Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Groot Hoop - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    5 — Velse Hoop

    Die leervan natuurlike onsterflikheid is aanvanklik geleen uit heidense filosofie en in die duisternis van die groot afvalligheid was dit inkorporeer in die Christelike geloof, en het dit die waarheid “maar die dooies weet glad niks nie” (Prediker 9:5), onderkruip. Menigtes glo dat die geeste van die dooies, is die “... dienende geeste wat vir diens uitgestuur word, ter wille van die wat die saligheid sal beërwe”. Hebreërs 1:14.DGrH 61.1

    Die mening dat geeste van die dooies terugkeer om die lewendes te bedien, het die weg gebaan vir moderne spritualisme. Indien die dooies bevoorreg word om kennis te ontvang wat hul persoonlike vorige kennis verreweg oorskry, waarom keer hulle nie terug aarde toe om die lewendes te kan onderrig nie? Indien geeste van die dooies oor hul vriende op aarde sweef, waarom kommunikeer hulle dan nie met die lewendes nie? Hoe kan persone wie glo in die mens se bewustheid in die dood, “goddellike lig” wat deur verheerlikte geeste gekommunikeer word, verwerp? Hierdie is ‘n kanaal waardeur Satan werk, wat heilig geag word. Gevalle engele van die geesteryk verskyn as boodskappers.DGrH 61.2

    Die prins van boosheid het die krag om afgestorwenes voor mense te laat verskyn. Hierdie namaaksel is perfek en word nageboots met wonderlike duidelikheid. Baie word bemoedig met die versekering dat hul geliefdes die hemel geniet. Sonder vermoede van enige gevaar, verleen hulle hul ore uit aan “verleidende geeste en leringe van duiwels.” 1 Timoteüs 4:1.DGrH 62.1

    Diegene wie glo onvoorbereid graf toe is, beweer dat hul gelukkig is en dat hulle verhewe posisies in die hemel beklee. Die kastige besoekers van die wêreld van geeste uiter soms waarskuwings wat korrek bewys word. Dan, sodra vertroue gewen is, bied hulle leerstellings aan wat die Bybel geskrifte ondermyn. Die feit dat hulle soms sekere waarhede bevestig en met tye toekomstige gebeure akkuraat voorspel, projekteer ‘n beeld van betroubaarheid en hul valse leerstellings word aanvaar.DGrH 62.2

    Die wet van God word eenkant toe geskuif en die Gees van genade verag. Die geeste ontken die goddelikheid van Christus en plaas die Skepper op ‘n vlak gelykstaande aan hulself.DGrH 62.3

    Terwyl dit waar is dat die resultate van bedrog dikwels voorgehou is as werklike manifestasies, is daar ook duidelike vertoon van bonatuurlike krag, die direkte werk van bose geeste. Baie glo dat spiritualisme bloot menslike swendelary is.DGrH 62.4

    Wanneer hulle van aangesig tot aangesig gebring word met manifestasies wat hulle nie anders nie as bonatuurlik moet erken, sal hulle mislei word en dit beskou as die groot krag van God.DGrH 63.1

    Deur Sataniese hulp het Farao se towenaars die werk van God vervals. (Verwys na Exodus 7:10-12.) Paulus verkondig dat die wederkoms van Jesus voorafgegaan sal word deur “die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid.” 2 Tessalonisense 9,10. Johannes verklaar: “Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is, om voor die oë van die dierte doen.” Openbaring 13:13,14. Dit is nie bloot oëverblindery waarvan hier gepraat word nie. Mense sal mislei word deur wonderwerke wat Satan se agente sal doen, nie wat hulle voorgee om te doen nie.DGrH 63.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents