Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 30—Valse Herders

    Aan my is getoon dat die valse herders dronk is, maar nie van wyn nie; hulle waggel, maar nie ten gevolge van sterk drank nie. Die waarheid van God is vir hulle verseël; hulle kan dit nie lees nie. Wanneer hulle gevra word wat die sewende-dag Sabbat is, en of dit die ware Sabbat van die Bybel is, dan lei hulle die mense na fabels. Ek het gesien dat hierdie profete soos die jakkalse van die woestyn is. Hulle het nie in die bresse getree nie; hulle het nie die heinings herstel sodat die volk van God kan staan in die stryd van die dag van die Here nie. Wanneer die gemoedere oor die saak gaande gemaak is, en mense hierdie valse herders begin vra aangaande die waarheid, gebruik hulle die maklikste en beste argument om hulle doel te bereik en die gemoedere van die wat navra te stil, al moet hulle dan hulle eie stellings verander om dit te kan doen. Die lig het geskyn op baie van hierdie herders, maar hulle wou dit nie aanneem nie, en hulle moes baiekeer hulle stellings verander om die waarheid te ontduik en weg te kom van die gevolgtrekkings waartoe hulle gedryf sou gewees het as hulle hul eerste stelling sou verdedig het. Die krag van die waarheid het hulle fondamente verpletter, maar pleks dat hulle dit aangeneem het, het hulle ander stellings ingeneem waarmee hulle self nie tevrede was nie.EG 123.1

    Ek het gesien dat baie van hierdie herders die leer van Gods Woord in die verlede verwerp het; hulle het die heerlike waarhede geloën en verwerp wat hulle eers so ywerig verkondig het, en hulle het hulleself met mesmerisme en allerhande misleidings bedek. Ek het gesien dat hulle dronk is van dwaalleer, en besig is om hulle kuddes na die dood te voer. Baie van die teenstanders van Gods waarheid lê snags verkeerde dinge en uitdink, en bedags voer hulle hul bose planne uit om die waarheid te bestry, en om iets nuuts voort te bring om die belangstelling van die mense in beslag te neem en hulle aandag af te trek van die kosbare en allerbelangrikste waarheid.EG 123.2

    Ek het gesien dat die priesters wat hulle kuddes na die dood lei, eerlank gestuit sal word in hulle vreeslike werk. Die plae van God is aan kom, maar dit sal nie genoeg wees vir hierdie valse herders om met een of twee van hierdie plae gepynig te word nie. Gods hand sal in daardie tyd uitgestrek wees in toorn en in regverdigheid, en Hy sal dit nie weer intrek aleer Sy doel ten volle bereik is, en die huurling-priesters gebring is om aan die voete van die heiliges te aanbid, en te erken dat God huile liefgehad het omdat hulle die waarheid vasgehou en Gods gebooie gehou het nie.EG 123.3

    Die verskillende partye onder die belydende Adventiste gelowiges het almal ‘n bietjie waarheid, maar God het al hierdie waarhede aan Sy kinders gegee wat voorberei word vir die dag van God. Hy het ook aan hulle waarhede gegee wat nie een van die ander partye ken nie, en ook nie sal verstaan nie. Dinge wat vir hulle verseël is, het die Here oopgestel vir diegene wat wil sien, en wat gereed is om te verstaan. As God enige nuwe lig het om ons mee te deel, sal Hy Sy uitverkorenes en geliefdes dit laat verstaan sonder dat dit vir hulle nodig sal wees om hulle verstand te laat verlig deur diegene te hoor wat in duisternis en dwaling is.EG 124.1

    Aan my is getoon dat dit nodig is vir diegene wat glo dat ons die laaste genadeboodskap het, om hulleself af te skei van diegene wat daagliks nuwe dwalinge indrink. Ek het gesien dat nog oud nog jonk hulle vergaderings moet bywoon; want dit is verkeerd om hulle op hierdie manier aan te moedig terwyl hulle dwaalleer verkondig wat ‘n dodelike vergif is vir die siel, en die gebooie van mense as leerstellings voorhou. Die invloed van sulke byeenkomste is nie goed nie. As God ons verlos het van sulke duisternis en dwalings, behoort ons onwrikbaar te staan in die vryheid waarmee Hy ons vrygemaak het, en ons te verbly in die waarheid. Ons behaag die Here nie wanneer ons na dwaalleer gaan luister wanneer ons nie verplig is om te gaan nie; want tensy Hy ons na sulke byeenkomste stuur waar dwaalleer afgedwing word op die mense deur blote wilskrag, sal Hy ons nie bewaar nie. Die engele sal ons nie daar beskerm nie, en ons sal aan die genade van die vyand oorgelaat wees om verswak te word deur hom en sy bose engele; en die lig rondom ons sal besoedel word met die duisternis.EG 124.2

    Ek het gesien dat ons geen tyd het om te verkwis deur na fabels te luister nie. Ons gedagtes moet nie so afgetrek word nie, maar moet besig gehou word met die teenwoordige waarheid, en met soek na wysheid sodat ons meer kennis kan verkry ten opsigte van ons standpunt, en dat ons in nederigheid in staat mag wees om ‘n rede vir ons hoop te gee uit die Skrifte. Terwyl valse leerstellings en gevaarlike dwalings afgedwing word, kan die hart hom nie besig hou met die waarheid wat die huis van Israel sal berei om te kan staan in die dag van die Here nie. EG 124.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents