Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 17—Gebed En Geloof

    Ek het dikwels gesien dat die kinders van die Here gebed verwaarloos, veral gebed in die binnekamer word maar te dikwels versaak; vele openbaar nie daardie geloof wat dit hulle voorreg en plig is om te hê nie, en hulle wag dikwels vir daardie gevoel wat alleenlik kan ontstaan deur die geloof. Gevoel is nie geloof nie; die twee is heeltemal afsonderlik. Geloof moer deur ons beoefen word, maar die gevoel van vreugde en die seën moet van God kom. Die genade van God kom in die siel deur die kanaal van ‘n lewende geloof, en daardie geloof is iets wat ons moet beoefen.EG 69.1

    Ware geloof neem die beloofde seen aan en eien dit toe nog voordat dit verwesenlik en gevoel word. Ons moet ons versoeke in geloof opstuur tot binnekant die tweede voorhangsel, en ons geloof moet die beloofde seën aanneem en toeëien. Dan moet ons glo dat ons die seën verkry, omdat ons geloof dit aangeneem het, en op grond van die woord is dit ons s'n. “Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.”Markus 11:24. Hier is geloof, die naakte geloof, naamlik om te glo dat ons die seën ontvang het, nog voordat ons dit werklik het. Wanneer ons die beloofde seën het, en dit geniet, dan het die geloof oorgegaan in aanskouing. Maar daar is baie persone wat meen dat hulle groot geloof het wanneer hulle ‘n groot mate van die Heilige Gees het, en dat hulle nie geloof kan he tensy hulle die krag van die Gees voel nie. Hulle verwar geloof met die seën wat verkry word deur die geloof. Juis wanneer ons voel dat ons die Gees nie het nie, dan is dit die tyd om geloof te beoefen. Wanneer dit skyn of donker wolke oor die gemoed saampak, dan is dit die tyd om lewende geloof die duisternis te laat deurdring om die wolke te verjaag. Ware geloof berus in die beloftes van Gods Woord, en alleen diegene wat die Woord gehoorsaam, kan die heerlike beloftes aanneem.”As julle in My bly en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.” Joh. 15:7. “En wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons Sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.”EG 69.2

    Ons behoort baie te bid in die binnekamer. Christus is die wynstok, ons is die lote. As ons wil groei en voorspoedig wees, moet ons gedurig sap en voeding ontvang van die Lewende Wynstok; want geskei van die Wynstok sal ons geen krag hê nie.EG 69.3

    Ek het aan die engel gevra waarom daar nie baie meer geloof en krag in Israel was nie. Hy het geantwoord, “Julle los die arm van die Here te gou. Dring met julle versoeke deur tot die troon, en hou vas deur ‘n sterk geloof. Die belofte staan vas. Glo dat julle die dinge ontvang wat julle vra, en julle sal dit verkry.” Toe is ek gewys op Elia. Hy was onderworpe aan dieselfde swakhede as ons, en hy het ernstig gebid. Sy geloof het die beproewing deurstaan.Tot sewe maal toe het hy die Here gebid, en eindelik is die wolk gesien. Ek het gesien dat ons twyfel aan die vaste beloftes, en dat ons die Here seermaak deur ons gebrek aan geloof. Die engel het gesê, “Trek die wapenrusting aan( en sorg dat julle die skild van die geloof neem, want dit sal die hart-die lewe-beskerm teen die vurige pyle van die bose.” As die vyand die wat neerslagtig is kan beweeg om hulle oë van Jesus af te wend, en op hulleself te vestig en te dink aan hulle eie onwaardigheid liewer as om op die verdienstes van Christus en Sy liefde en Sy groot genade staat te maak, sal hy hulle skild van geloof wegneem en sy doel bereik; dan sal hulle blootgestel wees aan sy vurige versoekings. Die swakkes moet daarom hulle oë op Jesus gevestig hou, in Hom glo, en dan hulle geloof beoefen.EG 70.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents