Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Erfsonde

    Ons toestand, deur sonde, is buitengewoon en die mag wat ons herstel moet bonatuurlik wees, anders is dit waardeloos. Daar is maar een mag wat die bose se houvas op menseharte kan verbreek en dit is die krag van God in Jesus Christus. Slegs deur die bloed van die Gekruisigde is daar reiniging van sonde. Sy genade alleen kan ons in Staat stel om die neigings van ons gevalle natuur in dwang te hou. [8T 291 ]DBo 72.3

    Om die saak reg te verstaan, moet ons onthou dat ons harte van nature bedorwe is en dat ons uit onsself geen regte weg kan volg nie. Dit is slegs deur die genade van God, gevoeg by die ernstigste strewe aan ons kant, dat ons die oorwinning kan behaal. [CT 544]DBo 72.4

    Die vleeslike hart is vol haat teenoor die waarheid soos dit is teenoor Jesus. Tensy ouers dit hulle eerste taak maak om hulle kinders se skrede te rig in die pad van geregtigheid van hulle vroegste jare af, sal hulle die verkeerde weg kies bo die regte. [ML 261 ]DBo 72.5

    Omrede hul verwantskap met die eerste Adam, ontvang die mens niks behalwe skuld en die doodvonnis nie. [SADBC 6:1074 (Letter 68,1899)]DBo 73.1

    Al wat kinders erf is sonde. Sonde het hul van God vervreem. [CG 475]DBo 73.2

    Omrede sy (Adam se) sonde is sy nasate gebore met inherente neigings tot ongehoorsaamheid. [SDABC 5:1128]DBo 73.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents