Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Eindgebeure verbind aan 1798.

    Maar die dier met die lamshorings het uit die aarde opgekom. In stede dat hy ander volke onderwerp het om homself te bevestig, moet die volk wat hier voorgestel is, opkom uit terrein wat voorheen nie deur ander volke beset was nie en dit moes langsaam en vreedsaam ontwikkel. Hierdie volk kon dus nie opkom onder die oorbevolkte en worstelende nasies van die Ou Wêreld naamlik uit daardie onstuimige see van “volke en menigtes en nasies en tale” nie. Ons moet dit dus in die Westelike Halfrond gaan soek.DBo 150.2

    Watter volk van die Nuwe Wêreld wat blyke gegee het van mag en grootheid en wat die aandag van die wêreld getrek het, het in 1798 opgekom? Die antwoord is voor die hand liggend. Een volk en slegs een, beantwoord aan die beskrywings van hierdie profesie; op onmiskenbare wyse dui dit die Verenigde State van Amerika aan. Keer op keer is die gedagte, byna die juiste woorde van profeet, onbewustelik aangehaal deur die redenaar en geskiedskrywer waar hulle die opkoms en ontwikkeling van hierdie volk beskryf het. Daar is gesien dat die dier “uit die aarde opkom” en volgens die vertalers beteken die woord wat hier “opkom” vertaal is, letter-lik, “om voort te spruit soos ‘n plant.”DBo 150.3

    Soos ons gesien het moet daardie volk opkom op terrein wat nie voorheen beset was nie. In sy beskrywing van die opkoms van die Verenigde State praat ‘n vooraanstaande skrywer van” die wonder van sy opkoms uit niksen soos ‘n stille saadjie het ons gegroei tot ‘n ryk.” ln ‘n uitgawe van die jaar 1850 het ‘n Europese tydskrif van die Verenigde State gepraat as “‘n wonderbaarlike ryk wat voortspruit en te midde van die stilte van die aarde daeliks sy mag en sy hoogmoed vermeerder het.” In ‘n toespraak oor die Pelgrim-stigters van Amerika, gelewer te Plymouth, het Edward Everett gesê: “Het hulle gesoek na ‘n stil plekkie wat deur sy verborgenheid nie aanstoot kon gee nie, veilig in sy afgeleëntheid, waar die klein kerkie van Leiden vryheid van gewete kon geniet? Aanskou die magtige geweste waarheen hulle in vreedsame verowering die banier van die kruis gedra het.” [GS 504] DBo 150.4

    “Aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen.” En die profeet sê: “Ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was” Verder sê hy: “As iemand krygsgevangene maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word.” Die twee-en-veertig maande stem ooreen met die “tyd en tye en die helfte van ‘n tyd,” naamlik drie en ‘n half jaar of 1 260 dae (Dan. 7). Gedurende hierdie tydperk sou die pouslike mag Gods volk verdruk. Soos ons in vorige hoofstukke aangetoon het, het hierdie tydperk begin met die opperheerskappy van die pousdom in die jaar 538 n.C. en dit het geëindig in 1798. In daardie jaar is die pous deur die Franse leër gevange geneem en die pouslike mag het ‘n dodelike wond gekry; toe ook is die voorspelling vervul dat as iemand krygsgevangene maak, gaan hy in krygsgevangenskap.” (GS 503]DBo 151.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents