Die Hemelvaart Van Christus

    Dieganse hemel het gewag op die oorwinnings uurwanneer Jesus sou opvaar na Sy Vader. Engele het gekom om die Koning van heerlikheid te ontvang en Hom triomfantlik te begelei na die hemel. Nadat Jesus Sy dissipels geseën het, is Hy van hulle geskei en opgeneem. En op weg na omhoog is Hy gevolg deur die menigte gevangenes wat tydens Sy opstanding ook opgestaan het. ‘n Leërskare van die hemel was daar, terwyl daar in die hemel ‘n ontelbare menigte engele gewag het op Sy koms. Namate hulle opgestyg het na die Heilige Stad, het die engele wat Jesus begelei het, uitgeroep, “Hef op julle hoofde, O poorte, ja hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan”ln verrukking hetdié binne die stad uitgeroep, “Wie is dan die Erekoning?”EG 187.1

    Die begeleidende engele het geantwoord, “Die Here, sterk en geweldig, die Here geweldig in die stryd! Hef op julle hoofde, o poorte, ja hef op, ewige deure dat die Erekoning kan ingaan.” Weer het die wagtende engele gevra,“Wie is dan tog die Erekoning?”en die begeleidende engele het met soetklinkende stemme geantwoord, “Die Here van die leërskare—Hy is die Erekoning!” En die hemelse stoet het die Godstad binnegegaan.Toe het die leërskare van die hemel hulle majestueuse Aanvoerder omring, en in innige aanbidding voor Hom neergebuig en hulle skitterende krone aan Sy voete neergewerp. Daarna het hulle hul goue harpe bespeel en die pragtigste en heerlikste musiek het die ganse hemel vervul, en daar is lofliedere gesing aan die Lam wat geslag is, maar tog lewe in majesteit en heerlikheid.EG 187.2

    Terwyl die dissipels droefgeestig na bo gekyk het om nog ‘n laaste blik te werp op hulle opvarende Here, het twee engele in wit gekleed by hulle gestaan en gese,“Galilese manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.”Die dissipels, en die moeder van Jesus, wat ook die hemelvaart van die Seun van God gesien het, het die volgende nag deurgebring en Sy wonderdade bespreek, en die vreemde en heerlike dinge wat in daardie kort tydjie plaasgevind het.EG 187.3

    Die Satan het weer raad gehou met sy engele, en met bittere haat teen Gods regering het hy hulle meegedeel dat hulle, solank hy nog sy mag en gesag op die aarde behou, hulle pogings moes vertienvoudig teen die volgelinge van Jesus. Hulle het niks teen Christus vermag nie, maar hulle moet werk, om indien moontlik, Sy navolgers omver te gooi. In elke geslag moet hulle soek om diegene te verstrik wat in Jesus glo. Hy het aan sy engele vertel dat Jesus aan Sy dissipels mag gegee het om hulle te bestraf en hulle uit te werp, en diegene te genees wat deur hulle geteister word. Toe het die Satan se engele uitgegaan soos brullende leeus met die doel om Jesus se volgelinge te vernietig.EG 187.4

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents