Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 46—Die Bekering Van Saulus

    Terwyl Saulus op weg was na Damaskus met magtigings briewe om manne en vroue wat Jesus verkondig het, gevange te neem en hulle in boeie na Jerusalem te bring, het die bose engele rondom hom hulle verbly. Maar skielik het daar ‘n lig uit die hemel om hom geskyn, dit het die bose engele laat vlug, en hy het op die grond neergeval. Hy het ‘n stem hoor sê, “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” Saulus het gevra: “Wie is U, Here?” en die Here het geantwoord:“Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.” Saulus, bewende en verbaas, het geantwoord, “Here, wat wil U hê, moet ek doen?” En die Here het hom geantwoord: “Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.”EG 197.1

    Die manne wat by hom was, het spraakloos gestaan; hulle het ‘n stem gehoor, maar niemand gesien nie. Toe die lig: verdwyn het, en Saulus van die grond af opstaan en sy oë oopmaak, kon hy niemand sien nie. Die heerlikheid van die hemelse lig het hom verblind. Hulle het hom toe aan die hand gelei en na Damaskus gebring; daar was hy vir drie dae blind, en gedurende daardie tyd het hy nie geëet of gedrink nie.Toe het die Here een van Sy engele gestuur na een van die einste manne wat Saulus gehoop het om gevange te neem, en aan hom is in ‘n gesig geopenbaar dat hy moes gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en daar moes hy “vra in die huis van Judas na ‘n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid; en hy het in ‘n gesig ‘n man met die naam van Ananias sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.”EG 197.2

    Ananias het gevrees dat daar moontlik ‘n fout in hierdie saak kon wees, en hy het aan die Here begin vertel wat hy van Saulus gehoor het. Maar die Here het aan hom gesê, “Gaan, want hy is vir My ‘n uitverkore werktuig om My Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel. Want Ek sal hom toon hoeveel hy vir My Naam moet ly.” Ananias het die opdrag uitgevoer, die huis binnegegaan, en sy hande op Saulus gelê en gesê,“Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.”EG 197.3

    Saul kon onmiddellik weer sien, en hy het opgestaan en is gedoop. Daarna het hy in die sinagoges geleer dat Jesus waarlik die Seun van God was. Almal wat hom gehoor het, was verbaas en hulle het gevra:“ls hy nie die man wat in Jerusalem uitgeroei het die wat hierdie Naam aanroep, en hier gekom het met die doel om hulle geboeid na die owerpriesters te bring nie?” Maar Saul het steeds kragtiger getuig en die Jode in verwarring gebring. Nou was hulle weer in die moeilikheid. Almal was bekend met Saul se weerstand teen Jesus, en die ywer waarmee hy almal wat in Sy Naam geglo het, opgesoek en in die dood oorgelewer het; en sy wonderbaarlike bekering het vele oortuig dat Jesus die Seun van God is. Saul het van sy ervaring getuig in die krag van die Heilige Gees. Hy het vertel hoe hy die mense tot die dood toe vervolg het; hoe hy manne en vroue geboei en in die gevangenis oorgelewer het, en hoe daar op die pad na Damaskus skielik ‘n helder lig uit die hemel hom omstraal het en Jesus Homself aan hom geopenbaar het en hom oortuig het dat Hy die Seun van God is.EG 197.4

    Waar Saul Jesus so sonder vrees verkondig het, het hy ‘n magtige invloed uitgeoefen. Hy het ‘n kennis van die Skrifte gehad, en na sy bekering het ‘n goddelike lig die profesieë aangaande Jesus verlig, sodat hy duidelik en vrymoedig die waarheid kon voorstel, en wys hoe die Skrifte verdraai is. Met die Gees van God op hom het hy op duidelike en kragtige wyse verwys na die profesieë wat betrekking het op Christus se eerste koms, en hulle daarop gewys dat die Skrifte vervul is wat Sy lyde en dood en opstanding beskryf.EG 198.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents