Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 10—Die Einde Van Die 2,300 Dae

    Ek het ‘n troon gesien, en daarop het die Vader en die Seun gesit. Ek het Jesus se aangesig aanskou, en is bekoor deur Sy lieflikheid. Die Vader se persoon kon ek nie sien nie, want ‘n wolk van heerlike lig het Hom omhul. Ek het Jesus gevra of die Vader ‘n vorm soos syne het; Hy het geantwoord, Ja, maar dat ek dit nie kon aanskou nie, want, het Hy gesé, “as jy die heerlikheid daarvan aanskou, sal jy sterf.” Voor die troon het ek die advent volk gesien-die kerk en die wêreld. Ek het twee groepe gesien, die een groep het hulle voor dietroon neergebuig met die grootste belangstelling, terwyl die ander groep sonder belangstelling en onverskillig gestaan het. Diegene wat voor die troon neergebuig het, het gebid en het na Jesus gekyk. Op Sy beurt het Hy na die Vader gekyk, en dit het gelyk of Hy met Hom gepleit het.Toe het daar ‘n lig van die Vader op die Seun geskyn, en van die Seun op die biddende groep. Toe weer het ek ‘n baie helder lig van die Vader sien kom op die Seun, en van die Seun het dit geskyn oor die mense voor die troon. Maar daar was min wat hierdie groot lig wou aanneem. Baie het hulle onder die lig uit verwyder en dit dadelik begin teenstaan; ander was onverskillig en het nie die lig gewaardeer nie, en dit het van hulle af weggegaan. Sommige het die lig gekoester, en het gaan neerkniel saam met die biddende groep. Almal in hierdie groep het die lig aangeneem en hulle daarin verbly, en hulle aangesigte het gestraal van die heerlikheid daarvan.EG 47.1

    Ek het die Vader sien opstaan van die troon, 1Sien bladsy 81. en met ‘n wa van vuur is Hy na die allerheiligste plek, binnekant die voorhangsel, en daar het Hy gaan sit.Toe het Jesus van die troon af opgestaan, en die meeste van diegene wat daar neergekniel was, het saam met Hom opgestaan. Ek het nie een ligstraal van Jesus sien gaan na die onverskillige menigte nadat Hy opgestaan het nie, en hulle is in volkome duisternis gelaat. Diegene wat opgestaan het saam met Jesus, het hulle oe op Hom gevestig gehou toe Hy die troon verlaat het, en Hy het hulle ‘n entjie gelei.Toe het Hy Sy regterarm opgelig, en ons het Sy lieflike stem hoor sê,“Wag hier; Ek gaan na My Vader om die koninkryk te ontvang; bewaar julle klere vlekkeloos, en binne ‘n kort rukkie sal ek van die bruilof af terugkom en julle tot My neem.” Toe het daar ‘n wolke-wa met wiele soos vlammende vuur, omring van engele, gekom tot waar Jesus was. Hy het in die wa geklim en is geneem na die allerheiligste plek, waar die Vader sit. Daar het ek Jesus, die groot hoëpriester, sien staan voor die Vader. Op die soom van Sy kleed was ‘n klokkie en ‘n granaat, ‘n klokkie en ‘n granaat. Diegene wat saam met Jesus opgestaan het, het hulle geloof tot Hom laat ingaan in dieallerheiligste plek en gebid, “My Vader, gee ons U Gees.” En dan het Jesus die Heilige Gees op hulle geblaas. In daardie asem was lig, krag, en baie liefde, vreugde,en vrede.EG 47.2

    Ek het my omgedraai om te kyk na die groep wat nog voor die troon gekniel het; hulle het nie geweet dat Jesus dit verlaat het nie. Dit het geskyn of die Satan daar by die troon was en geprobeer het om Gods werk voort te sit. Ek het gesien dat hulle na die troon kyk en bid, “Vader, gee ons U Gees!” Dan het die Satan op hulle ‘n onheilige invloed geblaas; daarin was veel lig en krag, maar nie soete liefde en vreugde en vrede nie. Die Satan se doel was om hulle steeds te bedrieg en om die kinders van God terug te trek en te verlei.EG 48.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents