Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 5—Skudding Van Die Kragte Van Die Hemele

    Op 16 Desember 1848 het die Here my ‘n gesig iaat sien van die skudding van die kragte van die hemel. Ek het gesien dat wanneer die Here sê “hemele”in die beskrywing van die tekens in Mattheus, Markus, en Lukas, dan bedoel Hy die hemele; en wanneer Hy sê”aarde,“dan bedoel Hy die aarde. Die kragte van die hemele is die son, maan, en sterre. Hulle voer heerskappy in die hemele. Die kragte van die aarde, is diegene wat op die aarde regeer. Die kragte van die hemel sal geskud word deur die stem van God. Die son, maan, en sterre sal uit hulle plekke verskuif word. Hulle sal nie vergaan nie, maar hulle sal geskud word deur die stem van God.EG 31.1

    Swaar, donker wolke het saamgepak en teen mekaar gebots. Die lug het oopgegaan en toe kon ons ‘n oop plek in die Drie Konings sien vanwaar die stem van God gekom het. Die Heilige Stad sal deur daardie oop plek kom. Ek het gesien dat die kragte van die aarde nou geskud word en dat die gebeurtenisse in hulle orde volg. Oorloë, gerugte van oorloë, die swaard, hongersnood en pessiektes is die eerste om die magte van die aarde te skud, daarna sal die stem van God die son, maan, en sterre skud, en hierdie aarde ook. Ek het gesien dat die skudding van die kragte in Europa nie die skudding van die kragte van die hemele is soos sommige leer nie, maar dit is die skudding van die toornige nasies. EG 31.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents