Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Sakramente - Die Avondmaal

    Christus het op die oorgangspunt tussen twee bedelinge en hul twee groot feeste gestaan. Hy, die vlekkelose Lam van God, was op die punt om Hom as sondoffer aan te bied, om sodoende die stelsel van sinnebeelde en seremonies wat vierduisend jaar lank na Sy dood verwys het, te beeindig.Toe Hy die Paasmaal saam met Sy dissipels gebruik, het Hy in die plek daarvan ‘n diens ingestel wat as herdenking van Sy groot offer kon dien. Die volksfees van die Jode sou vir goed verdwyn. Die diens wat Christus ingestel het was vir Sy volgelinge in alle lande en deur al die eeue bedoel. [KE 592]DBo 108.3

    Wanneer ons die brood en wyn ontvang wat Christus se gebroke liggaam en gestorte bloed voorstel, sluit ons, ons in verbeelding aan by die toneel in die bovertrek. Dit is asof ons deur die tuin gaan wat geheilig is deur die sielesmart van hom wat die sonde van die wêreld gedra het. Ons is aanskouers van die stryd waardeur ons versoening met God verkry is. Dit is asof Christus voor ons gekruisig word. [KE 599]DBo 108.4

    Christus is daar deur die Heilige Gees om die seël op Sy eie instelling te plaas. Hy is daar om die hart te oortuig en te versag. Nie'n sweem van berou gaan ongemerk by Hom verby nie. Hy wag op die berouvolle gebrokene van hart. Alles is oorgehaal om daardie siel te ontvang. Hy wat die voete van Judas gewas het, verlang om die hart van elke sondevlek te was. [KE 596]DBo 108.5

    Niemand moet van die Nagmaal af wegbly omdat ‘n onwaardige mens teenwoordig mag wees nie. Elke dissipel word gevra om openlik deel te neem en so getuienis te lewer dat hy Christus as persoonlike Verlosser aanvaar. Dit is op hierdie persoonlike afsprake van Hom, dat Christus Sy volk ontmoet en met Sy teenwoordigheid verkwik. Onwaardige harte en hande kan selfs die Nagmaal bedien, Christ.us is daar om Sy kinders te bedien. Almal wat kom met hul geloof op Hom gevestig, sal ‘n groot seën wegdra. Almal wat hierdie tye van Goddelike voorreg verwaarloos, sal skade ly. Van hulle sal tereg gesê kan word:“Julle is nie almal rein nie.” [KE 596]DBo 109.1

    Die Nagmaal is ‘n belofte van die wederkoms van Christus. Dit was bedoel om hierdie hoop helder in die gees van die dissipels te laat brand. Telkens as hulle saamgekom het om Sy dood te gedenk, het hulle mekaar daaraan herinner hoe Hy die beker geneem het en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: “Drink almal daaruit, want dit is My bloed, die bloed van die Nuwe Testament, vir julle, Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van My Vader.” [KE 597]DBo 109.2

    Christus is nog aan die tafel waarop die Paasmaal voorgesit is. Die ongesuurde brode wat vir die Pasga gebruik word staan voor Hom. Die Pasga wyn, totaal ongegis, staan op die tafel. Hierdie simbole gebruik Christus om Sy eie vlekkelose offer voor te stel. Niks wat deur gisting aangetas is, wat die simbool van die sonde en die dood is, kan die “lam sonder gebrek en vlekkeloos voorstel nie” [1 Pet. 1:19] [KE 593]DBo 109.3

    Hy het die nuwe verbond aan hulle opgedra waardeur almal wat Hom ontvang, kinders van God word en mede-erfgename van Christus. Deur hierdie verbond was elke seun wat die hemel in hierdie en die toekomstige lewe kan uitstort hulle s'n. Hierdie verbondsakte sou deur die bloed van Christus bekragtig word. En die hou van die sakrament sou hulle herinner aan die perkelose opoffering wat vir elkeen van hulle individueel gemaak is as deel van die gevalle mensdom se groot geheel. [KE 597]DBo 109.4

    Die gebreekte brood en suiwer druiwesap sou die gebroke liggaam en gestorte bloed van die Seun van God voorstel. Brood met suurdeeg moet nie op die Nagmaaltafel kom nie; ongesuurde brood is die enigste korrekte voorstelling van die Avondmaal. Niks wat gegis is moet gebruik word nie. Slegs die suiwer sap van die wynstok en ongesuurde brode moet gebruik word. [6 BC 1090(R&H Jun. 7,1898)]DBo 109.5

    Die Paasfees is ingestel as herdenking van Israel se verlossing uit Egiptiese slawerny. Totdat Hy die tweede maal sal kom in krag en heerlikheid, moet hierdie instelling gevier word. Dit is die middel waardeur Christus se groot werk vir ons vars in die geheue gehou moet word. Christus se voorbeeld verbied eksklusiviteit by die Nagmaal. [KE 592/3]DBo 110.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents