Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Eerste Geskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 41—Die Kruisiging Van Christus

    Die Seun van God is aan die mense oorgelewer om gekruisig te word; met oorwinnings krete het hulle die liefdevolle Heiland weggelei. Hy was swak en uitgeput deur die pyn, die géseling, die verlies van bloed, en die slae wat Hy ontvang het; en nogtans is die swaar kruis waaraan Hy eerlank gekruisig sou word, op Sy skouers gelê. Jesus het beswyk onder die las. Driemaal is die kruis op Hom gelê, en driemaal het Hy flou neergesak. Een van Sy volgelinge-‘n man wat nie openlik sy geloof in Christus bely het nie, maar wat tog in Hom geglo het, is beveel om die kruis te dra. Dit is op hom geplaas, en hy het dit gedra na die plek. In die lug bokant die plek was daar afdelings engele. ‘n Aantal van Christus se dissipels het Hom na Golgota gevolg, met droefheid en bitter geween. Hulle het gedink aan Sy triomfantlike intog in Jerusalem ‘n klein rukkie tevore, toe hulle Hom gevolg en uitgeroep het,“Hosanna in die hoogste hemele!”en hulle klere, en palmtakke voor Hom gesprei het. Hulle het gemeen dat Hy toe die koninkryk sou neem en as tydelike vors oor Israel sou regeer. Maar hoe het die toneel verander! Hoe is hulle hoop verpletter! Nie met blydskap nie en nie met blye hoop nie, maar met harte vol vrees en wanhoop het hulle Hom gevolg wat nou so verneder was en eerlank sou sterf.EG 173.1

    Die moeder van Jesus was daar. Haar hart was deurboor met angs soos ‘n liefdevolle moeder dit alleen kon voel; maar saam met die dissipels het sy nog gehoop dat Christus Homself deur ‘n magtige wonderwerk sou bevry van Sy moordenaars. Die gedagte dat Hy sou toelaat dat hulle Hom kruisig, was vir haar te veel. Maar die reëlings is getref, en Jesus is op die kruis uitgestrek. Die hamer en die spykers is gebring.EG 173.2

    Die harte van die dissipels het binne-in hulle beswyk. Die droefheid van die moeder van Jesus was ondraaglik. Voordat die Heiland aan die kruis genael is, het die dissipels haar van die toneel weggedra, sodat sy nie kon hoor hoe die spykers deur die bene en spiere van Sy hande en voete geslaan word nie. Jesus het nie gekla nie, maar Hy het gekreun van pyn. Sy gelaat was bleek, en groot druppels sweet het op Sy voorhoof gestaan. Die Satan het hom verheug in die lyde wat die Seun van God moes verduur, maar tog het hy gevrees dat sy pogings om die verlossingsplan te laat misluk tevergeefs was, dat sy koninkryk verlore was, en dat hy uiteindelik sou vernietig word.EG 173.3

    Nadat Jesus aan die kruis genael is, is dit opgetel en in die gat laat sak wat daarvoor gegrawe is; dit het die vlees van Jesus verder geskeur en verskriklike pyn veroorsaak. Om die dood van Jesus nog skandeliker te maak, is twee diewe saam met Hom gekruisig-een aan elke kant. Die diewe is met geweld geneem na baie weerstand van hulle kant; hulle arms is teruggedruk en vasgespyker. Maar Jesus het Hom nie teëgesit nie. Dit was nie nodig om Sy arms terug te druk op die kruis nie. Terwyl die diewe die laksmanne gevloekhet, het die Heiland in pyn virSy vyandegebid, “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Dit was nie slegs liggaamlike foltering wat Christus gely het nie; die sondes van die hele wêreld is op Hom gelê.EG 174.1

    Terwyl Jesus daar aan die kruis gehang het, het sommige van die verbygangers Hom gesmaad; hulle het hulle hoofde gebuig soos vir ‘n koning, en vir Hom gesê, “U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!” Die Satan het dieselfde woorde gebesig teen Christus in die woestyn -“As U die Seun van God is.” Die owerpriesters en ouderlinge en skrifgeleerdes het spottend gesê,“Ander het Hy gered, Homself kan Hy nie red nie. As Hy die Koning van Israel is, laat Hy nou van die kruis afkom, en ons sal in Hom glo.” Die engele wat gesweef het oor die toneel van Christus se kruisiging was verontwaardig toe die owerstes spottend aan Hom gesê het, “As Hy die Seun van God is, laat Hy Homself verlos.”Hoe het hulle gewens dat hulle Jesus kon red, maar hulle is nie toegelaat om dit te doen nie. Die doel van Sy sending was nog nie vervul nie.EG 174.2

    Terwyl Jesus deur daardie lang ure van foltering aan die kruis gehang het, het Hy nie Sy moeder vergeet nie. Sy het teruggekom na daardie vreeslike toneel, want sy kon nie langer van haar seun af wegbly nie. Die laaste les van Jesus was een van ontferming en menslikheid. Hy het die droewige gelaat van Sy moeder aangekyk, en toe het Hy gekyk na Sy geliefde dissipel Johannes. Aan Sy moeder het Hy gesê,”,Vrou, daar is jou seun!”En toe het Hy aan Johannes gesê,“Daar is jou moeder!” En van daardie uur af het Johannes haar in sy huis geneem.EG 174.3

    In Sy foltering het Jesus dors gekry, en hulle het Hom asyn met gal gemeng, gegee om te drink; maar toe Hy daaraan geproe het, wou Hy dit nie hê nie. Die engele het die lyde gesien van hulle geliefde Aanvoerder totdat hulle dit nie langer meer kon uithou nie, en hulle het hulle aangesigte bedek van die skouspel. Die son het geweier om te kyk na daardie vreeslike toneel. Jesus het met ‘n groot stem geroep wat die harte van Sy moordenaars laat sidder het, “Dit is volbring!”Toe is die voorhangsel van die tempel geskeur van bo tot onder; die aarde het gebewe, en die rotse is losgeskeur. Daar was groot duisternis oor die aarde. Dit het geskyn of die laaste hoop van die dissipels weggeveeg is toe Jesus gesterf het. Baie van Sy navolgers was teenwoordig by die toneel van Sy lyde en dood, en hulle beker van droefheid was vol.EG 174.4

    Die Satan was nie toe so bly soos hy eers was nie. Hy het gehoop om die verlossingsplan te laat misluk; maar die grondslag daarvan was te heg. En nou, deur die dood van Christus, het hy geweet dat hy self ook uiteindelik sal moet sterf, en sy koninkryk aan Jesus gegee sal word. Hy het beraadslaag met sy engele. Hy het niks uitgerig teen die Seun van God nie, en nou sal dit vir hulle nodig wees om hulle pogings te verskerp, en om met hulle krag en lis teen Sy navolgers te werk. Hulle moes soveel as wat hulle kon, belet om die verlossing aan te neem wat deur Jesus vir hulle gekoop is. Deur dit te doen sou die Satan nog teen die regering van God kon werk. Dit sou ook in sy eie belang wees om soveel mense van Jesus af weg te hou as moontlik. Want die sondes van diegene wat vry gekoop is deur die bloed van Christus sal uiteindelik gelê word op die een wat die sonde begin het, en hy sal die straf moet dra, terwyl diegene wat nie die verlossing van Jesus aangeneem het nie, die straf van hulle eie sondes sal moet dra.EG 175.1

    Die lewe van Christus het nooit gepaard gegaan met wêreldse rykdom, eer, of vertoon nie. Sy nederigheid en selfverloëning vorm ‘n skerp teenstelling met die hoogmoed en selfbevrediging van die priesters en ouderlinge. Sy vlekkelose reinheid was ‘n gedurige bestraffing van hulle sondes. Hulle het Hom verag oor Sy nederigheid, heiligheid, en reinheid. Maar diegene wat Hom hier verag het, sal Hom eendag sien in die heerlikheid van die hemel en die onoortreflike heerlikheid van Sy Vader.EG 175.2

    In die geregsaal was Hy omring van vyande wat gedors het na Sy bloed; maar daardie verhardes wat uitgeroep het, “Laat Sy bloed op ons en ons kinders kom,“sal Hom sien as ‘n geëerde Koning. Die ganse leërskare van die hemel sal Hom op Sy weg begelei met oorwinningsliedere, en lof en majesteit toebring aan Hom wat gedood was, maar tog weer lewe as ‘n magtige oorwinnaar.EG 175.3

    Armsalige, swak, ellendige mense het gespuug in die gesig van die Koning van die heerlikheid, terwyl ‘n brutale oorwinnings kreet aangehef is deur die gepeupel oor die vernederende belediging. Daardie gelaat wat die ganse hemel vervul het met bewondering is deur hulle geskend met slae. Hulle sal weer daardie aangesig sien, blinkend soos die middagson, en hulle sal wegvlug daarvoor. Pleks van die geskreeu van brutale oorwinning, sal hulle rou bedryf oor Hom.EG 176.1

    Jesus sal Sy hande, met die merke van die kruisiging, toon. Hy sal altyd die merke van daardie wrede mishandeling dra. Die merke van die spykers sal die verhaal vertel van die mens se wonderbaarlike verlossing en die verskriklike prys waarteen dit gekoop is. Daardie selfde manne wat die spies in die sy gesteek het van die Here van die lewe, sal daardie merkteken sien en hulle sal bitter ween oor die aandeel wat hulle gehad het aan die skending van Sy liggaam.EG 176.2

    Sy moordenaars was baie vererg oor die opskrif: “Die Koning van die Jode,” wat aan die kruis bokant Sy hoof aangebring is. Maar dan sal hulle verplig wees om Hom te aanskou in al Sy heerlikheid en koninklike mag. Op Sy kleed en op Sy heup sal in lewende letters geskryf staan, “Koning van die konings, en Here van die here.” Hulle het Hom spottend aan die kruis toegeroep,“Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo.” Hulle sal Hom dan sien met koninklike mag en gesag. Dan sal hulle om geen bewys vra dat Hy Koning van Israel is nie; maar oorweldig deur ‘n besef van Sy majesteit en alles oortreffende heerlikheid, sal hulle gedwonge wees om te erken,“Salig is Hy wat kom in die Naam van die Here.”EG 176.3

    Die skudding van die aarde, die skeuring van die rotse, die duisternis wat oor die aarde gekom het, en die groot stem van Jesus toe Hy net vóór Sy dood uitgeroep het, “Dit is volbring,” het Sy vyande ontstel en Sy moordenaars laat sidder. Die dissipels wou graag weet wat hierdie sonderlinge gebeurtenisse beteken het; maar hulle hoop was verpletter. Hulle het gevrees dat die Jode sou trag om hulle ook om die lewe te bring. Hulle was seker dat sulke haat soos wat teen die Seun van God geopenbaar is, nie by Hom sou eindig nie. Hulle het baie eensame ure deurgebring, wenende oor hulle teleurstelling. Hulle het verwag dat Jesus soos ‘n aardse Vors sou regeer, maar hulle hoop het saam met Hom gesterf. In hulle droefheid en teleurstelling, het die vraag by hulle ontstaan of Hy hulle nie miskien bedrieg het nie. Selfs Sy moeder se geloof in Hom as die Messias het begin wankel.EG 176.4

    Alhoewel die dissipels se hoop aangaande Jesus teleurgestel is, het hulle Hom nogtans liefgehad, en wou hulle Sy liggaam met eer begrawe, maar hulle het nie geweet hoe hulle dit sou regkry nie. Josef van Arimathea, ‘n ryk en invloedryke raadsman van die Jode, en ‘n ware dissipel van Jesus, het heimlik, dog onverskrokke na Pilatus gegaan, en hom gevra of hy die liggaam van die Heiland kon kry. Hy kon dit nie waag om openlik te gaan nie, weens die haat van die Jode. Die dissipels het gevrees dat ‘n poging sou aangewend word om hulle te belet om die liggaam van Jesus op ‘n waardige wyse ter aarde te bestel. Pilatus het die versoek toegestaan, en die dissipels het die lewelose liggaam van die kruis afgehaal, bitter teleurgestel oor hulle verydelde hoop. Sorgvuldig het hulle die liggaam gewikkel in fyn linne, en dit gelê in Josef se nuwe graf.EG 177.1

    Die vroue wat Christus nederig gevolg het in Sy lewe, wou Hom nie verlaat totdat hulle eers gesien het dat Hy in die graf gelê is en ‘n groot klip in die ingang geplaas is, sodat Sy vyande Hom nie kon kom wegneem nie. Maar hulle vrees was onnodig; want ek het gesien dat ‘n leërskare van engele met die grootste belangstelling waggehou het by die rusplek van Jesus, terwyl hulle gewag het op die bevel om hulle rol te speel in die bevryding van die Koning van die heerlikheid uit Sy gevangenis.EG 177.2

    Christus se moordenaars het gevrees dat Hy moontlik weer in die lewe kon terugkeer en op daardie wyse sou ontsnap. Hulle het dus vir Pilatus gevra om ‘n wag by die graf te plaas tot die derde dag. Dit is toegestaan, en die klip in die ingang is verseël, sodat Sy dissipels nie miskien kom en Sy liggaam steel en sê dat Hy uit die dode opgestaan het nie.EG 177.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents