Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Tyd van Benoudheid

    Wanneer die derde engel se boodskap afgesluit word, sal daar nie meer genade wees vir die skuldige aardbewoners nie. Die volk van God het hulle werk gedoen. Hulle het die “laat reëns, die tye van verkwikking van die aangesig van die Here”ontvang en hulle is berei vir die beproewingsuur voor hulle. Engele haas heen en weer in die hemel. ‘n Engel wat terugkeer van die aarde, kondig aan dat sy werk klaar is; die eindtoets is aan die wêreld gegee en almal wat hulle getrou betoon het aan die Goddelike gebooie, het die “seël van die lewende God” ontvang. Nou staak Jesus Sy voorbidding in die heiligdom daarbo. Hy hef Sy hande op en met ‘n luide stem sê Hy. “Dit is volbring.” Die leërskare van engele haal hulle krone af terwyl Hy die volgende plegtige aankondiging doen: “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen en wie vuil is, laat hom nog vuiler word en laat die regverdige nog regverdiger word en laat die heilige nog heiliger word.” Openb. 22:11. Elke saak is beslis vir die lewe of die dood. Christus het versoening gedoen vir Sy volk en hulle sondes uitgedelg. Die getal van Sy onderdane is volk. “Die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel” sal eerlank gegee word aan diegene wat die saligheid beërf het en Jesus sal regeer as Koning van die konings en Here van die here. [GS 695]DBo 187.2

    Wanneer Hy die heiligdom verlaat, bedek donkerheid die aardbewoners. In daardie vreeslike tyd moet die regverdiges voor ‘n Heilige God leef sonder ‘n Middelaar. Die bedwang wat die goddelose weerhou het, is nou opgehef en Satan het volkome beheer oor die verharde onboetvaardiges. Gods lankmoe digheid is beëindig. Die wêreld het Sy genade verwerp, sy liefde versmaai en Sy wet vertrap. Die goddelose het die grense van hulle genadetyd oorskry; die Gees van God wat hulle so hardnekkig weerstaan het, is eindelik onttrek. Sonder die beskerming van goddelike genade, is daar vir hulle geen beskerming teen die Bose nie. Satan sal nou die aardbewoners in die laaste groot stryd dompel. Namate die engele van God die woeste winde van menslike drifte los, sal al die elemente van stryd vryelik woed. Die hele wêreld sal gewikkel word in ‘n verwoesting baie erger as die van Jerusalem vanouds. [GS 695/6]DBo 188.1

    Toe God sy teenwoordigheid eindelik aan die Joodse volk onttrek het, het die priesters en die volk dit nie besef nie. Hoewel hulle onder beheer van Satan gestaan het en besiel was met die afskuwelikste en kwaadwilligste drifte, het hulle hulleself nogtans beskou as die uitverkorenes van God. Die diens in die tempel het voortgegaan; brandoffers is geoffer op die besoedelde altare en daeliks is die goddelike seën afgesmeek op ‘n volk wat skuldig was aan die bloed van Gods geliefde Seun en wat steeds getrag het om Sy diensknegte en apostels om die lewe te bring. En so ook, wanneer die onherroeplike besluit in die heiligdom aangekondig en die lot van die wêreld vir ewig beslis is, sal die aardbewoners dit nie weet nie. Die volk aan wie die Gees van God finaal onttrek is, sal voortgaan met hulle vormdiens; die sataniese ywer waarmee die vors van die bose hulle besiel om sy kwaadwillige planne uit te voer, sal die skyn van ywer vir God hê. [GS 697]DBo 188.2

    Toe Jesus die allerheiligste plek verlaat het, het ek die klokkies van Sy kleed hoor lui en toe Hy daaruit is, het ‘n wolk van duisternis die aardbewoners oordek. Nou was daar geen middelaar tussen die skuldige mens en ‘n veronregte God nie. Terwyl Jesus nog gestaan het tussen God en die skuldige mensdom, is die mense in bedwang gehou, maar toe Hy uit getree het, is die weerhoudende krag verwyder en die Satan het volkome heerskappy gehad oor die onboetvaardiges. Terwyl Jesus nog in die heiligdom gedien het, was dit onmoontlik om die plae uit te stort, maar aangesien Sy werk daar nou klaar en Sy middelaarswerk afgesluit was, was daar niks om die wraak van God terug te hou nie en dit het met woede ontvlam op die onbeskutte hoof van die skuldige sondaars wat die saligheid versmaai en die bestraffing gehaat het. In daardie vreeslike tyd, na die afsluiting van Jesus se middelaarswerk, het die heiliges voor ‘n Heilige God gelewe sonder ‘n middelaar. Elke saak is afgehandel en elke juweel is genommer. Jesus het vir ‘n rukkie in die eerste afdeling van die heiligdom vertoef en die sondes wat bely is terwyl Hy in die allerheiligste plek was, is geplaas op die Satan, die bewerker van die sonde; hy moet sy eie straf daarvoor ondergaan. [EG 239]DBo 188.3

    Dit was nodig dat die mense opgewek word om hulle gevaar te besef en dat hulle wakker gemaak word om klaar te maak vir die plegtige gebeurtenisse in verband met die sluiting van die genadetyd. Die profeet van die Here het gesê: ‘'Want die dag van die Here is groot en uitermate vreeslik, wie kan dit verdra?” Wie sal kan staan wanneer Hy verskyn wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die moeite nie kan aanskou nie? Vir hulle wat roep: “My God, ons... ken U,“maar wat nogtans Sy verbond oortree en ander gode navolg, wat sonde in hulle hart verberg en die weë van ongeregtigheid liefhet, vir hulle sal die dag van die Here “duisternis en geen lig nie, ja donkerheid sonder ‘n ligstraal” wees. “En in die tyd” sê die Here, “sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die mense wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die Here doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie. Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek en aan die goddelose hulle ongeregtigheid en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder. Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die Here te red nie en hulle rykdom sal geplunder word en hulle huise verwoes word.”DBo 189.1

    Die profeet Jeremia, vooruitsiende na daardie vreeslike tyd, het uitgeroep: “0 my ingewande, my ingewande, ek bewe van angs! Ek kan nie swyg nie, want jy, my siel, het basuingeluid gehoor, oorlogsgeskreeu, verwoesting op verwoesting word uitgeroep” (Jer. 4:19,20).DBo 189.2

    “Dié dag is ‘n grimmigheid, ‘n dag van benoudheid en angs, ‘n dag van woesteid en verwoesting, ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu.” ” Kyk, die dag van die Here kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ‘n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg”DBo 189.3

    Met die oog op hierdie vreeslike dag doen die Woord van God in die ernstigste en plegtigste taal ‘n beroep op Sy volk om wakker te skrik uit hulle geestelike doodsheid en om Sy aangesig in bekering en ootmoed te soek: “Blaas die basuin op Sion en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die Here kom, want hy is naby... Heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam! Versamel die volk, heilig die gemeente vergader die oudstes, versamel die kinders en die suigelinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek. Laat die priesters, die dienaars van die Here, tussen die voorportaal en die altaar ween” (Joël 2:15-17). “Bekeer julle tot My met julle hele hart en met vas en geween en rouklag. En skeur julle hart en nie julle klere nie en bekeer julle tot die Here julle God, want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid en Een wat berou het oor die onheil.” Joël 2:1,15-17, 12,13. [GS 357/8]DBo 190.1

    Toe het ek gesien dat Jesus Sy prieserlike kleed uittrek en Sy koninklike kleed aantrek. Op Sy hoof was baie krone, ‘n kroon op ‘n kroon. Omgewe van die leërskare van engele, het Hy die hemel verlaat. Die plae was besig om op die aardbewoners te val. Sommige het God verwens en vervloek. Ander het na die volk van God gehaas en hulle gesmeek om geleer te word hoe om Sy oordele te ontvlug, maar die heiliges kon hulle nie help nie. Die laaste traan vir sondaars was gestort, die laaste smeekbede gebid, die laaste las gedra en die laaste waarskuwing gegee. Die soete stem van genade sou hulle nie meer uitnooi nie. Toe die heiliges en die hele hemel belang gestel het in hulle verlossing, het hulle persoonlik geen belang gestel nie. Hulle het die keuse van die lewe of die dood gehad. Vele het die lewe begeer, maar hulle het geen poging gemaak om dit te verkry nie. Hulle het nie die lewe gekies nie en nou was daar geen versoeningsbloed meer om sondaars te reinig nie en geen ontfermende Verlosser om vir hulle te pleit nie en te roep: “Spaar, spaar die sondaar ‘n bietjie langer.” Die ganse hemel het saamgestaan met Jesus toe hulle daardie vreeslike woorde hoor: “Dit is verby. Dit is volbring.” Die verlossingsplan is volvoer, maar min het verkies om dit aan te neem. En toe die soet stem van die genade wegsterf, het die goddelose vreesbevange geword. Met skrikwekkende helderheid het hulle die woorde gehoor: “Te laat! te Laat!”DBo 190.2

    Diegene wat Gods Woord nie op prys gestel het nie, het heen en weer gehaas, van see tot see geloop en van die noorde tot die ooste om te soek na die Woord van die Here. Die engel het gesê: “Hulle sal dit nie vind nie. Daar is ‘n hongersnood in die land; nie ‘n honger vir brood nie of ‘n dors na water nie, maar om die Woord van die Here te hoor. Wat sou hulle nie betaal vir een woord van goedkeuring van God nie! Maar nee, hulle moet honger en dors ly. Dag na dag het hulle die verlossing versmaai en meer waarde geheg aan aardse skatte en aardse plesier as aan die skatte van die hemel en die pleitstem van die hemel. Hulle het Jesus en Sy heiliges verwerp. Die wat vuil is, moet nou vir ewig vuil bly.” [EG 230-240]DBo 190.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents