Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 31—Gods Gawe Aan Die Mens

    Ek is gewys op die neerbuigende liefde van God in die gawe van Sy Seun om te sterf sodat die mens vergifnis mag verkry en lewe. Ek het Adam en Eva gesien wat die prag en heerlikheid van dieTuin van Eden bewoon het, en van al die bome van die tuin kon eet, behalwe een. Maar die slang het Eva versoek, en sy het haar man versoek, en albei van hulle het van die verbode boom geëet. Albei van hulle het Gods gebod oortree, en hulle het sondaars geword. Die nuus het deur die hemel versprei, en elke harp het stil geword. Die engele het getreur, en hulle was bevrees dat Adam en Eva nog eens hulle hande sou uitsteek en van die boom van die lewe sou eet om so onsterflike sondaars te word. Maar God het gesê dat Hy die oortreders uit die tuin sou verdryf, en Hy het gerubs met ‘n vlammende swaard die boom van die lewe laat bewaak, sodat die mens dit nie kon bykom om van die vrugte te eet wat hulle vir ewig aan die lewe sou hou nie.EG 127.1

    Droefheid het die hemel vervul toe daar besef is dat die mens verlore is, en dat die wêreld wat God geskape het, vervul sou word met mense wat gedoem is tot ellende, siekte, en die dood, en dat daar geen uitkomkans was vir die oortreder nie. Die hele nageslag van Adam moes sterf. Toe het ek die lieflike Jesus gesien, en daar was ‘n uitdrukking van medelyde en verdriet op Sy gelaat. Eerlank het ek Hom die helder lig sien nader wat die Vader omhul. Die engel by my het gese, “Hy is in ernstige gesprek met Sy Vader.”Terwyl Jesus met die Vader gespreek het, het die engele in groot angs en spanning verkeer. Driemaal was Hy omsluit deur die heerlike lig wat die Vader omring het, en die derde maal wat Hy van die Vader af gekom het, kon ons Sy persoon sien. Sy gelaat was kalm, sonder enige teken van verbystering of moeilikheid, en dit het gestraal van ‘n lieflikheid wat nie in woorde beskryf kan word nie. Toe het Hy aan die engelekoor bekendgemaak dat daar ‘n uitweg gevind is vir die verlore mensdom, dat Hy met die Vader gepleit en Sy toestemming verkry het om Sy eie lewe te gee as losprys vir die mensdom, om hulle sondes te dra, en die doodvonnis self te ondergaan, om sodoende ‘n weg te open waardeur die mens, deur die verdienstes van Sy bloed, vergifnis van sonde kan verkry, en deur gehoorsaamheid teruggebring kan word na die tuin waaruit hulle verjaag is. Dan sal hulle weer toegang hê tot die heerlike, onverganklike vrug van die boom van die lewe, alle reg waartoe hulle nou verbeur het.EG 127.2

    Toe het vreugde, onbeskryflike vreugde, die hemel vervul, en die hemelse koor het ‘n lied van lof en aanbidding gesing. Hulle het hulle harpe bespeel, en nog ‘n noot hoër gesing as wat ooit tevore gesing is, ten gevolge van die groot genade en die neerbuigende liefde van God om Sy geliefde Seun te gee om te sterf vir ‘n geslag van rebelle. Toe het lof en aanbidding weergalm vir die selfverloëning en opoffering van Jesus deur Sy toestemming om die boesem van Sy Vader te verlaat om te kom ly en sterf om so die lewe aan ander te gee.EG 128.1

    Die engel het gevra, “Dink jy dat die Vader Sy geliefde Seun gegee het sonder ‘n groot stryd? O, nee!” Dit was vir God baie moeilik om te besluit of Hy die skuldige mensdom sou laat vergaan, en of Hy Sy dierbare Seun sou gee om vir hulle te sterf. Die engele het so belanggestel in die redding van die mens dat daar onder hulle diegene was wat hulle heerlikheid en lewe sou opgegee het vir die verlore mens. “Maar,” het die engel by my gesê, “dit sou niks gebaat het nie.” Die oortreding was so groot dat die lewe van ‘n engel nie die skuld sou kon betaal het nie. Alleen die dood en intrede van Gods Seun kon die skuld betaal en die mens verlos uit die hopelose verdriet en ellende.EG 128.2

    Maar die werk wat aan die engele gegee is, was om van die hemel neer te daal op die aarde, en van die aarde weer op te vaar met versterkende balsem van heerlikheid om die Seun van God te vertroos in Sy lewe van lyde. Hulle het Hom gedien. Verder was dit hulle werk om diegene wat die genade aangeneem het, te beskerm teen die bose engele en die duisternis wat die Satan gedurig versprei. Ek het gesien dat dit onmoontlik was vir God om Sy wet te verander om die verlore mensdom te red; daarom het Hy Sy geliefde Seun toegelaat om te sterf vir die mens se oortredings.EG 128.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents