Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    1 — Warrom Is Daar Lyding?

    Baie sien die werk van die bose, met sy smart en verwoesting, en vra hoe dit moontlik kan wees onder die soewereiniteit van Een wie oneindig is in wysheid, krag en liefde. Diegene wie ontvanklik is vir twyfel, neem dit aan as verskoning om die woorde van die Heilige Skrif te verwerp. Tradisie en wanvertolking het die leer van die Bybel oor God se karakter, die eienskappe van Sy regering en die beginsels waarop God met sonde handel, in vertwyfeling gebring.DGrH 6.1

    Dit is onmoontlik om die oorsprong van sonde so te verduidelik dat die bestaan daarvan redelik kan wees. Voldoende begrip aangaande die oorsprong en finale beskikking van sonde, bestaan nietemin, om die volle manifestering van God se welwillendheid en geregtigheid te verstaan. God was in geen opsig verantwoordelik vir sonde nie; daar was geen arbitrêre onttrekking van goddelike genade nie, geen gebrek in die goddellike regering, wat aanleiding tot rebellie kon gee nie.DGrH 6.2

    Sonde is ‘n indringer vir wie se teenwoordigheid geen rede voorsien kan word nie. Om dit te verskoon is om dit te verdedig. Indien verskoning vir sonde gevind kan word, sal dit nie langer as sonde beskou word nie. Sonde is die uitwerking van ‘n beginsel wat teenstrydig is met die wet van liefde, wat die fondament is van die goddellike regering.DGrH 6.3

    Voor die intrede van sonde was daar vrede en vreugde dwarsdeur die heelal. Liefde vir God was die belangrikste, liefde vir mekaar onbevooroordeeld. Christus die Enigste Seun van God was een met die Ewige Vader in natuur, in karakter en in doel - die enigste wese wat toeganklikheid geniet tot die raad en planne van God. “Want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte.” Kolossense 1:16. Die wet van liefde is die fondament van die regering van God, die geluk van alle geskape wesens is onderworpe aan hulle ooreenstemming met die beginsels van geregtigheid. God put geen genot uit geforseerde getrouheid nie en Hy bied aan almal vryheid van wil, sodat elkeen Hom vrywilliglik kan dien.DGrH 7.1

    Maar daar was een wie gekies het om sy vryheid te misbruik. Sonde het by hom ontstaan, wie naas Christus, die meeste deur God vereer is. Voor sy val, was Lucifer die eerste van die bedekkende gerubs, heilig en onbesoedel. “So spreek die Here Here: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid. Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking Jy was ‘n gerub met uitgespreide vlerke wat beskut en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans.” “Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god.” “En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.” “Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!” Esegiël 28:12-17; 28:6; Jesaja 14:13,14.DGrH 7.2

    ’n Smagting na die eer wat die Vader geskenk het aan Sy Seun het hierdie prins van engele laat aspireer om mag te verkry wat die prerogatief van Christus alleen was. Onenigheid het nou die hemelse harmonie geskend. Selfverhoging het voorbodes van onheil wakker gemaak in die gedagtes van hemelse wesens vir wie God se heerlikheid die belangrikste was. Die hemelse raadsvergaderings het by Lucifer gepleit. Die Seun van God het vir hom die goedheid en regverdigheid van die Skepper en die heilige karakter van Sy wet uitgewys. Deur af te wyk van die onderhouding van God se wet, het Lucifer sy Skepper onteer en vernietiging oor homself gebring. Die waarskuwing het egter slegs teenkanting uitgelok. Lucifer het toegelaat dat sy jaloesie op Christus seëvier.DGrH 8.1

    Trots het die begeerte vir oppergesag versterk. Die groot eerbewyse wat Lucifer ontvang het, het geen dankbaarheid teenoor die Skepper ontlok nie. Lucifer het aspireer om God se gelyke te wees. Die Seun van God was egter die Soewereine Opperhoof in die hemel, een in mag en gesag met die Vader. In al die raadsvergaderings van God was Christus ‘n deelnemer, maar Lucifer was nie toegelaat om deel te wees van goddellike besluitnemings nie. “Waarom,” het hierdie magtige engel gevra, “moet Christus die oppergesag geniet? Hoekom moet Hy op hierdie wyse bo Lucifer vereer word?”DGrH 8.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents