Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 23—Kerk-Moeilikhede *Uit die Review, 11 Augustus 1853.

    Geagte Broeders En Susters: Namate dwaalleer toeneem, behoort ons te strewe om wakker te wees in die saak van God, en om die erns van ons tyd te besef. Duisternis sal die aarde bedek en groot donkerheid die mense. En daar byna almal rondom ons bedek is met die groot duisternis van dwaalleer en bedrog, noop dit ons om die doodsheid af te skud, en naby God te lewe, sodat ons van Hom goddelike ligstrale kan ontvang, en heerlikheid van die aangesig van Jesus. Namate die duisternis en die dwaalleer toeneem, behoort ons ‘n vollediger kennis van die waarheid te verkry om in staat te wees om ons standpunt in verband met die Skrifte te handhaaf.EG 99.1

    Ons moet geheilig word deur die waarheid, heeltemal toegewy aan God, en ons behoort ons heilige belydenis so uit te lewe dat die Here meer lig op ons kan laat skyn en ons kan versterk met Sy krag. Elke oomblik wat ons nie waak nie, loop ons gevaar om deur die vyand aangeval, en deur die magte van die duisternis oorwin te word. Die Satan beveel sy engele om wakker te wees, en almal omver te werp wat hulle maar kan; hulle moet die boesemsonde en swakhede van almal ken, en moet hulle met duisternis omhul, sodat hulle nie waaksaam sal wees nie, en ‘n weg sal inslaan wat die saak sal onteer wat hulle voorgee om lief te hê, om so droefheid in die kerk te bring. Die siele van hierdie misleide en agterlosige mense word al donkerder, en die lig van die hemel verlaat hulle. Hulle kan nie hulle boesem sondes ontdek nie, en die Satan span sy net vir hulle en hulle word in sy strikke gevang.EG 99.2

    God is ons sterkte. Ons moet na Hom opsien om wysheid en leiding; en met die oog op Sy heerlikheid, die welsyn van die kerk, en die redding van ons eie siele, moet ons, ons boesem sondes oorwin. As indiwidue behoort ons daarna te strewe om elke dag ‘n nuwe oorwinning te behaal. Ons moet leer om alleen te staan, en volkome op God te steun. Hoe eerder ons dit leer hoe beter. Elkeen moet uitvind wat sy swakhede is, en dan moet hy getrou waak dat sy sondes hom nie oorwin nie; hy moet die oorwinning oor hulle behaal. Dan sal ons vrymoedigheid teenoor God hê, en die kerk sal gevrywaar word teen baie moeilikhede.EG 99.3

    Wanneer die boodskappers van God hulle huise verlaat om vir die redding van siele te gaan werk, bestee hulle baie van hulle tyd aan arbeid vir diegene wat jare al in die waarheid is, maar wat nog swak is omdat hulle die leisels gelos het en opgehou het om te waak; soms dink ek ook dat hulle die vyand versoek om hulle te versoek. Hulle beland in die een of ander onbenullige moeilikheid of beproewing, en dan moet die dienaars van die Here hulle tyd verkwis om hulle te besoek. Ure, en soms dae, van hulle tyd word verkwis, en hulle siele word gegrief en seergemaak deur die geklets oor nietige moeilikheidjies en beproewings wat as baie groot voorgestel word uit vrees dat die dienaars van God miskien sal dink dat die saak te nietig is vir ernstige aandag. Liewer as om te verwag dat die dienaars van die Here hulle uit hierdie moeilikhede moet help, moet hulle hulleself voor die Here verootmoedig en vas en bid totdat die beproewings verwyder is.EG 99.4

    Sommige dink dat al rede waarom die Here Sy boodskappers in die veld geroep het, is om deur hulle gehiet en gebied te word, en om in die arms gedra te word; hulle dink dat die belangrikste werk wat hierdie boodskappers het, is om nietige moeilikheidjies uit die weg te ruim-beproewings wat hulle op hulleself gebring het deur ‘n onverstandige handelwyse, in te gee vir die vyand, en deur ‘n onverdraagsame, vitterige gees te openbaar teenoor diegene rondom hulle. En wat van die hongerige skape in hierdie tyd? Hulle ly honger vir die brood van die lewe. Diegene wat die waarheid ken en daarin bevestig is, maar wat: dit nie gehoorsaam nie-as hulle dit gedoen het, sou hulle nie in so baie moeilikhede beland het nie-hou die boodskappers besig, en die doel waarvoor God hulle in die veld geroep het, word nie bereik nie. Die dienaars van God word gegrief en hulle word ontmoedig deur sulke dinge in die kerk, wanneer dit die strewe van almal behoort te wees om nie hulle laste swaarder te maak nie, maar hulle te help met woorde van bemoediging en gebede van geloof. Hoeveel vryer sou hulle nie wees nie as almal wat die waarheid bely daarna sou strewe om ander te help, pleks van self aanspraak te maak op soveel hulp. Soos sake nou staan, wanneer die dienaars van God donker plekke binnedring waar die waarheid nog nie verkondig is nie, gaan hulle verwond in die gees deur die onnodige beproewings van hulle broeders. En daarbenewens moet hulle nog te staan kom teen die ongeloof en vooroordeel van die teenstanders, sommige van wie op hulle trap.EG 100.1

    Hoe makliker sou dit vir hulle wees om harte te bereik, en hoe meer sou dit God verheerlik, as Sy dienaars vry was van ontmoediging en beproewings, sodat hulle met ‘n vry gees die waarheid in sy skoonheid kon verkondig? Diegene wat skuldig was dat hulle soveel werk van die dienaars van God geëis het, en wat laste op hulle gelê het om moeilikhede uit die weg te ruim wat hulle self uit die weg moes geruim het, sal aan God rekenskap moet gee vir al die tyd en middele wat bestee is om hulle tevrede te stel, en ook die vyand. Hulle behoort in staat te wees om hulle broeders te help. Hulle moet nie hulle moeilikhede en beproewings as las laai op die hele vergadering nie, of wag dat van die boodskappers dit vir hulle uit die weg moet ruim nie; hulle moet sake self voor God regmaak; hulle moeilikhede uit die weg ruim, en gereed wees om die hande van die werkers te sterk, liewer as om hulle te verswak.EG 101.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents