Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ervarings En Gesigte

    Op versoek van dierbare vriende het ek ingestem om ‘n kort beskrywing te gee van my ervarings en gesigte, hopende dat die nederige, gelowige kinders van die Here daardeur bemoedig en versterk sal word.EG 1.1

    Ek het op elfjarige leeftyd tot bekering gekom, en toe ek twaalf jaar oud was, is ek gedoop en het ek by die Metodiste Kerk aangesluit. Op dertienjarige leeftyd het ek William Miller se tweede reeks lesings gehoor in Portland, Maine.Toe het ek gevoel dat ek nie heilig was nie en nie gereed om Jesus te sien nie. Toe daar ‘n uitnodiging gerig is aan kerklede, en aan sondaars, om na vore te kom vir gebed, het ek gebruik gemaak van die eerste geleentheid, want ek het geweet dat daar ‘n groot werk vir my gedoen moes word om my geskik te maak vir die hemel. My siel het gedors na die volle en vrye saligheid, maar ek het nie geweet hoe om dit te verkry nie.EG 1.2

    In 1842 het ek die tweede-adventbyeenkomste in Portland, Maine, altyd bygewoon, en ek het ten volle geglo dat die Here sou kom. Ek het gehonger en gedors na die volle saligheid en om Gods wil volkome te gehoorsaam. Dag en nag het ek gestreef om hierdie kosbare skat te verkry wat al die rykdom van die aarde nie kan koop nie.Terwyl ek besig was om te bid vir hierdie seën, is daar aan my voorgestel dat ek moes gaan bid in ‘n openbare biduur. Daar ek nog nooit in die openbaar gebid het nie, het ek daarvoor teruggedeins; ek was bang dat ek deurmekaar sou raak. Elke keer wanneer ek in die geheim gaan bid het, is die plig om in die openbaar te bid aan my voorgehou totdat ek later nie meer gebid het nie; dit het my swaarmoedig gemaak, en eindelik wanhopig.EG 1.3

    Ek het vir drie weke in hierdie gemoedstoestand verkeer, sonder dat ‘n enkele ligstraal die donker wolke om my deurboor het. Toe het ek twee drome gehad wat my weer ‘n bietjie lig en hoop gegee het. 1Mevrou White is op 26 November 1827 te Gorham, Maine, gebore. Daarna het ek die saak openhartig met my godvresende moeder bespreek. Sy het aan my gesê dat ek nie verlore was nie, en sy het my aangeraai om Broeder Stockman wat destyds in Portland vir die Adventmense gepreek het, te gaan raadpleeg. Ek het groot vertroue in hom gehad, want hy was ‘n toegewyde en geliefde dienaar van Christus. Sy woorde het my weer hoop gegee. Ek is huis toe en het weer die aangesig van die Here gesoek, en het belowe om enigiets te doen en te ly as ek maar net die glimlag van Jesus kon win. Dieselfde plig is my weer voorgehou. Daardie aand sou daar ‘n biduur wees; ek het dit bygewoon; toe ander kniel om te bid, het ek ook bewend gekniel, en nadat twee of drie gebid het, het ek ook, byna sonder dat ek dit weet, begin bid, en die beloftes van God was vir my soos kosbare pêrels wat mens kan kry deur slegs daarom te vra. Onderwyl ek gebid het, het die groot las en siele-angs wat ek so lank gevoel het, my verlaat, en die seën van God het soos heerlike dou op my gekom. Ek het God geloof vir wat ek gesmaak het, maar het na meer verlang. Ek kon nie tevrede wees voordat ek vervul was met die volheid van God nie. ‘n Onuitspreeklike liefde virJesus het my siel vervul. Golf na golf van heerlikheid het oor my gerol totdat my liggaam verstyf het. Ek was afgesluit van alles behalwe Jesus en heerlikheid, en ek het niks geweet van wat rondom my aangegaan het nie.EG 1.4

    Ek het vir ‘n lang tyd in hierdie liggaamlike en geestelike toestand gebly, en toe ek besef wat daar rondom my was, het dit geskyn of alles verander het. Alles het heerlik en nuut gelyk, asof alles geglimlag en God geloof het .Toe was ek gewillig om Jesus orals te bely. Vir ses maande het geen donker wolk my verstand verduister nie. My siel het daeliks die heerlike verlossing ingedrink. Ek het gedink dat diegene wat Jesus liefhet ook Sy koms sou liefhê, en ek het gegaan na die diens en hulle vertel wat Jesus vir my gedoen, en watter volheid ek geniet het deur te glo dat die Here sou kom. Die leier het my in die rede geval en gesê, “Deur Metodisme;” maar ek kon nie die eer aan Metodisme gee nie daar dit Christus en die hoop op Sy spoedige koms was wat my vrygemaak het.EG 2.1

    Die meeste van my vader se familie het geglo in die wederkoms, en omdat ons daarvoor getuig het, is sewe van ons op ‘n dag uit die Metodiste Kerk verban. In daardie tyd was die volgende woorde van die profeet baie vertroostend vir ons: “Julle broers, julle haters wat julle verstoot om My Naam ontwil, sê: Laat die Here heerlik word, dat ons julle vreugde kan aanskou! Maar hulle sal beskaamd staan!” Jes. 66: 5.EG 2.2

    Van daardie tyd af tot Desember 1844 was my vreugde, beproewings, en teleurstellings soos dié van my dierbare adventvriende rondom my. Destyds het ek een van ons advent sustersbesoek, en smórens het ons huis godsdiens gehou. Daar was slegs vyf van ons teenwoordig-almal vroue. Terwyl ek besig was om te bid, het die krag van God op my gekom soos nog nooit tevore nie. Ek het ‘n gesig van Gods heerlikheid gesien, en dit het geskyn asof ek al hoër en hoër bokant die aarde gestyg het, en aan my is iets getoon omtrent die reis van die Adventgelowiges na die Heilige Stad, soos ek nou sal beskryf.EG 2.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents