Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Bybelse Heiligmaking

    Heiligmaking sluit in en omvat die hele wese - gees, siel en liggaam. Verwys na 1 Tessalonisense 5:23. Christene word beveel om hulle liggame aan te bied “... as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer..Romeine 12:1. Elke praktyk wat fisies of geestelik verswak, maak die mens onbekwaam vir diens aan sy Skepper. Hulle wie God liefhet met hul hele hart sal voortdurend poog om elke krag van hul totale wese in harmonie met die wette van God te bring, met die doel om hul bekwaamheid om Sy wil te doen, te bevorder. Hulle sai nie deur toegeeflikheid aan aptyt, wellus of begeerte hulle vleeslike en geestelike offer wat hulle aan hul hemelse Vader aanbied, verswak of ontheilig nie.DGrH 83.1

    Elke sondige bevrediging is geneig om die geestelike en spirituele persepsies te verlam of te verdoof; die Woord of Gees van God sal dan slegs ‘n flou indruk maak op die harte van die betrokkenes. “Laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.” 2 Korinthiërs 7:1.DGrH 83.2

    Hoeveel selfverklaarde Christene verlaag nie hulle goddellike menswees deur vraatsug, wyndrinkery of deur verbode plesier niel Die kerk bemoedig te dikwels hierdie boosheid sodat die kerk se skatkis aangevul kan word, waar liefde vir Christus te kragteloos is om te voorsien. Indien Jesus vandag se kerke moes besoek en die feeste aanskou wat in die naam van godsdiens bedryf word, sou Hy nie die ontheiligers uitgedryf het soos hy die geldhandelaars uit die tempel verdryf het nie?DGrH 83.3

    “Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van God is, van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?” “Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” 1 Korinthiërs 6:19,20.DGrH 84.1

    Hy wie se liggaam ‘n tempel is van die Heilge Gees, sal nie verslaaf word deur ‘n vernietigende gewoonte nie. Sy kragte behoort aan God. Sy eiendom behoort aan die Here. Hoe kan hy hierdie kapitaal wat aan hom toevertrou is, verkwis?DGrH 84.2

    Selfverklaarde Christene spandeer jaarliks enorme bedrae geld aan nadelige gewoontes. God word beroof van tiendes en vrywillige offergawes, terwyl hulle op die altaar van sinnelike begeertes meer geld spandeer as wat hulle bewillig vir armoedeverligting of vir die uitbreiding van die evangelie. Indien almal wie aanspraak maak dat hul Christus bely, waarlik heilig was, sou die nuttelose verkwisting eerder aangewend gewees het vir die Here se skatkis. Christene sou dan ‘n beeld geskep het van matigheid en onthouding asook selfopoffering. Dan kon hulle die lig vir die wêreld gewees het.DGrH 84.3

    “Want alles wat in die wêreld is - die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die begeerlikheid van die lewe - is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.” Hierdie begeerlikhede beheer die massas. 1 Johannes 2:16. Maar Christus se volgelinge het ‘n heiliger roeping. “Daarom gaan onder hulle uit en sonder julle at, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here die Almagtige.” 2 Korinthiërs 6:17,18.DGrH 85.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents