Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Werk van die Heilige Gees.

    Die Heilige Gees aan die dissipels gegee, het hulle in staat gestel om standvastig te staan teen afgodery, en om God alleen te verhoog. Die Heilige Gees het die penne van die gewyde geskied skrywers gelei om die kosbare werk en woorde van Christus te bewaar vir die wêreld. Die Heilige Gees werk gedurig om die aandag van mense te vestig op die groot offerande aan die kruis van Golgota, om aan die wêreld die liefde van God aan die mens te openbaar en aan die oortuigde siel die kosbare beloftes van die Skrifte te open. Dit is die Heilige Gees wat aan die duistere verstand die helder strale van die Son van Geregtigheid bring. Dit is die Heilige Gees wat die mense se harte laat brand met ‘n nuwe besef van die ewige waarhede. Dit is die Heilige Gees wat voor die mens die sedelike standaard van geregtigheid stel en hulle oortuig van sonde. Dit is die Heilige Gees wat ware berou bewerk en die mens besiel met ware geloof in Hom wat alleen van alle sonde kan verlos. Dit is die Heilige Gees wat die karakter verander deur die begeertes vir wat tydelik en verganklik is weg te lei en te vestig op die ewige erfenis, die ewige realiteite wat onverganklik is. Die Heilige Gees herskep, verfyn en heilig die menselike instrumente dat hulle lede van die koninklike gesin mag word, kinders van die hemelse Koning. [8T 4/17/93]DBo 57.3

    Die sondaar kan nie een tree neem tensy die Gees hom trek nie; as hy opstyg na die hemel, moet dit wees deur trap vir trap die volle hoogte van Christus se werk te klim, sodat Christus sy wysheid, geregtigheid, heiligmaking en verlossing sal wees. [RH Nov. 11, 1890 (3:438)]DBo 58.1

    Het hy [Elia] die reên gesien, die donder gehoor? Nee, hy het die woorde gespreek omdat die Gees van die Here hom beïndruk het en gelei het om te glo dat sy gebed beantwoord sal word. Hy het alles moontlik gedoen om sy geloof te toon en nou het hy begin bid vir die uitstorting van oorvloedige reënt. [R&H May 26,1891 (2:489)]DBo 58.2

    Moenie dink dat jy uit jou eie in staat is om siele te wen vir Christus nie, al doen jy ook jou bes. Jy moet die gewoonte aanleer om ‘n mag te onderskei wat nie deur die menslike oog gesien kan word nie'n mag wat gedurig besig is om op menseharte te werk. Wanneer jy ‘n vreemdeling nader of van aangesig tot aangesig is met die onberouvolle, die beproefde, die sielhonger kom, is die Here aan jou sy as jy inderdaad jouself aan Hom gegee het. Hy maak die indruk op die hart, maar jy kan die instrument wees vir Sy werk van genade. [RH Apr. 12,1892 (2:560)]DBo 58.3

    Sonder die leiding van die Heilige Gees sal ons gedurig geneig wees om die Skrif te verdraai of verkeerd te vertolk. Daar is baie Bybel lesery wat sonder nut is en soms selfs kwaad doen. As die Woord van God oopgemaak word sonder eerbied en sonder gebed; wanneer die gedagtes en gevoelens nie ingestel is op God of in harmonie is met Sy wil nie, word die verstand vertroebel deur twyfel en die studie van die Bybel versterk dan skeptisisme. Die vyand verkry beheer van die gedagtes en hy suggureer vertolkings wat nie korrek is nie. [5T 704/705]DBo 58.4

    Dit is deur die Gees wat die hart rein gemaak word. Deur die Gees word die gelowige ‘n deelgenoot aan die goddelike natuur. Christus het Sy Gees as ‘n goddelike mag gegee om alle oorgeërfde en aangekweekte neigings tot die kwaad te oorwin en om Sy eie karakter op Sy kerk af te stempel. [KE 607]DBo 58.5

    Jesus sê: “Julle sal krag van omhoog ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees.” Dit is die samesmelting van die Heilige Gees en die getuienis van die lewende getuie wat die wêreld sal waarsku. Die werker vir God is die kanaal waardeur die hemelse kommunikasie plaasvind en die Heilige Gees gee goddelike gesag aan die woord van waarheid. [6 BC 1053]DBo 58.6

    Die Trooster word “die Gees van waarheid” genoem. Sy werk is om die waarheid te omskryf en te handhaaf. Hy woon eers in die hart as die Gees van waarheid en word so die Trooster. Daar is ver-troosting en vrede in die waarheid, maar geen ware vrede of troos is in valsheid te vind nie. Dit is deur valse teorieë en oorlewerings dat die Satan die verstand onder sy beheer kry. Deur mense valse standaarde voor te hou, misvorm hy die karakter. Deur die Skrif praat die Heilige Gees tot die verstand en lê Hy die waarheid op die hart. So stel Hy dwaalleer aan die kaak en verban Hy dit uit die siel. Dit is deur die Gees van waarheid, wat deur die Woord van God werk, dat Christus Sy uitverkorenes aan Homself onderwerp. [KE. 607]DBo 59.1

    Deur met die geloofsoog gedurig na Jesus op te sien, sal ons versterk word. Die Here sal die kosbaarste dinge aan Sy hongerige en dorstige kinders openbaar. Hulle sal in Christus ‘n persoonlike Verlosser vind. Soos hulle hul met Sy Woord voed, vind hulle dat dit gees en lewe is. Die Woord vernietig die aardse natuur en voorsien nuwe lewe in Christus Jesus. Die Heilige Gees kom as ‘n Trooster in die siel. Deur die vernuwende werking van Sy genade word die beeld van God in die dissipel weergegee; hy word ‘n nuwe skepsel. Liefde vervang haat en die hart ontvang die Goddelike gelykenis. Dit is wat dit beteken om te lewe“van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.” So word die brood wat uit die hemel neerdaal, geëet. [KE 347]DBo 59.2

    Dit is aan my getoon dat as Gods volk geen poging van hulle kant af aanwend nie, maar wag op die vernuwing om hulle foute en gebreke te korrigeer. As hulle daarop steun om hulle te reinig van elke smet van die vlees en die gees en om hulle toe te rus om deel te hê aan die luide geroep van die derde engel, sal hulle te lig bevind word. Die vernuwingskrag van God sal slegs op diegene kom wat hulleself voorberei het deur die werk te doen wat God aan hulle beveel het, naamlik, om hulleself te reinig van elke smet van die vlees en gees en in die vrees van die Here tot volmaaktheid voort te gaan. [IT619]DBo 59.3

    Dit is die afwesigheid van die Gees wat die evangelie bediening so kragteloos maak. U mag geleerdheid, talent, welsprekenheid of elke natuurlike of aangeleerde vermoë besit, maar sonder die Gees van God sal geen hart geraak word, geen siel vir Christus gewen woord nie...DBo 59.4

    Wanneer die Heilige Gees die denke van ons kerklede beheer, sal daar in ons kerke ‘n baie hoër standaard in taal, in diens en in geestelikheid gesien word as wat nou die geval is. [8T211)DBo 59.5

    Christus het verklaar dat die goddelike invloed van die Gees met Sy volgelinge sou wees tot die einde. Maar die belofte word nie gewaardeer soos dit moet nie en daarom word die vervulling nie gesien soos dit moet nie. Aan die belofte van die Gees word min aandag gegee en die resultaat is wat moet verwag word - geestelike droogte, geestelike duisternis, geestelike agteruitgang en die dood. Die aandag word in beslag geneem deur onbeduidende sake en die goddelike krag wat nodig is vir die groei en vooruitgang van die kerk en wat alle ander seëninge in Sy wyk bring, bly in gebreke al word dit aangebied in matelose volheid. [8T 21/22]DBo 60.1

    Wat was die resultaat van die uitstorting van die Gees op Pinkster? Die blye tyding van ‘n verrese Heiland is tot in die verste streke van die bewoonde wêreld ingeneem. Die harte van die dissipels is oorlaai met ‘n welwillendheid so vol, so diep, so verreikend, dat dit hulle genoop het om te gaan tot aan die einde van die aarde... Soos hulle die waarheid verkondig het soos dit is in Jesus het harte laat oorgee aan die krag van die bookdskap. Die kerk is van alle kante oorstroom met bekeerlinge. [8T19/20]DBo 60.2

    Die uitstorting van die Gees in die tyd van die apostels was” die vroeë reën” eerlik was die uitvloeisel daarvan, maar die laat reëns sal oorvloediger wees. Wat is die belofte aan die wat in die laaste dae lewe? (Sagaria 9:12; 10:1) [8T 20/21]DBo 60.3

    Aan ons vandag net so sekerlik as aan die eerste dissipels, behoort die belofte van die Gees. God sal vandag manne en vroue toerus met krag van omhoog soos wat Hy diegene wat op Pinkster die woord van verlossing gehoor het, toegerus het. Op hierdie huidige oomblik is Sy Gees en Sy genade beskikbaar vir almal wat hulle nodig het en Hom op Sy woord sal af gaan. [8T 19,20]DBo 60.4

    Let wel dat dit was nadat die dissipels tot volkome eenheid geraak het, toe hulle nie meer om die hoogste posisie gewedywer het nie, dat die Gees uitgestort is. Hulle was eensgesind. Alle verskille is uit die weggeruim en die getuienis aangaande hulle nadat die Gees uitgestort is, is dieselfde. [Handelinge 4:32]DBo 60.5

    So kan dit ook nou wees. Laat Christene alle struwelinge opsy sit en hulleself aan God gee vir die redding van verlorenes. Laat hulle in geloof vra vir die beloofde seëninge en dit sal kom. [8T 20/21]DBo 60.6

    Die mens is ‘n deel toegeken in die groot stryd om die ewige lewe, hy moet gehoor gee aan die werking van die Heilige Gees. Dit sal stryd verg om deur die magte van duisternis te breek, maar die Gees werk in hom om dit te kan doen. Die mens is egter nie ‘n passiewe wese om gered te word in niksdoen nie. Hy word gemaan om elke krag in te span in die stryd vir onsterflikheid. [8T 65]DBo 60.7

    Die Gees van die Almagtige beweeg menseharte, en die wat Sy invloed gehoorsaam, word getuies vir God en Sy waarheid. Op baie plekke kan mens toegewyde manne en vroue die lig wat die verlossingswerk deur Christus vir hulle duidelik gemaak het, aan andere sien oordra. En namate hulle, hulle lig soos diegene wat op die dag van Pinkster gedoop is, laat skyn, ontvang hulle al meer van die krag van die Gees. Op hierdie wyse sal die aarde met die heerlikheid van God verlig word. [HA 44]DBo 61.1

    Maar die feit dat God Sy wil aan die mens deur Sy Woord geopenbaar het, het nie die teenwoordigheid en leiding van die Heilige Gees oorbodig gemaak nie. Inteendeel, die Gees is deur ons Heiland belowe om die Woord aan Sy diensknegte te openbaar en om die leerstellings daarvan te verduidelik en toe te pas. En aangesien dit die Gees van God is wat die Bybel ingegee het is dit onmoontlik vir die Gees om ooit in stryd met die Woord te wees. [GS 8]DBo 61.2

    Die amp en werk van die Heilige Gees is nie vir hulle om te gebruik, soos baie veronderstel nie, maar vir die Heilige Gees om hulle te gebruik en elke vermoë te vorm en te heilig. [FE 227]DBo 61.3

    Ooreenkomstig Gods Woord sou Sy Gees Sy werk deur die hele tydperk van die evangeliebedeling voortsit. In die eeue toe die Skrifte van die Ou en Nuwe Testament ingegee is, het die Heilige Gees gedurig lig oorgedra aan persone behalwe diegene wie se geskrifte in die Heilige Kanon opgeneem word. Die Bybel deel ons self mee hoe manne deur middel van die Heilige waarskuwings, bestraffing, raadgewing en voorligting ontvang het in verband met sake wat niks met die ingewing van die Skrifte te doen gehad het nie. Daar word ook melding gemaak van profete in verskillende eeue wie se profesieë nooit opgeteken is nie. Na die afsluiting van die kanon van die Heilige Skrifte sou die Heilige Gees op soortgelyke wyse Sy werk voortsit om die kinders van God in te lig, te waarsku en te troos. [GC viii]DBo 61.4

    Onder die leiding van die Heilige Gees, ontwikkel die verstand, wat onvoorwaardelik toegewy is aan God, eendragtelik en word versterk om die vereistes van God te verstaan en te vervul. Die swak wispelturige karakter word verander na een van sterke bestendigheid. Voortdurende toewyding bring so ‘n intieme verhouding tussen Jesus en Sy dissipels te weeg, dat die Christen soos sy meester word in karakter. [GW 285]DBo 61.5

    Sonder die Heilige Gees in ‘n kennis van Sy Woord waardeloos. Die teorie van die waarheid sonder die Heilige Gees kan die siel nie opwek of die hart heilig nie. ‘n Mens kan wel met die gebooie en beloftes van die Bybel bekend wees, maar tensy die Gees van God die waarheid tuisbring, sal die karakter nie verander word nie. Sonder die verligting van die Heilige Gees sal mense nie in staat wees om tussen waarheid en dwaling te onderskei nie, en hulle sal onder die meesterlike versoekings van die Satan val. [GvJ 381 ]DBo 62.1

    Elke hart wat besoek is deur die helder strale van die Son van Geregtigheid, sal die werking van die Heilige Gees openbaar in spraak, denke en karakter. Die masjinerie sal beweeg asof dit gesmeer en bestuur word deur ‘n meesterlike hand. Daar sal minder vrywing wees as die werker olie ontvang van die twee olyfbome. [7T195/6]DBo 62.2

    Die mens word ‘n aandeel toegesê in die groot stryd vir die ewige lewe, hy moet die werking van die Heilige Gees aanvaar. Dit vereis ‘n stryd om deur die magte van die duisternis te dring en die Heilige Gees werk in hom om dit te bewerkstellig. Die mens is nie ‘n passiewe wese, om ten spyte van vasigheid gered te word nie. Daar word van hom vereis om elke krag en vermoë in te span in die stryd vir onsterflikheid, tog is dit God wat dit effektief maak. Geen mens kan in vadsigheid gered word nie. Die Here sê:“Strewe om in die smal weg in te gaan, want baie sal probeer om in te gaan, maar tevergeefs.” [8T 65]DBo 62.3

    Die teenwoordigheid van die Gees in God se werkers sal aan die bieding van die waarheid ‘n krag verleen wat nie deur die eer en luister van die wêreld kan geëwenaar word nie. Die Gees verleen die krag wat worstelende siele in elke noodsituasie, tussen die nyd van familie lede, die haat van die wêreld en die besef van hulle eie tekortkominge sal onderskraag. [8T 22]DBo 62.4

    Die Heilige Gees is aan ons gegee om ons by te staan in die studie van die Woord. Jesus belowe: “Die Trooster, d.w.s. die Heilige Gees, wat die Vader in My naam sal stuur, sal julle alle dinge leer en julle in herrinnering bring alles wat Ek vir julle gesê het.” Die wat deur die Heilige Gees onderrig word, sal dit die gees opwek en die lewe verander. [FE 433]DBo 62.5

    Die prediking van die Woord sal niks baat sonder die teenwoordigheid van die Heilige Gees nie, want die Gees is die enigste effektiewe onderwyser van goddelike waarheid. Slegs wanneer die waarheid vergesel word van die Gees in die hart, sal dit die Gees opwek en die lewe verander. [GW 284]DBo 62.6

    Die Gees word uitgestort op elkeen wat gehoor gee aan Sy stem en wat menslike metodes met hul bindende reëls en versigtige bena-dering opsy stoot om die waarheid te verkondig met die volle mag van die Gees. Groot getalle sal die geloof aanvaar en by die leers van die Here aansluit. [Ev 700]DBo 63.1

    Onder die beeld van die vroeë en die laat reëns wat tydens die saai en die oestyd in Oosterse lande val, het die Hebreeuse profete voorspel dat die genade van die Gees in buitengewone mate op Gods kerk uitgestort sal word. Die uitstorting van die Gees in die dae van die apostels was die begin van die vroeë reëns, en die gevolge was heerlik. Die teenwoordigheid van die Gees sal tot die einde toe by die kerk bly. [HA 44]DBo 63.2

    Die werk sal gelyk wees aan die wat op Pinksterdag gedoen is. Net soos die “vroeë reën” gegee is tydens die uitstorting van die Heilige Gees aan die begin van die evangelie om die kosbare saad te laat ontkiem, so sal die “laat reën” gegee word aan die einde om die oes ryp te maak. [Klimaks 351]DBo 63.3

    Die laat reëns, wat die oes sal ryp maak, stel die geestelike genade voor wat die kerk sal voorberei vir die koms van die Seun van die Mens. Maar tensy die vroeë reëns geval het, sal daar geen lewe wees nie, die groen spruite sal nie uitkom nie.Tensy die vroeë buie hul werk gedoen het, kan die laat reëns nie die saad tot volwassenheid bring nie. [TM 506]DBo 63.4

    Die uitstorting van die Heilige Gees word as in die toekoms gesien, maar dit is die voorreg van die kerk om dit nou te ervaar. Soek daarna, bid daarvoor, glo dit ons moet dit hê en die hemel wag om dit te gee. [Ev. 701 (R&H Maart 19.1&95)] ‘ Die magtige uitstorting van die Gees van God, wat die aarde verlig met Sy heerlikheid, sal nie kom voordat ons ‘n verligte volk het nie, wat deur ondervinding weet wat dit is om medewerkers van God te wees. Wanneer ons algehele, heelhartige toewyding aan die diens van Christus wy, sal God dit erken deur Sy Gees sonder mate uit te stort, maar dit sal nie wees terwyl die grootste deel van die kerk nie medewerkers van God word nie. God kan nie Sy Gees uitstort terwyl selfsug die eie-ek so ooglopend in die kerk is nie terwyl die Gees van Kain, “Is ek my broer se wagter?” in die kerk heers nie. [R&H Julie 21,1896]DBo 63.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents