Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 9—Die Laaste Plae En Die Oordeel

    By ‘n wêreld konferensie van gelowiges van die teenwoordige waarheid, gehou te Sutton, Vermont, in September 1850, is aan my getoon dat die sewe laaste plae uitgegiet sal word nadat Jesus die heiligdom verlaat het. Die engel het gesê, “Dit is die wraak van God en die Lam wat die vernietiging en dood van die goddelose veroorsaak. Wanneer die stem van God spreek sal die heiliges soos ‘n magtige leër met baniere wees, maar hulle sal nie die oordeel uitvoer wat opgeteken is nie. Die voltrekking van die vonnisse sal geskied aan die einde van die duisend jaar.”EG 45.1

    Nadat die heiliges verander is in onsterflikheid, en saam opgeneem is met Jesus, en nadat hulle hul harpe, klere, en krone ontvang en die stad binnegaan het, sal hulle saam met Jesus in die oordeel sit. Die boeke word geopen-die boek van die lewe en die boek van die dood. Die boek van die lewe bevat die goeie dade van die heiliges; en die boek van die dood bevat die bose dade van die goddelose. Hierdie boeke word dan vergelyk met die wetboek, die Bybel, en daarvolgens word die mense geoordeel. Saam met Jesus spreek die heiliges die vonnis uit oor die goddelose dode. “Sien jy,“het die engel gesê,” die heiliges, saam met Jesus, sit in die oordeel, en spreek vonnis uit oor die goddelose volgens die dade wat hulle in die liggaam gedoen het” en die vonnis wat oor elkeen voltrek moet word, word aangeteken teenoor hulle name.” Dit, het ek gesien, is die werk wat die heiliges saam met Jesus doen gedurende die duisend jaar in die Heilige Stad voordat dit op die aarde neerdaal. Dan, aan die einde van die duisend jaar, verlaat Jesus, saam met die engele en al die heiliges, die Heilige Stad, en terwyl Hy neerdaal na die aarde met hulle, word die goddelose dode opgewek, en dan sal daardie selfde manne wat Hom deursteek het en wat nou opgewek is, Hom van vêr sien in al Sy heerlikheid, vergesel van die engele en die heiliges, en hulle sal oor Hom rou bedryf. Hulle sal die spykermerke in Sy hande en voete sien, en ook waar hulle Hom met die spies in die sy gesteek het. Die merke van die spykers en die spies sal dan Sy heerlikheid wees. Dit is aan die einde van die duisend jaar dat Jesus op die Olyfberg sal staan, en die berg sal ‘n groot vlakte word. Diegene wat dan vlug, is die goddelose wat opgewek is. Dan kom die Heilige Stad af op die vlakte. Die Satan besiel nou die goddelose met sy eie gees. Hy sê aan hulle dat die leër binne die stad klein is, en dat sy leër groot is en dat hulle maklik die heiliges kan oorwin en die stad inneem.EG 45.2

    Terwyl die Satan besig was om sy leër aan te monster, was die heiliges binne die stad, besig om die prag en heerlikheid van die Paradys van God te besigtig. Jesus was aan hulle hoof en het hulle gelei. Skielik het die Heiland uit ons midde verdwyn, maar gou weer het ons Sy lieflike stem hoor sê, “Kom, julle geseëndes van My Vader, beërf die koninkryk wat vir julle toeberei is van die grondlegging van die wêreld af.” Ons het ons rondom Jesus geskaar, en net toe Hy die poorte van die stad gesluit het, is die vloek op die goddelose uitgespreek. Die poorte is gesluit.Toe het die heiliges met hulle vlerke tot bo-op die muur van die stad gevlieg. Jesus was ook by hulle; Sy kroon was blink en heerlik. Dit was krone op krone, sewe in getal. Die krone van die heiliges was van die reinste goud, versier met sterre. Hulle gesigte het gestraal van heerlikheid, want hulle was in die ewebeeld van Jesus; en toe hulle boontoe beweeg het, was dit ‘n verruklike skouspel.EG 46.1

    Toe het die goddelose gesien wat hulle verloor het, en daar is vuur van God op hulle geblaas en hulle is verteer. Dit was die uitvoering van die oordeel. Die goddelose het toe die straf ontvang wat die heiliges, in medewerking met Jesus, gedurende die duisend jaar bepaal het. Dieselfde vuur van God wat die goddelose verdelg het, het die hele aarde gereinig. Die gebroke, onreëlmatige berge het gesmelt van die hitte, ook die lug en al die strooi is verbrand.Toe het ons, ons erfdeel gesien, heerlik en pragtig, en ons het die hele nuwe aarde beërf. Met luide stem het ons almal uitgeroep, “Heerlik! Halleluja!”EG 46.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents