Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 44—Die Dissipels Van Christus

    Met groot krag het die dissipels ‘n gekruisigde en verrese Saligmaker verkondig.Tekens en wonders is deur hulle gedoen in die Naam van Jesus; siekes is gesond gemaak; en ‘n man wat van sy geboorte af kreupel was, is genees, en saam met Petrus en Johannes het hy die tempel binnegegaan terwyl hy loop en spring en God prys voor al die mense. Die nuus het versprei, en die mense het rondom die dissipels begin vergader. Baie het saamgedrom, verbaas oor die genesing wat geskied het.EG 189.1

    Toe Jesus gesterf het, het die priesters gedink dat daar nie meer wonderwerke onder hulle sou geskied nie, dat die opwinding sou afneem, en dat die mense hulle weer sou wend na die tradisies van mense. Maar nee! onder hulle het die dissipels nou wonders gedoen, en die mense is met verbasing vervul. Hulle het Jesus gekruisig, en nou het hulle gewonder waar Sy navolgers hierdie krag vandaan gekry het. Hulle het gedink dat Hy, terwyl Hy nog gelewe het, die. krag aan hulle gegee het; maar hulle het verwag dat die wonderwerke ná Sy dood sou ophou. Petrus het hulle verbystering gesien en aan hulle gesê, “Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy wandel? Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het Sy Kind Jesus verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus verloën het toe hy besluit het om Hom los te laat. En julle het die Heilige en Regverdige verloën en gevra dat ‘n moordenaar aan julle sou geskenk word, en die Leidsman tot die lewe het julle doodgemaak. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuie is. En deur die geloof in Sy Naam het Sy Naam hierdie man wat julle sien en ken, sterk gemaak.”EG 189.2

    Die owerpriesters en ouderlinge kon nie hierdie woorde verdra nie, en op hulle bevel is Petrus en Johannes gegryp en in die gevangenis gewerp. Maar duisende het tot inkeer gekom en is gelei om te glo in die opstanding en hemelvaart van Christus, nadat slegs een preek deur die dissipels gelewer is. Die priesters en ouderlinge was verontrus. Hulle het Jesus om die lewe laat bring sodat die aandag van die mense op hulle gevestig kon word; maar nou was die saak baie erger as voorheen. Hulle is deur die dissipels openlik daarvan beskuldig dat hulle die moordenaars van die Seun van God was, en hulle kon nie vasstel in watter mate hierdie dinge mag toeneem, of watter houding die mense teenoor hulle sou inneem nie. Hulle sou baie graag vir Petrus en Johannes om die lewe wou bring, maar uit vrees vir die volk wou hulle dit nie waag nie.EG 189.3

    Die apostels is die volgende dag voor die raad gebring. Daardie einste manne wat so bitsig geroep het om die bloed van die Regverdige was daar. Hulle het gehoor hoe Petrus sy Here met ‘n eed verloën het toe hy beskuldig is dat hy ook een van Sy dissipels was, en hulle het gehoop om hom weer die skrik op die lyftejaag. Maar Petrus hettot bekering gekom, en nou het hy ‘n kans gesien om die klad uit te wis van daardie lafhartige verloëning, en die Naam te verhoog wat hy onteer het. Met heilige onverskrokkenheid, en in die krag van die Gees, het hy sonder vrees aan hulle gesê: Dit is”deur die Naam van Jesus Christus die Nasarener wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hier - die man gesond voor julle staan. Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ‘n hoeksteen geword het. “En die verlossing is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.”EG 190.1

    Die mense was verbaas oor die vrymoedigheid van Petrus en Johannes, en het hulle as metgeselle van Jesus herken, want hulle onverskrokkenheid was soos die van Jesus toe Hy voor Sy vyande gestaan het. Deur een aanblik van droefheid en medelyde, het Jesus Petrus bestraf toe hy Hom verloën het, en nou, waar hy sy Here sonder vrees bely het, het Petrus Sy goedkeuring en seën ontvang. As teken van die goedkeuring van Jesus, is hy vervul met die Heilige Gees.EG 190.2

    Die priesters kon dit nie waag om die haat te openbaar wat hulle gekoester het teenoor die dissipels nie. Hulle het hulle beveel om die raad te verlaat, en toe het hulle met mekaar beraadslaag en gesê, “Wat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar ‘n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie.” Hulle was bang dat die nuus omtrent hierdie goeie daad onder die mense bekend moes word. As dit algemeen bekend sou word, het die priesters gevoel dat hulle hulle eie mag sou verloor, en hulle sou beskou word as die moordenaars van Jesus. Al wat hulle dus kon waag om te doen, was om die apostels te dreig en hulle te beveel om op straf van die dood nie langer te spreek in die Naam van Jesus nie. Maar Petrus het onverskrokke gesê dat hulle nie anders kon as om die dinge te verkondig wat hulle gesien en gehoor het nie.EG 190.3

    Deur die krag van Jesus het die dissipels voortgegaan om die siekes te genees wat na hulle toe gebring is. Honderde het hulle daeliks geskaar onder die banier van die gekruisigde en verrese Heiland wat na die hemel opgevaar het. Die priesters en ouderlinge, en diegene wat saam met hulle gewerkhetwasverontrus.Weerhethulledieapostelsnadiegevangenisteruggestuur, hopende dat die opwinding sou bedaar. Die Satan en sy engelewas baie bly; maar die engele van God het die tronkdeure oopgemaak, en, in weerwil van die bevel van die hoëpriesters en ouderlinge, het hulle die apostels beveel, “Gaan heen, staan en vertel in die tempel aan die volk al die woorde van hierdie lewe.”EG 191.1

    Die raad het weer vergader en gestuur vir hulle gevangenes. Die dienaars het die tronkdeure oopgemaak, maar diegene wat daar in moes gewees het, was nie daar nie. Hulle is terug na die priesters en ouderlinge, en het gesê, “Die gevangenis het ons in alle sekerheid toegesluit gevind, en die wagters het buite gestaan voor die deure; maar toe ons oopmaak, kry ons niemand daarbinne nie.”Toe kom daar een “en bring hulle berig en sê: Kyk, die manne wat julle in die gevangenis gesit het, staan in die tempel en leer die volk. Daarop gaan die hoofman met die dienaars en bring hulle, maar nie met geweld nie, uit vrees vir die volk dat hulle gestenig kon word. Hulle het hulle dan gebring en voor die raad gestel; en die hoëpriester het hulle gevra en gesê: Het ons juJle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie man op ons bring.”EG 191.2

    Hierdie Joodse leiers was huigelaars; hulle het die lof van mense liefgehad meer as wat hulle God liefgehad het. Hulle harte is so verhard dat die magtigste werke deur die apostels hulle net woedend gemaak het. Hulle het geweet dat as die dissipels Jesus sou verkondig, Sy kruisiging, opstanding, en hemelvaart, sou dit die skuld by hulle tuisbring as Sy moordenaars. Hulle was nou nie meer so gewillig dat die bloed van Jesus op hulle moet kom nie as toe hulle so bitsig uitgeroep het, “Laat Sy bloed op ons en ons kinders kom.”EG 191.3

    Onbevrees het die apostels verklaar dat hulle God liewer as mense behoort te gehoorsaam. Petrus het gesê, “Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang. Hom het God as ‘n Leidsman en Verlosser deur Sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk. En ons is Sy getuie van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.” By die aanhoor van hierdie woorde was daardie moordenaars gebelg, en hulle het besluit om weer eens hulle hande met bloed te bevlek deur die apostels dood te maak. Hulle het planne beraam om dit te doen, toe ‘n engel van God in die hart van Gamaliël gewerk het om die volgende raad aan die priesters en owerstes te gee:“Bly af van hierdie manne en laat hulle staan; want as hierdie voorneme of hierdie werk uiï mense is, sai die y word maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie, dat dit nie miskien gevind word dat julle selfs teen God stry nie.” Bose engele het gewerk in die harte van die priesters en ouderlinge om die apostels te dood; maar God het Sy engel gestuur om dit te belet deur onder die Joodse leiers iemand op te rig wat sou intree vir Sy dienaars. Die werk van die apostels was nog nie klaar nie. Hulle sou nog voor konings gebring word om te getuig vir die Naam van Jesus en van die dinge wat hulle gesien en gehoor het.EG 191.4

    Onwillig het die priesters hulle gevangenes vrygelaat, nadat hulle geslaan en beveel is om nie meer in die Naam van Jesus te spreek nie.”Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir Sy Naam oneer te ly. En hulle het nie opgehou nie om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.”So hetdie Woord van God gegroei en vermenigvuldig. Diedissipels het sonder vrees getuig van die dinge wat hulle gesien en gehoor het, en deur die Naam van Jesus het hulle magtige wonderwerke gedoen. Onverskrokke het hulle diegene wat so gewillig was dat die bloed van Jesus maar op hulle kon kom, beskuldig dat hulle Sy moordenaars was.EG 192.1

    Ek het gesien dat engele van God opdrag ontvang het om die belangrike waarhede te bewaar wat sou dien as anker vir die dissipels van Christus in elke geslag. Die Heilige Gees het op spesiale wyse gerus op die apostels wat getuies was van ons Heiland se kruisiging, opstanding, en hemelvaart-belangrike waarhede wat die hoop van Israel sou wees. Almal moes hulle hoop vestig in die Verlosser van die wêreld as hulle enigste hoop, en wandel in die weg wat Hy geopen het deur die gawe van Sy eie lewe, en hulle moes Gods wet hou en iewe. Ek het die wysheid en goedheid van Jesus gesien in die krag wat Hy aan die dissipels gegee het om dieselfde goeie werk voort te sit waarvoor Hy gehaat en om die lewe gebring is deur die Jode. In Sy Naam het hulle mag gehad oor die werke van die Satan. ‘n Stralekrans van lig en heerlikheid het die tyd gekenmerk van Jesus se dood en opstanding, en het die heilige waarheid verewig dat Hy die Verlosser van die wêreld is.EG 192.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents