Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Nasionale Sondag Wet

    Namate die stryd uitbrei tot nuwe velde en die aandag van die mense gevestig word op Gods vertrapte wet, word Satan baie bedrywig. Die krag waarmee die verkondiging van die boodskap gepaard gaan, sal diegene wat dit weerstaan, woedend maak. Die geestelikes sal byna bomenslike pogings aanwend om die lig uit te sluit sodat dit nie op hulle gemeentes skyn nie. Deur alle middels tot hulle beskikking sal hulle trag om die bespreking van hierdie allerbelangrikste vraagstukke te onderdruk. Die kerk sal hom beroep op die sterk arm van die burgerlike owerheid en in hierdie werk sal Katolieke en Protestante verenig. Namate die beweging vir verpligte Sondagsviering stoutmoediger en beslister word, sal die wet ingeroep word teen die bewaarders van die gebooie. Hulle sal bedreig word met boete en tronkstraf; sommige sal verantwoordelike betrekkings aangebied word en ander sal beloning en ander voordele ontvang om hulle te beweeg om hulle geloof te versaak. Maar hulle onverbiddelike antwoord is: “Oortuig ons van ons dwaling uit die Woord van God” dieselfde antwoord as wat Luther onder dergelike omstandighede gegee het. Diegene wat voor die hof gebring word, sal die waarheid sterk verdedig en sommige wat hulle hoor, sal gelei word om ook uit te staan vir al die gebooie van God. Op hierdie manier sal die lig aan duisende gebring word wat andersins niks van hierdie waarhede sou geweet hetnie. [GS 688/9]DBo 178.1

    Wanneer die vooraanstaande kerke van die Verenigde State amalgameer op leerstellings waaroor hulle almal eens is en die staat beïnvloed om hulle wette uit te voer en hulle instellings te handhaaf, dan sal Protestants-Amerika die beeld gemaak het van die Roomse hierargie en die oplegging van burgerlike straf op andersdenkendes sal die onvermydelike gevolg wees.DBo 178.2

    Die dier met die twee horings “maak dat aan almal, die kleintjies en die grotes en die rykes en die armes en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee is, sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier ofdie.getal van sv naam het.” (Openb. 13:16,17). Die derde engel se waarskuwing lui as volg: “As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God.” Die dier wat in hierdie boodskap genoem word en waarvan die aanbidding afgedwing word deur die dier met die twee horings, is die eerste of die luiperd dier van Openbaring 13 - die pousdom. Die beeld van die dier stel ‘n vorm van afvallige Protestantisme voor wat sal ontstaan wanneer die Protestantse kerke die hulp van die burgerlike regering inroep om hulle dogmas verpligtend te maak. Die “merk van die dier” sal later verklaar word. [GS 510]DBo 178.3

    Daar is vele, self onder diegene wat betrokke is by die beweging om Sondagviering af te dwing, wat blind is vir wat sal volg op die daad. Hulle sien nie dat hulle direk teen godsdiensvryheid werk nie. Daar is vele wat nog nooit die aanspraak van die Bybel Sabbat verstaan het nie en die valse grondslag vir Sondagviering nie. Enige beweging ten gunste van Godsdienswetgewing is in die waarheid ‘n toegewing aan die pousdom wat vir soveel eeue teen vryheid van gewete geveg het. Sondagviering het sy bestaan te danke aan die “verborgenheid van ongeregtigheid” en die afdwing daarvan feitlik ‘n erkenning van die beginsels wat die hoeksteen van Romanisme is. Wanneer ons nasie só die beginsels van ons regering sal afsweer om ‘n Sondawet uit te vaardig, sal Protestantisme deur die daad die hand reik na die pousdom; dit sal niks anders wees as om lewe te gee aan die tirannie wat al so lank gretig sy kans afwag om weer in aktiewe despotisme te ontluik. [5T 711-712]DBo 179.1

    Die Sabbat sal die groot toets van getrouheid wees, want dit is die deel van die waarheid wat veral betwis word. Wanneer alle mense voor die finale toets te staan kom, dan sal die skeidslyn getrek word tussen diegene wat God dien en diegene wat Hom nie dien nie. Terwyl die viering van die valse sabbat in gehoorsaamheid aan die staatswette, maar in botsing met die vierde gebod, ‘n betuiging van trou is aan ‘n mag wat in stryd is met God, sal die viering van die ware Sabbat in gehoorsaamheid aan Gods wet die bewys van getrouheid aan die Skepper wees. Terwyl die een klas deur die aanvaarding van die teken van onderwerping aan aardse magte die merkteken van die dier ontvang, ontvang die ander klas deur die teken van getrouheid om goddelike gesag te verkies, die seël van God. [GS 685]DBo 179.2

    Die tyd is nie meer ver in die toekoms wanneer elke siel getoets sal word nie. Die merkteken van die dier sal op ons afgedwing word. Die wat trapsgewyse toegegee het aan wéreldse eise en gekonformeer het met wêreldse tradisie, sal dit nie moeilik vind om eerder toe te gee aan die owerhede nie, as om die skyf van spot, beledigings, dreigemente van tronkstraf en die dood te word. Die stryd is tussen die Wet van God en dié van mense. In die tyd sal die slyk geskei word van die goud in die kerk. Ware vroomheid sal duidelik aan sy glans erken word. Vele sterre bewonder vir hulle luister, sal verduister. Kaf sal soos wolke voor die wind weggevoer word, self van plekke waar ons net koring gesien het. Almal wat die versiering van die heiligdom aanvaar het, maar nie met die geregtigheid van Christus beklee is nie, sal in die skande van hulle naaktheid openbaar word. [5T 81]DBo 179.3

    Broeders en Susters, as ek tog net iets kan sê wat julle sal wakker skud om die belangrikheid, die betekenis van die gebeure wat nou plaasvind, te besef. Ek verwys julle na die aggressiewe bewegings wat gedoen word om godsdiensvryheid te beperk. God se geheiligde gedenkteken is afgebreek en in Sy plek staan ‘n valse Sabbat, sonder heiligheid, voor die wêreld. En, terwyl die magte van die duisternis elemente van benede opsweep, stuur God krag van bo om die krisis te beveg deur Sy lewende instrumente wat die wet van God verhef. Nou is dit ons geleentheid om in vreemde lande te werk. Soos Amerika, die land van godsdiensvryheid met die pousdom sal verenig om die gewete te dwing om ‘n valse Sabbat te eer, sal die volke uit elke deel van die aardbol haar voorbeeld volg. Ons mense is nie halfpad wakker genoeg om alles in hul mag te doen, met die fasiliteite binne bereik om die boodskap van waarskuwing uit te brei nie. [6T 18:2]DBo 180.1

    Wanneer die toetstyd kom, sal diegene wat Gods Woord hulle lewensreël gemaak het, geopenbaar word. In die somer is daar nie eintlik ‘n merkbare verskil tussen die immergroen bome en die ander nie, maar as die winter daar is, bly die immergroen bome onveranderd terwyl die ander bome kaal is. So ook kan die valse belyer nie nou onderskei word van die ware Christen nie, maar die tyd is voor die deur wanneer die verskil opmerklik sal wees. Laat teenstand, dweepsug en onverdraagsaamheid maar weer hulle koppe uitsteek, laat die vuur van vervolging weer aangesteek word en die halfhartige huigelaars sal wankel en hulle geloof versaak, maar die opregte Christen sal so onwrikbaar soos ‘n rots staan. Sy geloof sal sterker en sy hoop heerliker wees asindiedaevan voorspoed. [GS 681 ]DBo 180.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents