Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 51—Die Dood Is Nie Die Ewige Lewe In Pyniging Nie

    Die Satan het sy bedrog in Eden begin. Aan Eva het hy gesê, Julle sal gewis nie sterwe nie.” Dit was die Satan se eerste les oor die onsterflikheid van die siel, en hy het hierdie bedrog van daardie tyd af voortgesit tot vandag toe, en hy sal dit voortsit totdat Gods kinders uit die gevangenis vrygestel is. My aandag is gevestig op Adam en Eva in Eden. Hulle het van die verbode boom geëet, en toe is die vlammende swaard rondom die boom van die lewe geplaas, en hulle is uitgedryf uit die tuin sodat hulle nie miskien van die boom van die lewe eet en onsterflike sondaars word nie. Die vrug van daardie boom sou die onsterflikheid verewig. Ek het ‘n engel hoor vra:“Wie van die gesin van Adam het verby daardie vlammende swaard gekom en van die boom van die lewe geëet?”Toe het ek ‘n ander engel hoor antwoord, “Nie een van die gesin van Adam het verby daardie vlammende swaard gekom en geëet van daardie boom nie; daarom is daar ook nie ‘n enkele onsterflike sondaar nie.” Die siel wat sondig sal ‘n ewigdurende dood sterf-‘n dood waaruit daar geen opstanding sal wees. nie; en dan sal die wraak van God bevredig word.EG 215.1

    Dit is vir my ‘n wonder dat die Satan so goed daarin geslaag het om die mens te laat glo dat die woorde van God: “Die siel wat sondig, die moet sterwe,” beteken dat die siel wat sondig nie sal sterwe nie( maar in ewigheid inellende sal lewe. Die engel hetaan my gesê,“Lewe is lewe”of dit in pyniging of in geluksaligheid is. Die dood is sonder pyn, sonder vreugde, sonder haat.”EG 215.2

    Die Satan het sy engele beveel om ‘n spesiale poging aan te wend om die leuen te versprei wat eerste aan Eva in Eden vertel is, “Julle sal gewis nie sterwe nie.” En namate die mense die leuen aangeneem het, en hulle gelei is om te glo dat die mens onsterflik is, het die Satan hulle gelei om te glo dat die sondaar in ewige pyniging sal voortlewe. Toe is die weg vir die Satan berei om deur sy verteenwoordigers te werk, en God aan die mense voor te hou as ‘n wraaksugtige tiran-iemand wat almal in die hel dompel wat Hom mishaag en hulle vir altyd Sy wraak laat voel; en terwyl hulle daar in die vlamme in die grootste foltering verkeer, word Hy voorgestel as toeskouer wat Hom in hulle lyding verlustig. Die Satan het geweet dat as hierdie dwaling aangeneem word, sou daar vele wees wat God sou haat pleks dat hulle Hom liefhet en aanbid; en ook dat baie daartoe sal kom om te glo dat die dreigemente van Gods Woord nie letterlik vervul sal word nie, want dit sou indruis teen Sy goedgunstigheid en liefde om die wesens wat Hy geskape het in ewige pyn te dompel.EG 215.3

    ‘n Ander uiterste waartoe die Satan mense gelei het, was om heeltemal die geregtigheid van God oor die hoof te sien, en ook die dreigemente in Sy Woord, en om Hom voor te stel as ‘n geheel en al genadige wese wat niemand sal laat verlore gaan nie, en dat almal, sowel heiliges as sondaars, uiteindelik in Sy koninkryk gered sal word.EG 216.1

    Ten gevolge van die algemene dwalings oor die onsterflike siel in ewige pyniging, wend die Satan hom weer tot ‘n ander klas wat hy beweeg om die Bybel te beskou as ‘n Boek wat nie geïnspireer is nie. Hulle neem aan dat dit baie goeie dinge leer, maar hulle meen dat hulle nie daarop kan staatmaak en dit nie kan liefhê nie omdat hulle geleer is dat dit ewige pyniging leer.EG 216.2

    Daar is ‘n ander klas wat die Satan nog verder verlei, selfs om die bestaan van God te loën. Hulle glo dat die karakter van die God van die Bybel inkonsekwent is as Hy dan ‘n deel van die mensdom deur die ewigheid heen op ‘n verskriklike wyse sal folter. Daarom loën hulle die Bybel en sy Ingewer, en hulle beskou die dood as ‘n ewige slaap.EG 216.3

    Daar is nog ‘n ander klas wat vreesagtig is. Die Satan verlei hulle tot sonde, en nadat hulle gesondig het, hou hy aan hulle voor dat die loon van die sonde nie die dood is nie, maar lewe in die vreeslikste foltering wat onverpoos deur die ewigheid sal duur. Deur aan hulle swak verstand die afgryslikheid van ‘n ewige hel voor te hou, beheers hy hulle verstand, en hulle word kranksinnig. Dan is die Satan en sy engele bly, en ongelowiges en godloënaars vul die geledere aan van diegene wat die Christelike geloof smaad. Hulle beweer dat hierdie euwels die natuurlike gevolge is van geloof in die Bybel en sy Ingewer, terwyl hulle in werklikheid die uitvloeisel is van die aanname van hierdie algemene dwaling.EG 216.4

    Ek het gesien dat die leërskare van die hemel verontwaardig was oor hierdie vermetele werk van die Satan. Ek het gevra waarom toegelaat word dat al hierdie bedrog die verstand van mense beinvloed, terwyl die engele van God magtig is, en, as hulle net die opdrag kry, die mag van die vyand maklik kon breek. Toe het ek gesien dat God geweet het dat die Satan al sy lis sou gebruik om die mens te vernietig; daarom het Hy Sy Woord laat skryf, en het Hy Sy doel met die menslike geslag so duidelik gestel dat selfs die swakstes onder hulle nie hoef af te dwaal nie. Nadat Hy Sy Woord aan die mens gegee het, het Hy dit sorgvuldig bewaar van vernietiging deur die Satan of sy engele, of deur enige van sy werktuie en verteenwoordigers. Ander boeke mag tot niet gaan, maar hierdie een sal vir ewig bly. En naby die einde van tyd, wanneer die Satan sy verleidings sal verskerp, sal dit vermenigvuldig word sodat almal wat dit verlang ‘n eksemplaar kan kry en hulle daardeur kan bewapen teen die bedrieërye en leuenagtige wonders van dieSatan.EG 216.5

    Ek het gesien dat God die Bybel op spesiale wyse bewaak het; maar toe daar nog maar min eksemplare was, het geleerde mense in sommige gevalle die woorde verander, menende dat hulle dit daardeur sou verduidelik, terwyl hulle inderwaarheid dinge wat reeds duidelik was, vervaag het, omdat hulle beínvloed is deur hulle eie sienswyses, geput uit die oorlewering. Maar ek het gesien dat die Woord van God, as geheel, ‘n volmaakte ketting is, waarin die een deel by die ander inskakel en dit verduidelik. Opregte soekers na die waarheid hoef nie te dwaal nie; want nie alleen is die Woord van God duidelik en eenvoudig in sy verklaring van die weg van die lewe nie, maar die Heilige Gees is gegee om ons te lei in die weg van die lewe wat daarin geopenbaar is.EG 217.1

    Ek het gesien dat die engele van God nooit die wil sal beheers nie. God stel voor die mens die lewe en die dood, en hy self moet kies. Daar is baie wat die lewe begeer, maar hulle hou aan om in die breë weg te wandel. Hulle verkies om teen Gods regering te rebelleer, ten spyte van Sy groot genade en ontferming in die gawe van Sy Seun om vir hulle te sterf. Diegene wat verkies om nie die saligheid aan te neem wat so duur vir hulle gekoop is nie moet gestraf word. Maar ek het gesien dat die Here hulle nie in die hel sal opsluit om vir ewig gepynig te word nie; Hy sal hulle ook nie na die hemel neem nie; want as Hy hulle in die geselskap sou bring van wesens wat rein en heilig is, sou dit hulle baie miserabel maak. Maar Hy sal hulle volkome vernietig sodat hulle sal wees asof hulle nooit bestaan het nie; dan sal Sy regverdigheidsin bevredig wees. Hy het die mens gemaak uit die stof van die aarde, en ongehoorsames en onheiliges sa! deur vuur verteer word en weer tot stof vergaan. Ek het gesien dat die goedheid en barmhartigheid van God in hierdie saak almal sal lei om Sy karakter te bewonder en Sy heilige Naam te aanbid. Nadat die goddelose van die aarde vernietig is, sal die ganse leërskare van die hemel uitroep,“Amen!”EG 217.2

    Die Satan beskou met groot tevredenheid diegene wat die Naam van Christus bely, maartog vaskleefaan die bedrog wat by hom ontstaan het. Hy lê hom daarop toe om steeds nuwe bedrieërye uit te dink, en sy krag en lis in hierdie verband neem altyd toe. Hy het sy verteenwoordigers, die pouse en priesters, gelei om hulleself te verhef, en om die mense op te wek om diegene wat nie sy bedrieërye wil aanneem nie, bitter te vervolg en te dood. O, die lyding en angs wat die dierbare volgelinge van Christus moes verduur! Die engele het alles getrou opgeteken. Die Satan en sy bose engele het die engele wat hierdie lydende heiliges bedien het, triomfantlik meegedeel dat hulle almal doodgemaak sou word, sodat daar nie een enkele ware Christen op die aarde sal oorbly nie. Ek het gesien dat die kerk van God destyds rein was. Daar was geen gevaar dat mense met bedorwe harte daarin sou kom nie; want die opregte Christen wat dit gewaag het om vir sy geloof te getuig, was in gevaar van die pynbank, die brandstapel, en elke denkbare soort marteling wat die Satan en sy bose engele kon uitdink, of in die hart van die mens kon ingee.EG 218.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents