Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Instrument van Verlossing

    In die vroeë kerk is sendeling op wonderwerkende wyse toegerus met ‘n kennis van die tale waarin hulle geroep is om die ondeurtasbare rykdom van Christus moes verkondig. [RH 1:357]DBo 63.6

    Die Gees van God hoor die geskrei van elke berouvolle hart, want berou is die gawe van God en ‘n bewys dat Jesus besig is om die siel na Homself te trek. Ons kan net so min berou hê vir sonde sonder Christus, as wat ons vergifnis kan hê sonder Hom, en tog is dit vir die mens ‘n vernedering weens sy menslike trots en hoogmoed om dadelik na Jesus te gaan, in Hom glo en Hom te vertrou vir alles wat ons nodig het. [1 SM 381]DBo 64.1

    Voor Sy kruisiging het Christus belowe dat die Trooster na Sy dissipels gestuur wou word. Hy het gesê: “Dit is beter vir julle as Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal dieTrooster nie na julle kom nie. En wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde, en van geregtigheid en van oordeel.” (Joh. 16:7,8) “Wanneer die Gees van waarheid kom, sal Hy julle in alle waarheid lei, want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar wat Hy hoor, dit sal Hy spreek. En Hy sal aan julle toekomstige dinge toon. Hy sal My verheerlik, want Hy sal van My ontvang en dit aan julle toon.” [1 SM 134]DBo 64.2

    Die goddelike gawe kom na die wêreld as Christus se verteenwoordiger. Dit is nie alleen die getroue en ware getuie van die Woord van God nie, maar dit deursoek die oordenkinge en gedagtes van die hart. Dit is die bron waarna ons moet soek vir die effektiewe naarstig gesoek in die skole van die profete. Sy herskeppende mag sou die gedagtes in harmonie met die wil van God bring en ‘n lewende band skep tussen hemel en aarde. [FE 526]DBo 64.3

    Die Christen moet bou aan die fondament as hy ‘n sterk simmetriese karakter wil bou, as hy gebalanseerd wil wees in sy geestelike ondervinding. Dit is op hierdie wyse dat hy voorbereid sal wees om aan die vereistes van waarheid en geregtigheid te voldoen soos wat dit in die Skrif voorgestel word, want hy sal onderskraag en versterk word deur die Heilige Gees van God. [TM 176]DBo 64.4

    Christus, in Sy amp as middelaar, gee aan Sy diensknegte die teenwoordigheid van die Heilige Gees. Dit is die krag van die Gees wat die menslike instumente in staat stel om verteenwoordigers van die Heiland te wees in die werk van sieleredding. Om met Christus te verenig in hierdie werk, moet ons onsself plaas onder die vormende invloed van Sy Gees. [7T 30]DBo 64.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents