Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 8—Aan Die Klein Kudde

    LIEWE BROEDERS: Op 26 Januarie 1850 het die Here my ‘n gesig gegee wat ek sal vertel. Ek het gesien dat sommige van die kinders van die Here dwaas en half aan die slaap is; hulle besef nie die erns van die tyd waarin ons nou lewe nie, en dat die man met die ‘stofbesem’ 1Sien “William Miller se Droom,” bladsy 72. gekom het en dat sommige gevaar loop om weggevee te word. Ek het die Here gesmeek om hulle te red, om hulle nog langer te spaar, en hulle hul groot gevaar te laat sien sodat hulle kan klaarmaak voordat dit vir ewig te laat is. Die engel het gesê, “Die verwoesting kom soos ‘n magtige stormwind.” Ek het die engel gesmeek om barmhartig te wees en diegene te red wat hierdie wêreld liefhet( wat geheg is aan hulle goed en onwillig is om daarvan op te offer om die boodskappers vinnig op hulle weg te stuur ten einde die hongerige skape te voed wat besig is om te vergaan weens gebrek aan geestelike voedsel.EG 41.1

    Toe ek sien hoedat arme siele sterf weens gebrek aan die teenwoordige waarheid, en dat sommige wat voorgee om die waarheid te glo hulle maar laat sterf het deur die nodige middele vir die voortsetting van Gods werk terug te hou, was die skouspel vir my te pynlik, en ek het die engel gevra om dit voor my weg te neem. Ek het gesien dat hulle, toe die saak van God ‘n deel van hulle besittings vereis het, soos die jongman wat na Jesus gekom het (Matt. 19:16-22) bedroef weggegaan het, en dat ‘n groot ramp soos ‘n vloed al hulle besittings sal wegvoer, en dan sal dit te laat wees om hulle aardse goed op te offer en skatte in die hemel weg te lê.EG 41.2

    Toe het ek die heerlike Verlosser, pragtig en lieflik, die glorieryke oord sien verlaat, en na hierdie donker en eensame wêreld sien kom om Sy dierbare lewe te gee en te sterf; die Regverdige vir die onregverdiges. Hy het die smaad en geseling verduur, die doringkroon gedra, en groot druppels bloed in die tuin gesweet terwyl die sondelas van die hele wêreld op Hom gedruk het. Die engel het gevra, “Waarvoor?” 0, ek het gesien en geweet dat dit vir ons was; dat Hy vir ons sondes dit alles gely het, dat Hy ons deur Sy kosbare bloed kon loskoop vir God!EG 41.3

    Toe is diegene weer aan my getoon wat onwillig was om hulle wêreldse goed te verkoop om verlore gaande siele te red deur die waarheid aan hulle te stuur terwyl Jesus nog voor die Vader staan en Sy bloed, en lyde, en dood vir hulle pleit, en terwyl Gods boodskappers nog gewag het, gereed om die reddende waarheid na hulle te bring sodat hulle verseël kan word met die seël van die lewende God. Dit is moeilik vir sommige wat voorgee om die teenwoordige waarheid te glo, om selfs so min te doen as om aan die boodskappers Gods eie geld te gee wat Hy aan hulle, as Sy rentmeesters, geleen het.EG 41.4

    Die lyde van Jesus, Sy liefde wat so groot was dat dit Hom beweeg het om Sy lewe vir die mensdom te gee, is weer aan my voorgehou; ook die lewens van diegene wat voorgee om Sy navolgers te wees, wat hierdie wêreld se goed gehad het, maar te verknog daaraan was om die saak van die evangelie te help. Die engel het gevra, “Kan sulke mense hemel toe gaan?” ‘n Ander engel hét geantwoord, “Nee, nooit, nooit, nooit. Diegene wat nie belangstel in die saak van God op die aarde nie, sal nooit daarbo die lied van verlossende liefde kan sing nie.” Ek het gesien dat die spoedige werk wat die Here op die aarde besig is om te doen, eerlank verkort sou word in geregtigheid, en dat die boodskappers vinnig moet gaan om die verstrooide kudde te gaan opsoek. Die engel het gevra, “ls almal boodskappers?” Toe het ‘n anderengel geantwoord, “Nee, nee;Gods boodskappers het ‘n boodskap.”EG 42.1

    Ek het gesien dat die saak van God oneer aangedoen is deur sommige wat reis, maar geen boodskap van God het nie. Hulle sal aan God moet rekenskap gee van elke dollar wat hulle bestee het aan reise waarvoor daar geen nodigheid was nie, want daardie geld kon gebruik gewees het om diesaakvanGod te bevorder;en siele is uitgehongeren hetgesterfweens gebrek aan die geestelike voedsel wat Gods gekose boodskappers hulle sou kon gegee het. Ek het gesien dat diegene wat krag het om met hulle hande te werk om die saak te help onderhou, net so verantwoordelik gehou sal word vir hulle krag as die ander vir hulle besittings.EG 42.2

    Die groot skudding het begin en dit sal voortgaan, en almal sal uitgeskud word wat nie gewillig is om onverskrokke en onwrikbaar vir die waarheid te staan, en opofferings te maak vir God en Sy saak nie. Die engel het gesê, “Dink jy dat enigeen verplig sal word om op te offer? Nee, nee; die offers moet vrywillig geskied. Dit sal alles neem om die saailand te koop.” Ek het God gesmeek om Sy volk te spaar, want sommige van hulle het swak geword en was sterwende.Toe het ek gesien dat die oordele van God spoedig sal kom, en ek het die engel gesmeek om in sy taal tot die mense te spreek. Hy het geantwoord, “Al die donders en blitse van die Berg Sinai sal nie diegene beweeg wat nie beweeg kan word deur die duidelike waarhede van Gods Woord nie, en ‘n boodskap van ‘n engel sal hulle ook nie wakker skud nie.”EG 42.3

    Toe het ek die skoonheid en lieflikheid van Jesus gesien. Sy kleed was witter as die witste wit. Geen woorde kan die heerlikheid van Sy skoonheid beskryf nie. Almal, almal wat die gebooie van God hou, sal deur die poorte in die stad gaan en sal reg hê op die boom van die lewe en altyd in die teenwoordigheid van die heerlike Jesus wees wie se aangesig helderder skyn as die middagson.EG 43.1

    Ek is gewys op Adam en Eva in Eden. Hulle het van die verbode boom geëet en is uit die tuin verdryf, en toe is die boom van die lewe met ‘n vlammende swaard bewaak sodat hulle nie van die vrugte kon eet en onsterflike sondaars word nie. Die doel met die boom van die lewe was om die onsterflikheid te verewig. Ek het die engel hoor vra,“Wie van die gesin van Adam het by die vlammende swaard verbygekom en van die boom van die lewe geëet?”Toe het ek ‘n ander engel hoor antwoord, “Nie een van Adam se gesin het by die vlammende swaard verbygekom en van daardie boom geëet nie; dus is daar ook nie ‘n onsterflike sondaar nie. Die siel wat sondig sal ‘n ewige dood sterf-‘n dood wat altyd sal duur, en waaruit daar geen hoop op ‘n opstanding sal wees nie; en dan sal die wraak van God bevredig wees.EG 43.2

    “Die heiliges sal in die Heilige Stad rus, en hulle sal soos konings en priesters vir ‘n duisend jaar regeer; daarna sal Jesus met die heiliges neerdaal op die Olyfberg; die berg sal plat en ‘n groot vlakte word vir die Paradys van God om op te rus. Die res van die aarde sal gereinig word eers aan die einde van die duisend jaar, wanneer die goddelose dode opgewek sal word en die stad sal omsingel. Die voete van die goddelose sal nooit die nuwe aarde verontheilig nie. Vuur sal van God uit die hemel neerdaal en hulle verteer-dit wil sê hulle sal wortel en tak verbrand word. Die Satan is die wortel, en sy kinders is die  takke. Dieselfde vuur wat die goddelose verdelg sal ook die aarde reinig.” EG 43.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents