Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Helderheid van die Woord [Perspicuitas]

    Daar sal geen verskoning gevind word vir enigiemand wat verlore gaan omdat hy die Skrifte verkeerd verstaan het nie.DBo 10.4

    In die Bybel word elke lewensbelangrike beginsel omskryf, elke plig uitgelig, elke verpligting verduidelik. [FCE.187]DBo 10.5

    Neem die Bybel as u studiegids. Almal kan dit verstaan. [8T.299]DBo 10.6

    Sommige dink dat ‘n opvoeding of deugdelike kennis van die Skrifte oorbodig is as ‘n persoon net die Gees het. Maar God stuur nooit Sy Gees om onkunde te heilig nie. Hy mag en bejammer en seën wel diegene wie se omstandighede dit vir hulle onmoontlik maak om ‘n opvoeding te bekom en somtyds stem Hy in om Sy krag te volmaak in hulle swakheid. Maar dit is diegene se plig om Sy Woord te studeer. ‘n Gebrek aan kennis in ander wetenskappe is geen verskoning vir nalatigheid in Bybelstudie nie. Want die woord van inspirasie is so duidelik dat die ongeletterdes dit mag verstaan. [GW 106:0] DBo 10.7

    Die Bybel, met sy kosbare juwele van waarheid, was nie vir die geleerdes alleen geskryf nie. Inteendeel, dit was vir die gewone man ontwerp en die vertolking wat deur die gewone man gegee word, deur die Heilige Gees bygestaan, kom beter ooreen met die waarheid soos dit is in Jesus. Die groot waarhede wat nodig is vir verlossing is so duidelik gemaak soos daglig en niemand kan dit misken en die weg byster raak nie behalwe die wat hulle eie oordeel wil volg in plaas van die duidelike geopenbaarde wil van God. [5T. 331]DBo 11.1

    Ons moet menslike regerings erken as ‘n ordinansie van goddelike aanstelling en gehoorsaamheid daaraan leer, as ‘n heilige plig, binne sy regmatige sfeer. Maar wanneer hul eise bots met die vereistes van God, moet ons God eerder gehoorsaam as die mens. Gods Woord moet erken word as bo alle menslike wetgewing. ‘n “So sê die Here” mag nie opsy gesit word vir ‘n “So sê die kerk” of ‘n “So sê die staat” nie. Die kroon van Christus moet verhef word bo die krone van aardse heersers. [AA. 69:0]DBo 11.2

    Elke standpunt van waarheid deur ons mense ingeneem sal deur groot denkers geoordeel word. Die grootstes van die wêreld se groot manne sal in aanraking met die waarheid gebring word en daarom moet elke standpunt wat ons inneem, krities aan die Skrif ondersoek en getoets word. Ons skyn nou onopgemerk te wees, maar dit sal nie altyd so wees nie. Bewegings is aan die werk wat ons na vore sal bring en as ons teorie van waarheid deur historici en die wêreld se denkers aan flarde geskeur kan word, sal dit gedoen word. [Ev.69:1]DBo 11.3

    As daar diegene is wie se geloof in Gods Woord nie die toets kan deurstaan van ‘n ondersoek van die Skrifte nie, hoe gouer hulle openbaar word, hoe beter, want dan sal die weg geopen word om aan hulle hul foute te toon. Ons kan nie aanvoer dat as ‘n sekere standpunt eers aanvaar is, ‘n idee eers verkondig is, dit onder geen omstandighede versaak mag word nie. Daar is maar een wat onfeilbaar is - Hy wat die Weg, die Waarheid en die Lewe is. [TM. 105:2]DBo 11.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents