Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Bie Hele Bybel is ‘n Gids

    Wanneer studie van die Bybel aangepak word sonder ‘n gebedvolle, leergierige gees, dan sal selfs die eenvoudigste skrifgedeeltes verdraai word van hul werklike betekenis. Die hele Bybel moet vir lesers aangebied word net soos dit saamgestel is.DGrH 36.2

    God het die onfeilbare profesieë beskikbaar gemaak; engele en Christus Homself het aan Daniël en Johannes bekend gemaak “... wat binnekort moet gebeur...” Openbaring 1:1. Belangrike sake wat handel oor ons verlossing is nie bekend gemaak op ‘n wyse wat die eerlike soeker na die waarheid sal verwar en mislei nie.DGrH 36.3

    Die Woord van God is eenvoudig vir almal wie dit bestudeer met ‘n gebedvolle hart.DGrH 36.4

    Deur liberaliteit1Ruimhartige aanvaarding of verdraagsaamheid van sienswyses ongeag of dit met die Bybel saamstem of nie. word mense verblind vir die listige planne van hul vyand. Hy slaag om die Bybel te onderdruk deur menslike spekulasies; die wet van God word ter syde gestel; en die kerke staan onder slawerny van die sonde, terwyl hulle aanspraak maak dat hulle vry is.DGrH 36.5

    God het toegelaat dat ‘n vloedgolf van lig op die aarde uitgestort word deur wetenskaplike ontdekkings.DGrH 37.1

    Maar selfs die slimste mense, indien nie gelei deur die Woord van God nie, word verward in hul pogings om die verwantskap tussen die wetenskap en openbaring te ondersoek.DGrH 37.2

    Menslike kennis is gedeeltelik en onvolkome; daarom is baie onbevoeg om hul wetenskaplike idees met die Skrif teDGrH 37.3

    harmoniseer. Baie aanvaar blote teorieë as wetenskaplike feite en hulle dink dat God se Woord getoets moet word deur die “kennis” soos dit verkeerdelik genoem word. 1 Timotheus 6:20 (1983 Vertaling). Omdat hulle nie die Skepper en Sy werke deur natuurlike wette kan verduidelik nie, word Bybelgeskiedenis as onbetroubaar beskou. Hulle wie die Ou en Nuwe Testamente betwyfel gaan te dikwels ‘n stap verder deur God se bestaan te betwyfel. Deur hulleself van hul anker los te maak, verval hulle in ongeloof.DGrH 37.4

    Dit is ‘n meesterstuk van Satan se misleidings om die mens besig te hou om te bespiegel oor dit wat God nie bekend gemaak het nie. Lucifer het ongelukkig geword omdat al die geheime van God se planne nie aan hom toevertrou is nie, sodat hy dit wat wel bekend gemaak is verontagsaam het.DGrH 37.5

    Nou bearbei Satan hom daarvoor dat die mense besiel word met dieselfde gees en vertei hy die mensdom om die direkte beveie of gebooie van God te verontagsaam.DGrH 37.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents