Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ons Finale Woning

    “Toe het ek ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien: Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn. Openbaring 21:1. Die vuur wat die goddeloses vernietig, reinig die aarde. Elke spoor van die vloek is verníetíg. Geen ewigdurende brandende hel sal vir die verlostes die vreeslike gevolge van sonde voorhou nie.DGrH 144.3

    Een herinnering alleen is blywend: ons Verlosser sal vir altyd die merke dra van Sy kruisiging, die enigste spore van die wrede werk wat sonde gesmee het. Deur ewigdurende eeue heen sal die wonde van Golgota Sy lof besing en Sy krag bevestig.DGrH 144.4

    Christus het Sy dissipels verseker dat Hy gegaan het om vir elkeen ‘n plek voor te berei in Sy Vader se woning. Menslike taal is onbevoeg om die beloning van die regverdiges te beskryf. Dit sal alleenlik bekend wees aan hulle wie dit sal ontvang. Geen menslike verstand kan die glorie van die Paradys van God begryp nielDGrH 145.1

    In die Bybel word die erfporsie van die verlostes beskryf as “‘n land”. Hebreërs 11:14-16. Daar sal die hemelse Herder Sy skape lei na fonteine van lewende waters. Daar is altydvloeiende strome, helder soos kristal en langs hulle, golwende bome wat hul skadus gooi op die paaie wat voorberei is vir die verlostes van die Here. Wydverspreide vlaktes kring uit voor heuwels van prag en in die agtergrond is die berge van God met hul hoë spitse. Op hierdie vreedsame vlaktes, langs daardie lewende strome, sal God se volk wat so lank pelgrims en swerwers was, ‘n tuiste vind.DGrH 145.2

    “En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrugte daarvan eet: hulle sal nie bou dat ‘n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.”DGrH 145.3

    “Die woestyn, die dor land, sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek met affodille.” “Wolwe en skape sal dan saam bly, luiperds sal tussen bokkies lê, kalwers, leeus en voerbeeste sal bymekaar wees en klein seuntjies sal vir almal sorg.” “Op My heilige berg sal niemand kwaad aanrig of iets verniel nie.” Jesaja 65:21, 22; Jesaja 35:1; Jesaja 11:6, 9.DGrH 145.4

    Pyn kan nie bestaan in die hemel nie. Daar sal nie meer trane wees nie, geen begrafnisstoet nie. “Daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.” “Niemand in die stad sal meer sê: ‘Ek is siek’ nie; die sonde van die volk wat in Sion woon, is vergewe.” Openbaring 21:4; Jesaja 33:24.DGrH 146.1

    Daar is die nuwe Jerusalem, die metropool van die glorieryke nuwe wêreld. “En dit het die heeriikheid van God gehad en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.” “Die nasies sal in die stad se lig lewe en die konings van die aarde bring hulle skatte daarheen ” “Die tabernakel van God is by die mense en Hy sal by hulle woon en hulle sal Sy volk wees; en en God self sal by hulle wees as hulle God.” Openbaring 21:11,24; Openbaring 21:3.DGrH 146.2

    “Daar sal nie meer nag wees nie.” Openbaring 22:5. Daar sal nie meer vermoeidheid wees nie. Ons sal altyd die varsheid van die móre geniet.DGrH 146.3

    Die lig van die son sal vervang word deur ‘n glansryke lig wat nie pynlik verblindend is nie, maar wat onmeetlik helderder is as die middagson. Die verlostes wandel in die glorie van onverganklike lig.DGrH 146.4

    ” ‘n Tempel het ek nie in die stad gesien nie, want sy tempel is die Here God, die Almagtige en die Lam.” Openbaring 21:22. Die volk van God is bevoorreg om ope gemeenskap met God die Vader en die Seun te kan geniet. Nou sien ons die beeld van God asof in ‘n spieël, maar dan sal ons Hom van aangesig tot aangesig sien, sonder ‘n sluier wat die beeld verdof.DGrH 146.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents